
Hoër onderwysministerie: Unesco Parys betaal minister se reis - July 11, 2023
Die ministerie van hoër onderwys het pas in ‘n mediaverklaring bevestig dat Unesco in Parys, Frankryk, die minister, dr. Itah Kandjii-Murangi, se reis na New York in die VSA ten volle betaal het. Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, sê ook daar is niks vreemds aan die reisgeld wat aan die minister betaal […]
Navo bespeur nie Wagner-huursoldate in Belarus nie - July 11, 2023
Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, sê Navo het nog geen teken gesien van Wagner-huursoldate wat na Belarus beweeg nie. Hy het in Vilnius in Litaue aan joernaliste gesê Navo monitor die situasie deeglik. Pole het die afgelope naweek meer as duisend soldate in die ooste van die land ontplooi te midde van kommer dat […]
Wes-Kaap arresteer 994 verdagtes - July 11, 2023
Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die wetstoepassingsbevorderingsplan-beamptes gaan voort met hul werk om veiliger gemeenskappe te skep. LEAP-beamptes het tussen 29 Mei en 2 Julie beslag gelê op 18 vuurwapens en 994 verdagtes in hegtenis geneem vir ‘n reeks oortredings in Kaapstad. Allen sê hierdie beslagleggings en arrestasies is uiters […]
Gimnastiek: Oud-spandokter in tronk beseer - July 11, 2023
Gimnastiek: Amerika se voormalige spandokter, Larry Nassar, wat jong vroulike atlete misbruik het, is ín ʼn bestendige toestand nadat hy in ʼn tronk in Florida met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Die 59-jarige is ses keer in die bors gesteek en twee keer in die nek en rug. Die president van Local 506, ʼn vakbond […]
Eskom: Fase 4-beurkrag duur voort - July 11, 2023
Eskom sê fase 4-beurtkrag sal tot môreoggend vyf-uur voortduur weens verminderde opwekkings-vermoë en ‘n groot vraag na elektrisiteit. Die voortdurende uitdagings het die uitgebreide gebruik van oopsiklus-gasturbines en pomp-bergings-opwekking genoodsaak. Fase 3-beurtkrag sal vanaf vyfuur môreoggend tot twee-uur die middag ingestel word om nood-reserwes te beskerm. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokoena, sê hierdie patroon […]
Meatco-werkers hou vreedsame protes-optog - July 11, 2023
Werknemers van Meatco het vandag ‘n vreedsame protes-optrede gehou oor die maatskappy wat salarisverhogings uitstel. Personeellede moes glo die verhoging op 1 Maart ontvang het. Hulle het ’n petisie aan die uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji oorhandig en gedreig om te staak as die kwessie nie opgelos word nie. Undamuje Hamira, die kommunikasiebeampte by Meatco het […]
Vlugte by OR Tambo vertraag weens ys op vliegtuigvlerke - July 11, 2023
FlySafair het vertragings aangekondig vir verskeie vlugte wat vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng vertrek, weens ‘n opeenhoping van ys op die vliegtuie se vlerke. Dit word veroorsaak deur die uiters koue toestande en sneeu. Die lugredery sê dit het ook ‘n impak gehad op vlugte vanaf ander lughawens. FlySafair het om verskoning […]
Navo-hoof: Oekraïne sal sterk boodskap oor lidmaatskap kry - July 11, 2023
Die sekretaris-generaal van die Noord Atlantiese Verdrags-organisasie, Jens Stoltenberg, sê Oekraïne sal ‘n sterk en positiewe boodskap kry om as lid by Navo aan te sluit. Navo-leiers is vandag en môre in Vilnius, Litaue vir die vierde beraad sedert die begin van die oorlog in Oekraïne. Kiëf soek groter duidelikheid en tasbare sekerheid van wanneer […]
Toer-operateurs moenie gestraf word oor lisensie-hernuwing - July 11, 2023
Die Wes-Kaapse LUR vir beweeglikheid, Ricardo Mackenzie, sê die provinsiale regering verwelkom die resolusie wat die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, onderteken het oor die skut van toer-operateurs se voertuie. Mackenzie sê die ooreenkoms bepaal wetstoepassers moet ophou om toer-operateurs te straf wat aansoek gedoen het vir lisensie-hernuwing, sowel as diegene wat nog wag vir […]
DA: Kliniek in Noord-Kaap ná ses jaar onvoltooid - July 11, 2023
Die DA in die Noord-Kaap sê die provinsiale regering moet verduidelik hoekom daar ʼn voortgesette vertraging is met die voltooiing van die Boegoeberg-kliniek wat lei tot stygende uitgawes. Die Boegoeberg-kliniek het oorspronklik in September 2017 begin en sou binne ʼn jaar voltooi wees. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Priscilla Isaacs, is die departement van […]