Omgewingsministerie ontvang net drie tenders vir 40 krokodille - July 26, 2023

Die omgewingsministerie het slegs drie aanbiedinge ontvang vir die tender vir die verkoop van 40 krokodille. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda het bevestig dat daar vandeesweek ‘n evaluering oor die tender gedoen sal word. Die ministerie het verlede maand die verkoop van 40 krokodille aangekondig in ‘n poging om mens-dier-konflik aan te spreek […]

Read More

SA regering verkoop nie aandeel van 40% in Telkom - July 26, 2023

Die Suid-Afrikaanse regering oorweeg dit nie om sy aandeel van 40 persent in Telkom te verkoop nie. Die twee partye is in gevorderde samesprekings om ‘n vennootskap met ʼn breëband-produk bekend te stel. Die ooreenkoms sal Telkom se ondernemings insluit, soos die Openserve-veseleenheid se Broadband Infraco SOC, en Sentech se uitsaai-verspreidingsdienste. Ondanks voorstelle vir die […]

Read More

President van Niger deur soldate aangehou - July 26, 2023

President Mohammed Bazoum van Niger word volgens berigte deur soldate van die presidensiële wag aangehou in wat moontlik ‘n poging tot ‘n staatsgreep is. Volgens bronne is die President in gesprek met die ontevrede soldate wat tot dusver weier om terug te staan. Talle lande hou die situasie fyn dop. Niger is ‘n sleutel-bondgenoot van […]

Read More

Daar wag ‘n nuwe avontuur op Engelse Kanaal-swemmers - July 26, 2023

Die Namibiese atlete, John Valentin, Roual Spangenberg en Christopher du Plessis, bedank alle Namibiërs vir hul ondersteuning in hul swemtog en sê daar wag ‘n nuwe avontuur op die horison . Hulle het die Engelse Kanaal in 14 ure en 59 minute verower in hul aflos-swemtog ten bate van die Ladybug-trust. Die harte van Namibiërs […]

Read More

Nuwe VSA ambassade in Windhoek open vroeg in 2024 - July 26, 2023

Die Amerikaanse regering is trots op die nuwe Amerikaanse ambassade-kompleks in Windhoek wat tans onder konstruksie is. Die waarde van die ontwikkeling op die hoek van Nelson Mandela-rylaan en Metjestraat is meer as 275 miljoen Amerikaanse dollar. Die projek verskaf werk aan meer as 2 000 Namibiërs, waarvan 100 vroue is. Die ambassadeur Randy Berry […]

Read More

Gesondheidsministerie se ambulanse is in ‘n benarde toestand - July 26, 2023

Die gesondheidsministerie beplan om 17 voertuie in ambulanse te omskep en om meer voertuie gedurende die huidige boekjaar aan te koop. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die ministerie sê die 17 voertuie sluit 11 paneelwaens en ses bakkies in. Hy sê die ministerie se begroting vir ambulans-aankope vir die huidige boekjaar is 24 miljoen […]

Read More

VSA ondersteun Namibië se groen ekonomie - July 26, 2023

Ter ondersteuning van Namibië se groen ekonomie het die Amerikaanse ambassade verteenwoordigers van die Amerikaanse departement van handel se handelsreg-ontwikkelingsprogram in Namibië vir ‘n besoek verwelkom. Hulle het ‘n reeks konsultasies met beide openbare en privaat instellings gevoer om die kommersiële realiteite van moontlike groenwaterstof-projekte in die land te evalueer. Môre gaan ambassadeur Jessye Lapenn, […]

Read More

Keniaanse President gereed om opposisieleier te ontmoet oor protes-aksie - July 26, 2023

Kenia se President William Ruto sê hy gereed om die opposisieleier, Raila Ondinga, te ontmoet. Dit volg na onlangse protes-aksie oor hoë lewenskoste. Betogers onder leiding van Ondinga eis dat regering belastings verlaag en prysverhogings beperk. Ruto het getwiet dat hy bereid is om met Ondinga te vergader. Dit volg nadat Ondinga by ‘n mediakonferensie […]

Read More

Krieket: Aussie-kaptein verwag beter vertoning op die Oval - July 26, 2023

Krieket: Die vyfde en laaste toets om die As begin môre op die Oval in Londen. Australië loop 2-1 voor, wat beteken hulle behou die As. Die beste wat Engeland kan vermag, is om die laaste wedstryd te wen en die reeks gelykop te laat eindig. Die besoekers behoort tevrede te wees met die uitslae […]

Read More

Vakbondman: Staatsamptenare belangrik in Namibiese ekonomie - July 26, 2023

Die rol en belangrikheid van staatsdiens en staatsamptenare in die Namibiese ekonomie kan nie oorbeklemtoon word nie, volgens ‘n deurwinterde vakbondman. Dit is ‘n onbetwisbare feit dat staatsdiens die dryfkrag van ‘n land se pad na ontwikkeling is. Daar is nie ‘n enkele land in die wêreld wat kan beweer dat dit in staat was […]

Read More