
Australiese tiener steel voertuig, dood 3 in kettingbotsing - May 1, 2023
’n 13-jarige seun is aangekla ná ’n noodlottige motorongeluk wat oornag drie sterftes in Australië se deelstaat Queensland veroorsaak het. Die kind het blykbaar ‘n Mercedes-Benz gesteel en ‘n kettingbotsing veroorsaak met twee ander motors waarin drie mense op die toneel dood is. Nog ‘n passasier is in ‘n kritieke toestand per vliegtuig na ‘n […]
Binder is tevrede met sy podiumplek in Spanje - May 1, 2023
Die motorfiets-kampioen Francesco Bagnaia van Ducati het Suid-Afrika se Brad Binder ‘n dubbele oorwinning ontneem met sy sege by die Spaanse Grand Prix. Die Italianer het die eerste plek op die renjaers se punteleer teruggewen. KTM se Binder het drie plekke opgeskuif na die derde plek op die rangleer. Binder het die voorsprong behou vanaf […]
Hage bring hulde aan werkers op Werkersdag, te midde van hoë werkloosheid - May 1, 2023
President Hage Geingob het ‘n Werkersdag-boodskap aan die werkers in die land gestuur. Dit is vandag wêreldwyd, Internasionale Werkersdag. Hy sê Namibië se vryheidstryd het in die stryd van werkers vir beter toestande begin. Hy sê daarom bring hy hulde aan Namibiese werkers wat ‘n deurslaggewende rol gespeel het in die vordering van sosio-ekonomiese welvaart […]
DA eis antwoorde oor jagluiperds in Indië - May 1, 2023
Die DA vra die buurland se minister van die omgewing, Barbara Creecy, om die besluit te verduidelik om 12 jagluiperds uit te voer na die Kuno Nasionale Park in Indië. Dit het gebeur sonder ‘n fomele bevinding waaroor openbare insette ingewin is. Hannah Shameema Winkler van die DA sê twee van die Afrika-jagluiperds wat na […]
Vier banke bie vir First Republic in die VSA - May 1, 2023
Die Amerikaanse PNC Financial Services Group, JPMorgan Chase & Company en Citizens Financial Group Incorporated was van die banke wat gebie het om First Republic Bank oor te koop. Die uitslag moes reeds Sondagaand bekend gewees het maar die proses is vertraag. Die bank in San Fransisco, wat in kompetisie was met die Amerikaanse Silicon […]
Namibiese krieket- en rugbyspanne teken oorwinnings aan - May 1, 2023
Die Capricorn Eagles het hul wedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate met 78 vir 8 gewen. Die Emirate het 50 vir 6 aangeteken en die wedstryd is volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode bepaal met ‘n oorwinning van 7 lopies vir die Namibiërs. Die wedstryd is deur swaar donderweer ‘n paar keer onderbreek. Die Eagles het tans 10 […]
NEFF veroordeel Okahandja-skietery - April 30, 2023
Die Namibiese Economic Freedom Fighters-party het hom sterk uitgespreek teenoor die skietery van die vyf vermeende rowers op Okahandja die week. In ‘n verklaring sê die party hy het kommer omdat die Namibiese polisie nog nie ‘n amptelike verklaring in verband met die insident uitegereik het nie – en doen ook nie so met ander […]
Kaapstad spreek winterrisiko’s aan - April 30, 2023
Die Stad Kaapstad sê die personeel van talle departemente maak deel uit van die wintertaakspan wat toesig hou oor risikobeperkingsmaatreëls met die winter wat op hande is. Die span berei ook voor vir die vereiste reaksie tydens die seisoen. Die taakspan word koördineer deur die stad se Ramprisiko-bestuurssentrum. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP […]
Gevegte in Sudan moet staak, demokrasie in gedrang - April 30, 2023
Burgerlike samelewingsgroepe in Sudan sê die samelewing sal gemilitariseer word en demokrasie sal wegval as gevegte in die streek nie onmiddellik gestaak word nie. Volgens hulle het die oorlog ook die fondamente van die burgerlike samelewing ontwortel. Die groepe het kragte saamgesnoer onder die tema: “Die burgerlike front vir die beëindiging van die oorlog en […]
Pous ontmoet Oekraïnse vlugtelinge in Hongarye - April 30, 2023
Pous Franciskus het op die tweede dag van sy besoek aan Hongarye vlugtelinge uit Oekraïne ontmoet. Nadat hulle gepraat het oor hulle ontberings sedert die oorlog uitgebreek het, het die pous aan hulle gesê ‘n beter toekoms is moontlik. Afgesien van ongeveer 600 vlugtelinge, het die pous ook armes en hawelose mense by ‘n kerk […]