
Hitte in Mexiko dood 104 - July 2, 2023
Die Mexikaanse ministerie van Gesondheid het aangekondig dat versengende hitte in Junie die lewens van 104 mense geëis het, na ‘n reeks hittegolwe. Die ministerie sê byna ‘n duisend hitte-verwante noodgevalle is tussen 12 en 25 Junie aangemeld. Die sterftes word na wat berig word toegeskryf aan ontwatering en sonsteek. Verlede week het die noordwestelike […]
Nood is groot – Droogtehulp Namibië - July 2, 2023
Die droogtehulp wat pas deur die regering afgekondig is, is net van toepassing vir die tydperk Julie tot Desember 2023 en sluit net sekere streke in. Op die oomblik word net die Kunene-, Erongo-, Omusati, Omaheke-, Hardap- en Karas-streke gedek en in sommige streke is dit net sekere dele. Daar is beroepe dat Otjozondjupa en […]
Stygende munisipale tariewe wek kommer by pensioenarisse - July 2, 2023
Munisipale tariewe styg normaalweg in Julie regoor die land en in Suid-Afrika is die situasie dieselfde. Pensioenarisse in die Stad Johannesburg het nou kommer uitgespreek oor die onlangse styging in munisipale heffings en belasting. Pensioenarisse sê die verhogings sal ‘n baie negatiewe uitwerking op hulle beperkte inkomste hê. Nyaniso Jeku van die Stad Johannesburg sê […]
Twitter beperk hoeveel plasings jy daagliks kan sien - July 2, 2023
Twitter het tydelike leesbeperkings op sy platform toegepas om wat hy as uiterste vlakke van dataskraping en stelselmanipulasie aan te spreek. Dataskraping is wanneer inligting van ‘n platform na ‘n rekenaar oorgedra word. Volgens Elon Musk is geverifieerde rekeninge tydelik beperk tot die lees van 6 000 plasings per dag, met ongeverifieerde rekeninge en nuwe […]
Adam Yates klop sy tweelingboetie en wen eerste skof van Tour de France - July 2, 2023
Adam Yates van Span VAE het die aanvangskof van die Tour de France in Bilbao gewen en sy tweelingbroer Simon die loef afgesteek. Die Britse tweeling het op die laaste heuwel weggebreek en dit was gou duidelik die deelnemers agter hulle was traag om hulle oor die laaste paar kilometers agterna te sit. Die tweemalige […]
Ndeitunga gesels oor onwettige vuurwapens, sê daar’s oorgrenshandel - July 2, 2023
Die voormalige hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor onwettige vuurwapens. In die buurland het die polisie in Gauteng aangekondig dat hy binne ‘n tydperk van ses weke beslag gelê op meer as 900 ongelisensieerde vuurwapens en byna 10 000 rondes ammunisie. Plaaslik is daar al hoe […]
Dwelmhandelaar Glenn Agliotti sterf - July 2, 2023
Die veroordeelde dwelmhandelaar Glenn Agliotti is dood. Agliotti het ‘n beduidende rol gespeel in die korrupsie-skuldigbevinding van voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, in 2010. Die Mail and Guardian het destyds onthul dat Agliotti 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Selebi geskenk het. In ruil daarvoor het Selebi belangrike inligting gedeel en Agliotti teen strafregterlike ondersoeke beskerm. Selebi […]
13 dood in hittegolf in suidelike VSA - July 2, 2023
Amerikaanse amptenare het bevestig dat minstens 13 mense hul lewens verloor het weens uiterste hittegolwe in die suide van die Verenigde State. Inwoners in hierdie streek verduur versengende temperature wat 45 grade Celsius bereik het. Om die situasie te vererger, het swaar lugbesoedeling ook ander dele van die land geteister as gevolg van rook van […]
Die As: Duckett gee sprankie hoop vir Engeland - July 2, 2023
Mitchell Starc van Australië het gister op Lord’s gesorg vir ‘n ineenstorting deur Engeland, voor ‘n omstrede uitkoms vir Ben Duckett terwyl die gashere hulle poging voortgesit het vir ‘n merkwaardige oorwinning in die tweede toets om die As. Engeland was met uitskeityd op die vierde dag op 114 vir vier, met nog 257 lopies […]
Ryspryse styg met 17% – verskeie globale uitdagings - July 2, 2023
Die jongste inflasie-syfers het reuse-stygings in voedselpryse in Namibië aangedui en terwyl daar nog gewag word vir die syfers vir Junie, het ekonome voorspel dat pryse wel vanjaar sal daal met Simonis Storm wat algehele inflasie op 5,9 persent peil. Intussen is daar uitdagings met rys wat met 7,1 persent in Mei gestyg het. Namibië […]