Tennis: Djokovic stapel rekords op - July 12, 2023

Tennis: Die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, is deur na sy 12de Wimbledon-halfeindstryd. Die Serwiër het in sy 400ste Grand Slam-wedstryd die Rus, Andrey Rublev, met 4-6, 6-1, 6-4 en 6-3 geklop om deur te dring na sy 46ste Major-halfeindstryd. Hy het met dié prestasie ook Roger Federer van Switserland se mans-enkelspel-rekord geëwenaar. Djokovic kom nou […]

Read More

Hoër beurtkragvlakke ingestel - July 12, 2023

Eskom sê hy word gedwing om fase vier- en ses-beurtkrag in te stel weens die verlies aan bykomende opwekkings-eenhede. Fase vier het om vanoggend begin en sal tot twee-uur vanmiddag voortduur. Daarna geld fase ses tot vyfuur môreoggend. Hierdie skedule sal tot verdere kennisgewing toegepas word. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokoena, verduidelik die ander […]

Read More

Moordbeskuldigde pleeg glo selfmoord in sel - July 12, 2023

Die 40-jarige moord-beskuldigde Sidney Skrywer het homself glo met skoenveters aan die dak van die Windhoekse polisie-aanhoudingselle opgehang. Volgens die Namibiese polisie is die oorledene uit die sel gehaal om na die hof geneem te word, maar hy is eers badkamer toe. Beamptes het hom glo na ‘n ruk gevind waar hy aan die dak […]

Read More

Mashatile tevrede dat daar geen komplot teen hom is - July 12, 2023

Adjunkpresident Paul Mashatile sê hy is tevrede daar is geen sameswering om hom uit die kussings te lig nie. City Press het berig Mashatile glo diegene wat teen hom saamsweer, wil hom teen volgende maand uit sy amp verwyder. Hy het Maandag met President Cyril Ramaphosa vergader en hulle het besluit om die saak af […]

Read More

Navo bevestig Oekraïne sal lid word - July 12, 2023

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het weer bevestig dat Oekraïne ‘n lid van die alliansie sal word. Die sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, het by die Navo-beraad in die Litause hoofstad Vilnius gesê hulle het ooreengekom om die vereistes vir ‘n aksieplan vir Kiëf se lidmaatskap van die alliansie te skrap. Hy sê Oekraïne se pad na lidmaatskap bestaan […]

Read More

Tennis: Svitolina boender Swiatek uit Wimbledon - July 12, 2023

Tennis: Elina Svitolina se droom-veldtog op Wimbledon deur voort. Die Oekraïner het haar plek in die halfeindronde bespreek met ‘n oorwinning oor die wêreld-nommer een, Iga Swiatek van Pole, op die hoofbaan. Die gewese wêreld-nommer drie het tot 39ste op die ranglys teruggesak sedert sy haar loopbaan opsy geskuif het om ma te word na […]

Read More

Onwettige handel in Tik neem toe in Afrika - July 12, 2023

Volgens die jongste Wêreld-dwelmverslag van die Verenigde Nasies se Kantoor oor Dwelms en Misdaad neem die handel van metamfetamien, bekend as “Tik”, toe in Afrika. Tik kom in byna die helfte van al die lande in Afrika voor, met die grootste beslagleggings oor die afgelope dekade in Mosambiek, Suid-Afrika en Nigerië. Tik is veral vir […]

Read More

NBC ly reuse-verliese tydens 2021-staking - July 12, 2023

Die NBC het reuse-verliese gely in 2021 toe minstens 600 NBC-werknemers op ‘n landwye staking gegaan het. Dit is onthul tydens ’n openbare raadplegende vergadering oor die NBC-staking wat tans deur die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskaps-ontwikkeling gehou word. Die staking is gehou op ‘n beginsel van “geen werk geen betaling” wat […]

Read More

DA: Stem vir verandering - July 12, 2023

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê Suid-Afrikaners het niks om te verloor deur vir verandering te stem in volgende jaar se algemene verkiesing nie. Steenhuisen het kiesers in Jabulani, Soweto, versoek om politieke partye noukeurig te ondersoek op grond van hul prestasi-erekord met die lewering van noodsaaklike dienste. Dit sluit in ‘n groeiende ekonomie, toeganklike gesondheidsorg, […]

Read More

Mark vir kritieke minerale verdubbel in vyf jaar - July 12, 2023

Die mark vir kritieke minerale wat in elektriese voertuie, sonpanele en windturbines gebruik word, het die afgelope vyf jaar verdubbel. Die groei sal na verwagting verder versnel weens die groter vraag na skoon-energie-tegnologie soos sonpanele en batterye. Die Internasionale Energiea-agentskap se ontleding van die mark het ook bevind dat die energie-bedryf die grootste rede is […]

Read More