Kolbe draf eerste keer op Ellispark uit - July 26, 2023

Die opwindende Springbok-vleuel, Cheslin Kolbe, speel Saterdag die eerste keer op Ellispark in Johannesburg nadat afrigter Jacques Nienaber hom ingesluit het vir die Rugbykampioenskapswedstryd teen Argentinië. Die agsteman Duane Vermeulen sal die span aanvoer in een van nege veranderings aan die beginspan wat teen die All Blacks verloor het. Manie Libbok en Grant Williams is […]

Read More

Shiimi moet arbeidsektor in begroting ondersteun - July 26, 2023

Met konsultasies wat in verband met die middeltermynbegroting begin, is verskeie sektore in die land onder die loep, arbeid ingesluit. Die Revolutionary Union se sekretaris-generaal Julius Natangwe, sê daar is talle aspekte in die arbeidsektor wat aandag moet kry, waaronder ook die stygende lewenskostes en gesondheidsorg. 

Read More

SAL-Takatso ooreenkoms goedgekeur - July 26, 2023

Takatso Aviation het die Suid-Afrikaanse Mededingingstribunaal se voorwaardelike goedkeuring van sy verkryging van 51 persent van die uitgereikte aandelekapitaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens verwelkom. Indien die ooreenkoms afgehandel word, sal die oorblywende 49 persent aandeelhouding in SAL in die Departement van Openbare Ondernemings se besit bly. Die ooreenkoms is onderworpe aan voorwaardes wat verband hou met ‘n moratorium op afleggings […]

Read More

Ses skuldig in Brussel bomaanval - July 26, 2023

Ses uit tien mans is skuldig bevind aan moord en poging tot moord vir hulle aandeel in die 2016-terreuraanvalle in Brussel waarin 32 mense dood en meer as 300 beseer is. Twee mans, ‘n Tunisiër en ‘n Rwandees, is vrygespreek van moord, maar saam met ses ander skuldig bevind dat hulle deelgeneem het aan terrorisme-bedrywighede. […]

Read More

Slimfone moet in skole verbied word – Unesco - July 26, 2023

‘n Verslag deur Unesco, die Verenigde Nasies se agentskap vir onderwys, wetenskap en kultuur, het aanbeveel slimfone word in skole verbied. Dis ‘n poging om leer te bevorder en kinders teen aanlyn boelies te beskerm. Volgens die verslag word die oormatige gebruik van selfone verbind met verlaagde opvoedingsprestasie terwyl baie skermtyd ‘n negatiewe uitwerking het op kinders se emosionele stabiliteit. Finland […]

Read More

Kimberley se water-uitdagings moet aangespreek word - July 26, 2023

Die DA in die Noord-Kaap eis dat die Sol Plaatje-munisipaliteit dringend herstelwerk laat doen aan die Kimberley-waterafsluiting as gevolg van groot lekkasies. Vanjaar het die munisipaliteit reeds die geskeduleerde onderbreking twee keer uitgestel, deels weens swak beplanning en deels  weens ’n gebrek aan kommunikasie. Die DA-lid, Ockert Fourie, sê inwoners gaan nou gebuk onder die gevolge van […]

Read More

Namibiese afvaardiging kom aan in Rusland vir beraad - July 26, 2023

Die Namibiese visepresident Nangolo Mbumba het in St. Petersburg, in Rusland, aangekom vir die tweede Rusland-Afrika ekonomiese en humanitêre beraad wat môre en oormôre plaasvind. Mbumba lei die Namibiese afvaardiging, wat die minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, insluit; sowel as die ministers van handel, inligting en arbeid. LP’s is ook genooi. Die beraad het ten doel om ‘n nuwe vlak van wedersyds voordelige vennootskap te bewerkstellig en poog om gelyke samewerking oor alle gebiede te bevorder. Daarbenewens […]

Read More

Behoeftiges in Kaapstad kan registreer vir ondersteuning - July 26, 2023

Die Stad Kaapstad sê inwoners wat finansieel sukkel word aangemoedig om hulle naaste kliëntedienskantoor te besoek om uit te vind of hulle vir ondersteuning in aanmerking kom. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê verligting is beskikbaar om behoeftige huishoudings, mense wat maatskaplike toelaes kry en pensioenarisse te help. Hy sê die stad bied Suid-Afrika […]

Read More

China kry net-so ‘n nuwe buitelandse minister - July 26, 2023

China verwyder sy minister van Buitelandse Sake, Qin Gang, en vervang hom met sy voorganger, Wang Yi. Nuusagentskappe sê die aankondiging kom ‘n maand na Qin se laaste openbare verskyning. Geen rede is vir sy verwydering verskaf nie. Volgens internasionale berigte is die omruiling op ‘n gesamentlike vergadering van die staande komitee van China en […]

Read More

Palmer gesels oor All Blacks kragmeting - July 26, 2023

Australië se hulpafrigter, Dan Palmer, sê hulle weet watter verbeterings nodig is voor hul Rugbykampioenskapskragmeting, Saterdag, teen Nieu-Seeland in Melbourne. Die Wallabies sal op die veld draf ná agtereenvolgende nederlae teen Suid-Afrika en Argentinië. Die afrigter Eddie Jones is verantwoordelik vir die span wat opeenvolgende nederlae gehad het sedert hy oorgeneem het. Palmer sê dit […]

Read More