
Aansoekperiode vir drie groenskemas verleng - August 1, 2023
Die Namibiese landbouministerie nooi belangstellendes weer uit om aansoek te doen vir voor-kwalifikasie vir die huur van drie groenskemas, naamlik die Zone- Katima Liselo- en Tandjeskoppe-besproeiingsprojekte. Dit is gegrond op die model van konstruksie, bedryf en latere oordrag van die groenskemas. Aansoeke is met ‘n maand verleng tot 31 Augustus. Dit sou aanvanklik op 31 […]
Brics-gesondheidsvergadering kyk na universele sorg - August 1, 2023
Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, is die gasheer vir sy eweknieë by die 13de Brics-vergadering van ministers van gesondheid wat van vandag tot Vrydag in Durban, KwaZulu-Natal gehou word. Dit is deel van die aanloop tot die Brics-beraad wat die maand in Johannesburg gehou word. Die woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê die […]
Venesië moet op erfenis-gevaarlys gevoeg word – Unesco - August 1, 2023
Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, Unesco, het aanbeveel die Italiaanse stad Venesië moet by sy erfenis-gevaarlys gevoeg word. Die stad is een van 1 157 plekke wat tans as Wêrelderfenisgebiede aangewys is. Unesco sê Venesië loop die gevaar van onomkeerbare skade weens oorweldigende toerisme, oorontwikkeling en stygende seevlakke weens klimaatsverandering. Hy […]
Venus trek loslootjies vir Kanadese-, Cincinnati Ope - August 1, 2023
Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Venus Wiliams het loslootjies vir die Kanadese en Cincinnati-Ope die maand ontvang. Die 43-jarige gaan vir die tiende keer in die enkelspel by Cincinnati speel en die 12de keer in Montreal. Williams het so pas ‘n grasbaanseisoen afgehandel en het ondermeer ‘n oorwinning teen Camila Giorgi in Birmingham behaal en was […]
Mashatile herhaal hy was nie in motor nie, hof gee vandag uitspraak - August 1, 2023
Die buurland se adjunk-president Paul Mashatile het herhaal hy was nie in die motor toe lede van sy beskermingseenheid drie mense op die N1 in Johannesburg aangerand het nie. Die Randburgse landdroshof gee vandag uitspraak oor die borgaansoek van die agt lede van die BBP-beskermingseenheid. Hulle staar 12 aanklagte in die gesig, insluitend die rig […]
Boere trek moontlik twee van die Grootfontein-rowers vas - August 1, 2023
Boere in die Grootfontein-omgewing het spoorgesny na Sondagnag se aanval op die Gärtner-egpaar en daarin geslaag om moontlik twee van die vermeende rowers vas te trek. Dit is nog nie bevestig of die twee wel deel was van die gewapende roof nie. Die Namibiese polisie moet ook nog bevestig. Intussen het die mag gesê net meer as 178 000 Namibiese […]
BoN se buitelandse reserwes vertoon goed - August 1, 2023
Die Bank van Namibië se voorraad internasionale reserwes het in Junie tot 52,9 miljard Namibiese dollar toegeneem, vergeleke met die 49,6 miljard dollar aan die einde van Mei. Die bank skryf die toename toe aan diamantverkope-opbrengste, plasings van kliënte se buitelandse valuta, sowel as netto handelsbank-invloei as gevolg van ‘n invloei van portefeulje-beleggings. Kosmos 94.1 Nuus […]
Brics lê klem om vaardigheidsontwikkeling - August 1, 2023
Die Brics-sakeraad sê vaardigheidsontwikkeling sal deurslaggewend wees op die groepering se agenda. Die raad het ‘n vergadering gehou vir ‘n voorskou van die beraad, wat later hierdie maand gehou word. Volgens Phuthi Mahanyele-Dabengwa van die raad beoog hulle om betrokke te raak by verskeie ander onderwerpe ook, insluitend die energiesektor, agri-sake en die werk van die Nuwe Ontwikkelingsbank:
Regter sê Georgia-ondersoek kan voortduur - August 1, 2023
‘n Regter het die voormalige Amerikaanse President Donald Trump se pogings verwerp om die strafregtelike ondersoek teen hom te staak, wat verband hou met sy pogings om die uitslag van die 2020 verkiesing in Georgia om te keer. Regter Robert McBurney het ook die argumente van Trump se regsverteenwoordigers verwerp dat die distriksaanklaer, Fani Willis, […]
Stille rebellie broei blykbaar by SABC - August 1, 2023
COPE sê ʼn stille rebellie broei by die SABC met die bedanking van ervare joernaliste. Volgens die party beweer joernaliste die moreel onder personeel is baie laag en werksomstandighede by die openbare uitsaaier is onhoudbaar. Die woordvoerder van COPE, Dennis Bloem, doen ‘n beroep op die direksie van die korporasie om dringend in te gryp […]