Brics-leiers sal uitbreiding bespreek in Augustus - August 8, 2023

Brics-leiers gaan die uitbreiding van die organisasie bespreek tydens hierdie maand se 15de beraad in Suid-Afrika, met 23 lande wat belangstelling getoon het. Voorbereidings is sedert Januarie aan die gang, met verskeie vergaderings waar politieke, ekonomiese en maatskaplike samewerking bespreek is. Die buurland se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sê alles is gereed […]

Read More

Trump kan nie Carroll dagvaar vir laster nie - August 8, 2023

‘n Federale regter het Donald Trump se regsgeding teen die skrywer E. Jean Carroll van die hand gewys. Sy is vroeër vanjaar 94 miljoen Namibiese dollar toegestaan in ‘n  lastersaak teen die voormalige Amerikaanse president nadat ‘n jurie bevind het hy het haar seksueel misbruik. Trump het in reaksie daarop ‘n teeneis teen Carroll ingedien […]

Read More

Raonic vertoon goed op tuisgrond by Kanadese Ope - August 8, 2023

Milos Raonic het in slegs sy vyfde wedstryd in twee jaar sy plek bespreek in die tweede ronde van sy tuistoernooi, die Kanadese Ope in Toronto. Die gewese wêreld-nommer-drie het 37 kishoue geslaan om die negende gekeurde Amerikaner, Frances Tiafoe, met 6-7, 7-6 en 6-3 te uit te skakel. Raonic sê hy het dit gemis om voor sy tuisskare te speel: 

Read More

DA sê Enoch maak R60 miljard oopsie in begroting - August 8, 2023

Die DA waarsku oor ‘n dreigende skuldkrisis weens die ANC se fiskale wanbestuur en die stilstaande ekonomie. Volgens die party was die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begroting-skattings met byna 60 miljard Suid-Afrikaanse rand uit, en die salarisrekening-stygings plaas die begroting onder druk. Die DA-lid, Dion George, sê instellings soos die Suid-Afrikaanse Reserwebank en […]

Read More

Voerpryse verhoed die ontwikkeling van plaaslike speenkalf-mark - August 8, 2023

Die Namibiese landboubedryf kom gereeld onder skoot vir die uitvoer, op die hoef, van speenkalwers na Suid-Afrikaanse voerkrale sonder dat die diere plaaslik verwerk word. Die groter meerderheid van die boere wat van die mark gebruik maak is kommunale boere van veral die Omaheke-streek. Volgens ‘n ontleding deur die makelaarsfirma, High Economic Intelligence, is die hoofrede hiervoor die […]

Read More

SA-publiek moet sê oor parlement se opknappings - August 8, 2023

Die Suid-Afrikaanse parlement doen ‘n beroep op die publiek om insette te lewer oor hoe die herstelde omgewing moet lyk. ‘n Brand het in Januarie verlede jaar geweldige skade aan belangrike dele van die parlementsgebou aangerig. Die Nasionale Tesourie het 2 miljard Suid-Afrikaanse rand beskikbaar gestel om die gebou te herstel. Die parlement se sekretaris, Xolile George, sê […]

Read More

Rusland val weer burgerlikes aan - August 8, 2023

Minstens vyf mense is dood en 31 beseer in Russiese missielaanvalle op bewoonde gebiede in die dorp Pokrovsk in die ooste van Oekraïne. Die aanvalle het twee bewoonde geboue van die privaat sektor, ‘n hotel, spyseniering-ondernemings, winkels en administratiewe geboue beskadig. Amptenare sê daar is 19 polisiebeamptes en ‘n kind onder die beseerdes. Pokrovsk word deur Russiese magte beset. Oekraïne se […]

Read More

Sinead vandag op haar geboortedorp begrawe - August 8, 2023

Die Ierse sangeres Sinead O’Connor se begrafnis word vandag gehou in die dorpie Bray, in County Wicklow in Ierland, waar sy groot geword het. O’ Connor is op 26 Julie in die ouderdom van 56 dood. Sy sal internasionaal onthou word vir haar uitgesprokenheid in verband met haar sosiale en politieke sienings maar op Bray, sal sy vir ‘n heel ander rede […]

Read More

Creecy is reg om visvang by pikkewyn-kolonies te beperk - August 8, 2023

Die Natuurlewe- en Omgewingsvereniging van Suid-Afrika het die omgewingsminister, Barbara Creecy, se besluit verwelkom om visvang naby belangrike Afrika-pikkewyn-kolonies te beperk. Dis ‘n poging om die spesie se dalende getalle te stuit. Daar was 100 jaar gelede meer as ‘n miljoen Afrika-pikkewyn-broeipare, maar daar is tans minder as 10 000. Die nieregeringsorganisasie se woordvoerder, Gary Koekemoer, sê die minister doen […]

Read More

NSFAF sukkel om N$9 miljard in lenings te verhaal - August 8, 2023

Die Namibiese Studente-hulpfonds sukkel om 9 miljard Namibiese dollar te verhaal wat aan 132 000 begunstigdes geleen is. Studentelenings speel ‘n belangrike rol om individue in staat te stel om hoër onderwys te volg en hul lewens te verbeter. Deur leningsooreenkomste na te kom, dra leners by tot die volhoubaarheid van opvoedkundige befondsing, verlig die las op […]

Read More