Jongmense moet etiese loopbaan-besluite maak - June 28, 2023

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê wanneer jongmense besluite oor hul loopbane maak, moet hulle hulself weerhou van maatskappye wat die planeet vernietig, privaatheid steel en met leuens en haat handel dryf. Hy sê die mag lê by die jeug. 

Read More

Veldbrande in Kanada: 600m ton koolstof vrygestel - June 28, 2023

Kanada beleef sy ergste brandseisoen in menseheugenis en het in die eerste ses maande van die jaar meer aardverwarmende koolstofdioksied in die lug vrygestel as enige ander volle jaar op rekord. Dit is volgens die Europese Unie se Copernicus Atmospheric Monitoring Service. Sedert Dinsdag voer brandbestryders in die land ‘n stryd teen 494 veldbrande en meer as die helfte hiervan word geklassifiseer as buite beheer. […]

Read More

Rampspanne ontplooi na tornado KZN tref - June 28, 2023

Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal sê rampspanne sal vandag die skade beraam nadat ‘n tornado gister deur Inanda en Dube gewoed het. Drie mense is beseer en talle huise is vernietig. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n oranje vlak ses-waarskuwing uitgereik vir swaar reën aan die Suidkus. Die munisipaliteit se woordvoerder, Lindiwe Khuzwayo, sê die spanne sal […]

Read More

Werkloosheid in Namibië: Sake vererger - June 28, 2023

Daar is altyd duisende aansoeke wat ontvang word wanneer ‘n handvol poste in Namibië geadverteer word. Jeugwerkloosheid word op 49 persent beraam en nou kom die nuus dat die Namibiese Statistieke-agentskap tot dusver 60 000 aansoeke van werklose Namibiërs ontvang het die vir 13 000 beskikbare poste vir die komende sensus. Die politieke ontleder professor Joseph Diescho sê die […]

Read More

DA skors Bhanga - June 28, 2023

Die DA het sy voormalige Oos-Kaapse leier, Nqaba Bhanga, amptelik geskors omdat hy die voorsitter van die federale raad, Helen Zille, in die openbaar van rassisme beskuldig en ongegronde aansprake op sosiale media gemaak het. Die provinsiale uitvoerende komitee het eenparig besluit om Bhanga te skors. Hy het ‘n kennisgewing van voorneme ontvang en skriftelike vertoë ingedien, wat geen meriete […]

Read More

VSA stel sanksies in teen Wagner-vennote - June 28, 2023

Die Amerikaanse Tesourie het sanksies ingestel teen vier maatskappye wat beskuldig word van onwettige goudtransaksies om die Wagner-groep van fondse te voorsien. Die maatskappye in die Verenigde Arabiese Emirate, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Rusland, se befondsing het die groep huursoldate help onderhou en laat uitbrei in lande soos Oekraïne en sommige Afrikalande. Die tesourie sê Amerika sal […]

Read More

Nishikori keer terug na Atlanta - June 28, 2023

Kei Nishikori van Japan keer volgende maand by die Atlanta Ope terug na die ATP Toer-kompetisie. Die wêreld se voormalige nommer vier wat verlede jaar ‘n artroskopiese operasie aan sy linkerheup ondergaan het, het sedert die Indian Wells Meesters in Oktober 2021 nie aan ‘n ATP-toernooi deelgeneem nie. Nishikori het vroeër die maand met styl teruggekeer toe hy die Caribbean Open Challenger in Puerto Rico gewen het. Die sesmalige wenner John Isner, […]

Read More

Nog beroepe vir die verhoging vna BIG in die buurland - June 28, 2023

Die GOOD-party in Suid-Afrika  stel voor die basiese inkomstetoelae moet tot 999 Suid-Afrikaanse rand verhoog word. Die party is besorgd oor die land se onvermoë om die 8 miljoen werklose burgers te ondersteun, wat sukkel om selfs basiese noodsaaklikhede te bekostig. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, glo die instelling van die verhoogde basiese inkomstetoelae sal bydrae om finansiële laste te verlig en maatskaplike welstand te […]

Read More

Shikongo soek nouer samewerking met Interpol - June 28, 2023

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo sê misdaad is lankal nie meer ‘n nasionale aangeleentheid nie en strategieë moet ontwikkel word om sindikate en kriminele netwerke te teiken. Hy het ‘n beroep op Interpol se sentrale buro’s gedoen om nouer met Afrika-polisiemagte saam te werk. Hy sê georganiseerde misdaad word oorgrens bedryf en sindikate […]

Read More

ANC skuld Magashule niks - June 28, 2023

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hy gaan nie met Ace Magashule vergader nie, al het die geskorste voormalige sekretaris-generaal ‘n vergadering aangevra. Hy het Parys in die Vrystaat besoek om die gemeenskap tot kalmte oor te haal nadat Magashule-ondersteuners ANC-T-hemde verbrand het. Mbalula sê Magashule het ‘n geleentheid gehad om teen sy skorsing uit die ANC se appelleer, maar hy het geweier, […]

Read More