Kawana: Gay-gegriefdes moet maar weer hof toe gaan - July 11, 2023

Dr. Albert Kawana, minister van binnelandse sake, het aan diegene wat gegrief is deur sy ministerie se besluit om die uitspraak van die hooggeregshof oor selfdegeslaghuwelike in werking te stel, beveel om die hof te nader. Hy het in die Nasionale Vergadering sy reaksie gegee op PDM-parlementslid Vipuakuje Muharukua, wat die ministerie daarvan beskuldig het […]

Read More

NSFAS begin met herstellende proses - July 11, 2023

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente in die buurland het met ‘n regstellende proses begin waarin indien daar bevind word dat studente verkeerdelik befonds is, hulle dit onmiddellik moet terugbetaal. Die skema het ten doel om onregmatige toewysing van fondse te voorkom en te verseker sy beleid word nagekom. Die woordvoerder, Slumezi Skosana, sê klagtes […]

Read More

Ses mense sterf in helikopterongeluk in Nepal - July 11, 2023

Ses mense is dood nadat ‘n helikopter in Nepal neergestort het. Die helikopter van die Manang-lugdiens het by Likkhu, noord van Kathmandu neergestort met vyf Mexikaanse burgers en ‘n vlieënier van Nepal aan boord. Soek- en reddingswerkers het al ses liggame gevind. In Januarie vanjaar is 71 mense dood in Nepal se ergste vliegtuigongeluk in […]

Read More

Atletiek: Agnes verheug oor Caster-uitspraak - July 11, 2023

Atletiek: Die Namibiese minister van sport, Agnes Tjongarero het haar reaksie gegee oor die dubbele Olimpiese kampioen, Caster Semenya, se suksesvolle appèl-aansoek by die Europese Hof vir Menseregte. Sy het die vereiste betwis dat vroue met natuurlike hoë vlakke testosteroon dit met medikasie moet verlaag, en aangevoer dit skend haar regte. Die oorwinning is grootliks […]

Read More

Swakop maan oor brande en stofstorms - July 11, 2023

Die Swakopmund-munisipaliteit maan inwoners teen brande in die erge winderige toestsande. Dit volg nadat brande vandag in Mondesa en die DRC-informele nedersetting sinkhuise vernietig en talle mense dakloos gelaat het. Geen lewensverliese of beserings aangemeld nie. Linda Mupupa, die skakelbeampte van Swakopmund-munisipaliteit het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en maan ook inwoners om versigtig in […]

Read More

Namibië moet in Guyana se voetspore volg met aflandige eksplorasie - July 11, 2023

Meer as 30 beduidende aflandige olie-ontdekkings is sedert 2015 alleen in Guyana se Stabroek-blok gemaak en Namibië kan in die Suid-Amerikaanse land se voetspore volg. Volgens beraming kan die blok ten minste 11 miljard vate herwinbare hulpbronne bevat. NJ Ayuk, uitvoerende voorsitter van die Afrika Energie-kamer is bly om te sien dat Namibiese regering werk […]

Read More

LAC: Meer LP’s moet opstaan vir selfdegeslaghuwelike - July 11, 2023

Die Regshulpsentrum loof landbouminister Calle Schlettwein wat vir menseregte en spesifiek selfdegeslaghuwelike opgestaan het. Hy stem nie saam met sy Swapo-geledere, veteraan Jerry Ekandjo en Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van die party oor hul erge teenkanting teen selfdegeslaghuwelike nie. Dit volg nadat Ekandjo onder skoot gekom het vir sy sentimente wat die regbank aangeval het. Kosmos […]

Read More

AfriForum eis ingryping by vragmotor-brande - July 11, 2023

Die burgerregte-organisasie AfriForum doen ‘n beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, om dringend ‘n veelsydige taakspan aan te stel om die aanvallers aan te keer wat verantwoordelik is vir die onlangse vragmotor-brande. Verskeie aanvalle het sedert die naweek in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voorgekom. Tot dusver is 17 vragmotors aan die brand gesteek. […]

Read More

Gebied om vulkaan in Ysland afgesper - July 11, 2023

Die polisie in Ysland het die gebied om ‘n vulkaan afgesper om inwoners van die Reykjanes-skiereiland te beskerm teen giftige gas wat weens die vulkaan-uitbarsting in die lug is. Inwoners van die gebied is ook aangeraai om huise se vensters toe te hou en enige ventilasie-toestelle af te skakel. Die polisie sê die gebied om […]

Read More

Ek het ‘n krisis met SA Bulletin wat nie werk nie. Ek het ‘n boodskap aan Peet gestuur, maar hy het nog nie gelees nie!  - July 11, 2023

Die burgemeester van Walvisbaai Trevino Forbes sê die hawedorp staan ‘n baie goeie kans om as KykNET se Kwêla Dorp van die Jaar-wenner 2023 aangewys te word. Walvisbaai is genomineer om Namibië vanjaar te verteenwoordig. Die kompetisie fokus op toerisme-geleenthede vir finaliste en Swakopmund is al as wenner gekroon. Forbes het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More