
DA vies oor KZN se groot opskop - April 14, 2023
KwaZulu-Natal se departement van sport, kuns en kultuur loop onder kritiek van die DA deur nadat hy ‘n opskop aangebied het wat na bewering vier miljoen Suid-Afrikaanse rand gekos het. Daar word beweer amptenare, personeel, hul families en gaste het alkohol-koeponne van tot 6 000 rand elk gekry. Die DA het ‘n geskrewe parlementêre vraag […]
Groen bamboeswoud in Kampala gekweek - April 14, 2023
Die voormalige Ugandese joernalis en nou bamboesboer, Ndawula Kalema, het ‘n projek aangepak om ‘n groen bamboeswoud te kweek om by te dra tot die ommekeer van omgewingskade in die hoofstad, Kampala. Die Internasionale Monetêre Fonds sê Uganda het meer as een miljoen hektaar se boom-bedekking verloor as gevolg van bevolkingsdruk en die onwettige afkap […]
Bloedskenkingskliniek môre in Windhoek - April 14, 2023
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië doen ‘n beroep op Namibiërs om bloed te skenk om lewens te red. Die diens benodig dringend bloed van die O- en B-bloedgroepe. Die diens moet daagliks gemiddeld 160 bloedskenkings insamel. Tans skenk slegs een persent van die bevolking jaarliks bloed. Titus Shivute, sê aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n bloedskenksessie word […]
Groenwaterstof-vergadering op Lüderitz - April 14, 2023
President Hage Geingob het in Lüderitz in die Karas-streek aangekom waar ‘n openbare gemeenskapsvergadering tans oor die groenwaterstof-projekte in die streek plaasvind. Namibië is op pad na grootskaalse, laekoste-ontwikkeling van hernubare energie. Tydens die inligtingsessie het Obeth Kandjoze, voorsitter van die Groenwaterstof-raad, gesê dat Namibië die voordele van die groen energie-geleenthede sal sien.
Thabo Bester se saak tot 16 Mei uitgestel - April 14, 2023
Die landdroshof in Bloemfontein het die saak teen die veroordeelde Facebook-verkragter en moordenaar, Thabo Bester tot 16 Mei uitgestel. Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, is bekommerd omdat baie gevangenes in Suid-Afrikaanse gevangenisse nie oor identifikasiedokumente beskik nie. Dit volg op die openbaring dat Bester nie by binnelandse sake geregistreer is nie. Volgens Motsoaledi […]
Noord-Korea se missieltoets veroordeel - April 14, 2023
Owerhede in Japan, Suid-Korea en Amerika het die Noord-Korea se missieltoets ten sterkste veroordeel. Noord-Korea sê die nuwe inter-kontinentale ballistiese missiel wat hy Donderdag getoets het, is sy kragtigste missiel nog. Die missieltoets het daartoe gelei dat ‘n noodwaarskuwing op die Japanse eiland Hokkaido geaktiveer is, hoewel die missiel toe nie Japanse grondgebied bereik het […]
Tennis: Kwarteindstryde vandag in Monte Carlo - April 14, 2023
Tennis: Die Italianer Lorenzo Musetti speel vandag teen sy landgenoot Jannik Sinner in die kwarteindstryd van die Monte Carlo Meesterstoernooi nadat hy Donderdag die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal het toe hy die wêreld nommer een, Novak Djokovic van Serwië, uitgeskakel het. Sinner het afgereken met die tiende-gekeurde Hubert Hurkacz van Pole. In die […]
Kamer van Mynwese: Sluiting van B2Gold Otjikoto-myn onvermydelik - April 14, 2023
Die Kamer van Mynwese van Namibië sê dit is jammer dat die Kanadese mynmaatskappy B2Gold sy Otjikoto-goudmyn gaan sluit, maar dit is onvermydelik. B2Gold sê in ‘n mediaverklaring afskaling van bedrywighede in fases, in ooreenstemming met die sluitingsplan, is eers geskeduleer om te begin in die eerste kwartaal van 2024. Hy sê die myn het […]
NLU staan Nampower-kragverhoging teen - April 14, 2023
Nampower het hul jaarlikse voorlegging vir aanpassing van die grootmaat-kragtariewe vir die 2023/2024 jaar aan die Elekritisiteits-beheerraad vir goedkeuring voorgelê. Volgens die Namibiese Landbou-unie vra Nampower vir ’n verhoging van 16,87 persent wat meer as dubbeld die huidige inflasiekoers is. Die raad moet dit nou oorweeg en ’n tarief vir Nampower teen 30 April goedkeur. […]
Facebook-verkragter is in SA gebore, maar nie geregistreer - April 14, 2023
Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, sê die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester is in Suid-Afrika gebore, maar is nooit geregistreer op die departement se databasis nie. Hy het inligting gegee oor binnelandse sake-verwante aspekte van Bester en sy minnares Nandipha Magudumana se saak, soos identifikasie- en reisdokumente. Motsoaledi sê inligting van Bester se […]