
Tender uit 18 aansoekers vir Duin 7-konsessie toegeken - June 15, 2023
Die omgewingsinisterie het die tender vir die Duin 7-konsessie aan Sandwich Dune Tours en Safari toegeken nadat 18 maatskappye vir die tender aansoek gedoen het. Die ministerie se besluit om die toeriste-aantreklikheid deur ‘n konsessie-maatskappy te bestuur, volg op openbare kritiek oor die toestand van die gewilde oord se infrastruktuur, wat onlangs deur die ministerie […]
Namibië voer stryd teen verwoestyning, droogte - June 15, 2023
Namibië is ‘n dorre land wat toenemend verwoestyning, grond-agteruitgang en droogte in die gesig staar. Namibië sal by die wêreld aansluit by die herdenking van die Wêrelddag vir die Bekamping van Verwoestyning en Droogte. Dié dag word elke jaar op 17 Junie herdenk. Saterdag sal Namibië dié dag op Usakos in die Erongo-streek herdenk. Die […]
DA: N$168 miljoen aan konsultante bestee - June 15, 2023
Die DA in Gauteng is besorg dat die kontant-arm Emfuleni plaaslike munisipaliteit steeds geld op konsultante uitgee pleks van interne amptenare in te span. Die munisipaliteit het die afgelope ses finansiële jare 168 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan konsultante bestee om infrastruktuur op te gradeer. ʼn Woordvoerder van die DA, Kingsol Chabalala, sê dit is onthul […]
Britse Arbeidersparty eis verskoning van Boris - June 15, 2023
Die Britse parlement het bevind dat die land se voormalige eerste minister Boris Johnson die parlement wel doelbewus mislei het oor partytjies wat hy tydens die Covid-pandemie by die ampswoning Downingstraat 10 gehou het. Volgens die komitee wat die klagtes ondersoek het, het Johnson die demokratiese proses geminag. Die komitee sê hulle sou aanbeveel het […]
Nampol maan weer teen swendelaars - June 15, 2023
Die Namibiese polisie waarsku weer eens Namibiërs om nie vir swendelaars te val nie. Dit volg ná ‘n 60-jarige vrou blykbaar uit 345 145 Namibiese dollar by Ondangwa bedrieg is tydens ‘n onwettige diamant-transaksie. Sy het die verdagtes vergesel na die Oluno-opemark om die transaksie te bewerkstellig, maar mense wat hul as polisielede voorgedoen het, […]
G’n lae skuldigbevindingskoers in staatskaping - June 15, 2023
Die Suid-Afrikaanse Direktoraat vir Voorkeurmisdaad-ondersoek betwis aansprake van ‘n lae skuldigbevindings-koers in aangeleenthede wat met staatskaping verband hou. Die nasionale hoof, Godfrey Lebeya, het die media gewys op mylpale gedurende die vierde kwartaal van die finansiële jaar. Volgens hom glo mense anders, maar sy departement se prestasie met skuldigbevindings is 100 persent. Lebeya kritiseer die […]
Reuse-voedselskaarste glo in Noord-Korea - June 15, 2023
Die Britse Uitsaaikorporasie het inligting van mense in Noord-Korea dat daar ‘n reuse-voedselskaarste is, en dat sommige mense van die honger sterf. Die BBC berig dat hy reeds maande lank in die geheim in aanraking was met drie Noord-Koreane wat die situasie eerstehands ervaar het. Die Noord-Koreaanse regering het die land se grense gesluit toe […]
Dooie aasvoël se snawel op ander een oorgeplant - June 15, 2023
ʼn Veeartsenykundige span van die Universiteit van Pretoria onder leiding van die veeartsenykundige natuurlewe-spesialis, professor Katja Koeppel, het ‘n merkwaardige prosedure uitgevoer op ‘n bedreigde Afrika-witrugaasvoël op die Onderstepoort-kampus. Die wyfie se bek is vergruis toe sy in Maart deur ’n motor getref is. Die snawel van ‘n dooie aasvoël is bo-op haar eie erg […]
Telecom Namibia se netwerkprobleme herstel - June 15, 2023
Telecom Namibia het bevestig dat hul kliënte landwye netwerkprobleme ondervind het met die tipe tegnologie waaraan hulle gekoppel is. Die fout is intussen deur hul tegniese afdeling herstel. Telecom vra die publiek indien sommige egter steeds netwerk-probleme ondervind, om met hulle in verbinding te tree. Telecom se korporatiewe kommunikasiehoof Nomvula Kambinda het met Kosmos 94.1 […]
Dr. Kawana in NV gevra oor veiligheid tydens politieke veldtogte - June 15, 2023
Met die algemene en presidensiële verkiesing wat volgende jaar in Namibië plaasvind, is kommer oor politieke geweld in die Nasionale Vergadering uitgespreek. Leiers van die opposisiepartye het vandag die minister van veiligheid, dr. Albert Kawana, gevra of die Namibiese polisie gereed is om wet en orde tydens politieke veldtogte te verseker. Kawana het gereageer deur […]