
Ondersoek na noodlottige motofietsongeluk geloods - April 30, 2023
‘n Motofietsryer is opslag dood na ‘n ongeluk met ‘n bakkie op die Hosea Kutako-lughawe pad. Die botsing het rondom vier-uur Saterdagmiddag plaasgevind. Geen verdere besonderhede is bekend nie en die ondersoek na die oorsaak duur voort. En dan, ook Saterdagmiddag in Tamariskia in Walvisbaai, het ‘n beplande inbraak by ‘n huis skeefgeloop toe die […]
Myne in SA moet slik- en opgaardamme op databasis sit - April 30, 2023
Die buurland se waterdepartement is besig om sy databasis op te dateer van alle slikdamme, of mynafval-opgaardamme, wat voldoen aan die vereistes om geklassifiseer te word as damme wat ‘n veiligheidsrisiko inhou. Hy vra mynmaatskappye wat nog nie hulle damme geregistreer het nie, soos vereis word, om hulle inligting in te dien sodat hulle geklassifiseer […]
Texas-polisie soek na man wat blykbaar 5 van sy bure doodskiet - April 30, 2023
Die polisie in Texas sê hulle glo ‘n man het vyf van sy bure vermoor ná ‘n argument oor hy met sy semi-outomatiese wapen in sy tuin geteikenskiet het. Die slagoffers is almal van Honduras, en sluit ‘n agtjarige kind in. Die skietery het op Cleveland, noord van Houston, plaasgevind. Onder die wat vermoor is, […]
Capricorn Eagles wen weer - April 30, 2023
Die Capricorn Eagles het hul wedstryd teen Uganda met 8 lopies gewen. Die span het 94 vir 10 aangeteken teenoor 86 vir 10 vir Uganda. Die Namibiese vroue het tot dusver al vier hul wedstryde in die vierhoekige reeks gewen en is boaan die telbord met 8 punte. Uganda het 4, en die Verenigde Arabiese […]
Verwerking verbeter waarde van visuitvoere - April 29, 2023
Die makelaarsfirma Simonis Storm sê die waarde van visuitvoere het in Februarie met 21,8 persent gestyg teenoor die 2022 syfer vir dieselfde tydperk. Die styging in Januarie is op 29,5 persent gemeet. Die styging kom ten spyte van ‘n daling in visuitvoere en word toegeskryf aan aanlandige prosessering en ‘n swak wisselkoers met die Amerikaanse […]
SA-jagluiperds sal in vrylopende gebied in Indië vrygelaat word - April 29, 2023
Die buurland se departement van die omgewing sê 11 Suid-Afrikaanse jagluiperds sal in vrylopende gebiede in die Kuno Nasionale Park in Indië vrygelaat word. Die departement het bevestig een van die 12 diere wat in Februarie na Indiê hervestig is as deel van ‘n inisiatief om die jagluiperdbevolking daar uit te brei, het gevrek. Die […]
Aanval op Krim-hawestad tref 4 brandstoftenks - April 29, 2023
’n Hommeltuigaanval het vanoggend ’n brand by ’n brandstofbergingsfasiliteit in die Krim-hawestad Sevastopol veroorsaak. Volgens die Russiese goewerneur Mikhail Razvozhaev is niemand beseer nie. Hy sê vier brandstoftenks is getref en het ‘n groot brand veroosaak wat onder beheer gebring is. Sewastopol, op die Krim-skiereiland wat Rusland in 2014 van die Oekraïne geannekseer het, het […]
Capricorn Eagles speel vanmiddag, Namibiese o-20 rugbyspan môre - April 29, 2023
Die Capricorn Eagles speel vanmiddag om half-drie teen Uganda op United in die hoofstad. Die span het Vrydag die Hongkong vroue gewen in die eerste wedstryd van die vierhoekige reeks wat Maandag weens reën afgelas is. Die Verenigde Arabiese Emirate neem ook deel aan die reeks, wat op 2 Mei afsluit. En in rugbynuus, speel […]
Ruacana verskaf 60% van Namibiese elektrisiteit na goeie reën - April 29, 2023
NamPower het aan 95 persent van die land se kragaanvraag voldoen, aangespoor deur die Ruacana-hidroëleketriese aanleg wat 60 persent van die behoefte voorsien het. Volgens The Brief, het Ruacana die afgelope twee weke 347 megawatt elektrisiteit 24 uur per dag opgewek. Die publikasie berig dat Ruacana op volle kapasiteit die afgelope twee weke geloop het. […]
Oorskot by Keniaanse sekte meeste van kinders - April 29, 2023
Kinders maak die grootste deel uit van die 109 liggame wat tot dusver in massagrafte gevind is wat verband hou met ‘n sekte in Kenia. Volgelinge van die Good News International Church naby die kusdorpie Malindi het glo geglo dat hulle hemel toe sou gaan as hulle hulself verhonger. Owerhede sê daar is ook meer […]