Google bemark Bard, maar waarsku sy eie werkers oor kletsbotte - June 16, 2023

Alphabet Incorporated, wat Google besit, waarsku sy werknemers oor hoe hulle kletsbotte, ook sy eie Bard-kletsbot, gebruik. Die waarskuwing kom te midde van sy bemarkingsveldtog regoor die wêreld om die kletsbot bekend te stel. Volgens Reuters waarsku Google dat geen konfidensiële inligting gedeel moet word nie. Google sê navorsing toon dat kunsmatige intelligensie inligting wat […]

Read More

Eskom beklink loonooreenkoms met vakbonde - June 16, 2023

Eskom en sy vakbonde het ‘n drie-jaar ooreenkoms bereik oor salarisverhogings en toelaes. Dit sluit in ‘n verhoging van 7 persent vir werknemers wat nie op bestuursvlak is nie. Dit sal van volgende maand tot Junie 2026 geld. Die behuisingstoelaag sal ook met 7 persent oor die driejaar-tydperk verhoog word, saam met ‘n eenmalige belastingdraende […]

Read More

Wakker Otavi-voorman vang wildstropers - June 16, 2023

Die stroop van wild duur voort. In die jongste voorval, waarvan video’s wyd versprei is, is twee gemsbokke en ‘n koedoe op plaas Lichtenberg naby Otavi gesteel. Die Otjozondjupa-polisie sê die voorman het ‘n verdagte Toyota Corolla opgemerk met sakke wat van die plaas af in die motor in gelaai is. Die voorman het die […]

Read More

Vyf Afrika-presidente besoek Zelensky, Putin, vir vrede - June 16, 2023

‘n Hoëvlak afvaardiging van ses Afrika-presidente, wat die buurland se President Cyril Ramaphosa insluit, is vandag in Oekraïne om met Volodymyr Zelensky te vergader as deel van ‘n vredesending. Ná die vergadering in Kiëf sal die groep na St. Petersburg reis waar hulle Saterdag met die Russiese leier, Vladimir Putin sal vergader. Ramaphosa, met die […]

Read More

Boris is in die sop, komitee bevind hy het 108 keer gelieg oor Partygate - June 16, 2023

Die Britse parlement se voorregtekomitee sê die voormalige premier, Boris Johnson, het 108 keer gelieg oor Partygate en ten minste agt keer vir die parlement gelieg. Die komitee beveel aan dat Johnson toegang tot die parlement geweier word omdat hy parlementslede opsetlik mislei het. Johnson het in sy reaksie herhaal hy is onskuldig, en die […]

Read More

Clive Barker se seun bring hulde aan sy pa - June 16, 2023

Die seuns van die ontslape voormalige Bafana Bafana-afrigter, Clive Barker, het hom beskryf as ‘n toegewyde gesinsman wat passievol was oor Suid-Afrika. Barker is verlede naweek op 78-jarige ouderdom in ‘n hospitaal in Durban oorlede. Sy seuns, John en Gavin, het hulde gebring op sy amptelike provinsiale gedenkdiens in die Olive-konfensiesentrum in die stad. John […]

Read More

Tender uit 18 aansoekers vir Duin 7-konsessie toegeken - June 15, 2023

Die omgewingsinisterie het die tender vir die Duin 7-konsessie aan Sandwich Dune Tours en Safari toegeken nadat 18 maatskappye vir die tender aansoek gedoen het. Die ministerie se besluit om die toeriste-aantreklikheid deur ‘n konsessie-maatskappy te bestuur, volg op openbare kritiek oor die toestand van die gewilde oord se infrastruktuur, wat onlangs deur die ministerie […]

Read More

Namibië voer stryd teen verwoestyning, droogte - June 15, 2023

Namibië is ‘n dorre land wat toenemend verwoestyning, grond-agteruitgang en droogte in die gesig staar. Namibië sal by die wêreld aansluit by die herdenking van die Wêrelddag vir die Bekamping van Verwoestyning en Droogte. Dié dag word elke jaar op 17 Junie herdenk. Saterdag sal Namibië dié dag op Usakos in die Erongo-streek herdenk. Die […]

Read More

DA: N$168 miljoen aan konsultante bestee - June 15, 2023

Die DA in Gauteng is besorg dat die kontant-arm Emfuleni plaaslike munisipaliteit steeds geld op konsultante uitgee pleks van interne amptenare in te span. Die munisipaliteit het die afgelope ses finansiële jare 168 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan konsultante bestee om infrastruktuur op te gradeer. ʼn Woordvoerder van die DA, Kingsol Chabalala, sê dit is onthul […]

Read More

Britse Arbeidersparty eis verskoning van Boris - June 15, 2023

Die Britse parlement het bevind dat die land se voormalige eerste minister Boris Johnson die parlement wel doelbewus mislei het oor partytjies wat hy tydens die Covid-pandemie by die ampswoning Downingstraat 10 gehou het. Volgens die komitee wat die klagtes ondersoek het, het Johnson die demokratiese proses geminag. Die komitee sê hulle sou aanbeveel het […]

Read More