
Oorsaak van dood van aangehoudene nog onbekend - August 4, 2023
Die oorsaak van die dood van ’n 29-jarige verhoorafwagtende verdagte by die Oshakati-polisie se aanhoudingselle, is nog onbekend. Jackie Visagie is Woensdag dood, byna twee weke ná sy inhegtenisneming. Visagie is Dinsdag in die Oshakati-staatshospitaal behandel nadat hy van borspyn en geswelde voete gekla het. Hy is op 16 Julie saam met ander verdagtes in […]
Mashatile: Skenk aandag aan koalisiebou - August 4, 2023
Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die nasionale dialoog oor koalisieregerings moet aandag skenk aan die kritieke kwessies rondom koalisiebou. Die tweedaagse dialoog by die Universiteit van die Wes-Kaap het ten doel om ‘n nasionale raamwerk vir koalisieregerings daar te stel. Volgens Mashatile poog die dialoog om veerkragtige demokratiese instellings te verseker wat saamwerk tot voordeel […]
Hoë watervlakke in noordooste van China - August 4, 2023
Die Chinese ministerie van waterhulpbronne het aangekondig swaar reën en hoë watervlakke in riviere in die noordooste van die land bedreig stede wat stroomaf geleë is. Amptenare van die Hebei-provinsie het waarskuwings aan verskeie van sy stede uitgereik aangesien 13 riviere in die Haihe-rivierkom die waarskuwingsvlakke oorskry het. Dit sluit Beijing, Tianjin en Shijiazhuang in. […]
Sokker: Zambiese afrigter van wangedrag beskuldig - August 4, 2023
Sokker: Die sport se beheerliggaam in Zambië is verbaas oor bewerings dat sy afrigter van die vrouespan ‘n spanlid by die Wêreldbeker vir Vroue mishandel het. Fifa het ‘n ondersoek van stapel gestuur na wat hy ‘n bewering van wangedrag noem. Luidens ’n berig in The Guardian word die afrigter van Zambië, Bruce Mwape, daarvan […]
Eskom verlaag beurtkrag - August 4, 2023
Eskom sal weens verminderde vraag beurtkrag hierdie naweek op fase een en drie instel. Fase drie-beurtkrag begin vanmiddag om vier-uur tot vyf-uur môreoggend, gevolg deur fase een vanaf vyf voormiddag tot vier namiddag. Die patroon word tot verdere kennisgewing daagliks herhaal. Die tussentydsee woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena, sê die kragnuts-maatskappy werk onverpoos om eenhede […]
Landbou-unies woon kabinetsvergadering oor Meatco by - August 4, 2023
Die Lewendehawe Produsente-organisasie wat deel is van die Namibiese Landbou-unie het saam met ander landbou-unies ‘n kabinetsvergadering oor Meatco bygewoon. Die vier unies het as ‘n verenigde front insette gelewer oor die laat betaling van Meatco aan produsente, die geslote noordelike kommunale gebiede-abattoirs en ‘n voorgestelde Meatco-struktuur. Ná lang gesprekvoering is besluit dat die minister van […]
AfrForum vra of Zuma teruggaan tronk toe - August 4, 2023
Die burgerregte-organisasie AfriForum doen ‘n beroep op die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale, om aan te kondig of oudpresident Jacob Zuma na die Estcourt-korrektiewe sentrum in KwaZulu-Natal sal terugkeer. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof sy vrylating op mediese parool onwettig verklaar het. AfriForum se woordvoerder, René van der Vyver, sê hulle verwag […]
Amerikaanse burgers ontruim uit Niger - August 4, 2023
Die Amerikaanse departement van buitelandse sake is in kontak met honderde Amerikaners in Niger te midde van groeiende vrese oor konflik nadat militêre offisiere verlede week ‘n staatsgreep uitgevoer het. Die Verenigde State het beveel van sy personeellede en gesinne moet ontruim word uit sy ambassade in Niger. Owerhede sê die fokus van die VSA […]
Stellenbosch Universiteitskoor op pad na Tokio - August 4, 2023
Die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, en 48 lede van Stellenbosch Universiteitskoor is op pad na Tokio, Japan, waar hulle volgende week aan die ISPS Sports Values Summit-Special Edition 2023 gaan deelneem. De Villiers en die koor is genooi deur die internasionale filantroop, Haruhisa Handa, wat bekendheid verwerf het vir […]
Daar is uitdagings met Stad Windhoek se openbare vervoer - August 4, 2023
Ally Angula, wat aangekondig het dat sy as Namibiese presidentskandidaat in volgende jaar se verkiesing gaan staan, het haar kommer gedeel oor openbare vervoer en vroue wat voor sonop moet opstaan om betyds by die werk te kom. Sy sê dit blyk dat Windhoek se openbare vervoerstelsel in duie gestort het deur nie vervoer gedurende […]