
Kommer oor geweld in verkiesing in Sierra Leone - June 23, 2023
Verkiesingswaarnemers in Sierra Leone het kommer uitgespreek oor voorvalle van geweld en intimidasie in die aanloop tot môre se presidensiële verkiesing. Minstens een persoon is vandeesweek dood in geweld by die hoof-opposisieparty se hoofkwartiere. President Julius Maada Bio wil vir ‘n tweede termyn verkies word. Verkiesings-waarnemers het ‘n beroep op alle politieke partye en kandidate […]
Rust-rolprent se wapenhanteerder peuter glo met bewyse - June 23, 2023
Aanklaers in Mexiko het die roplprent, Rust, se wapenhanteerder Hannah Gutierrez-Reed aangekla dat sy met bewyse gepeuter het. Sy is reeds van onwillekeurige manslag aangekla na die noodlottige skietvoorval waarin die rolprent-fotograaf Halyna Hutchins dood is. In hofdokumente beweer aanklaers Gutierrez-Reed het op 21 Oktober 2021 narkotiese middels aan ‘n ander persoon gegee om haar […]
DA bekommerd oor Sassa-personeeltekorte - June 23, 2023
Die DA in Limpopo vra die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Nandi Ndalane, moet aandag gee aan die kommerwekkende hoë koers vakatures van Sassa-poste. Die party sê met 54 persent van alle poste vakant, is maatskaplike bystand en administrasie van toelaes vir die 2,7 miljoen begunstigdes in gevaar. Risham Maharaj van die DA vra dringende optrede […]
Kandjoze stel feite reg oor Hyphen-projek - June 23, 2023
Die Namibiese regering word gekritiseer vir sy hantering van die eienaarskap van die hoogs verwagte groenwaterstof-projek. Dit volg na die regering bevestig het dat hy ‘n 24 persent-aandeel in die Hyphen Hydrogen Energy-projek wil verkry deur fondse van SDG Namibia One. Tydens die bekendstelling van die formuleringsproses van die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, het die direkteur-generaal […]
Duikboot-slagoffers se liggame dalk nooit gevind - June 23, 2023
Die Amerikaanse kuswag sê hoewel dit te vroeg is om te sê presies wanneer die Titan-duikboot ingeplof het, is daar aanduidings dat dit gebeur het terwyl dit Sondag besig was om af te sak na die Titanic-skeepswrak. John Mauger van die kuswag sê die posisie van die wrakstukke wat gevind is, is relatief na-aan die […]
Kritiek oor oudregter wat dronk bestuur - June 23, 2023
ʼn Voormalige regter van die hooggeregshof in Gauteng wat aan bestuur onder die invloed van alkohol skuldig bevind is, moet in ‘n staat van beskuldiging geplaas word na ʼn uitspraak deur die Appèlhof. Nkola Motata is in 2009 skuldig bevind en tot 20 000 Suid-Afrikaanse rand of 12 maande tronkstraf gevonnis. Die hof het bevind […]
Mej. Tiener Namibië skitter in Kambodja - June 23, 2023
Mej. Tiener Namibië Zoë Karsten het die Namibiese vlag hoog in Kambodja gewapper waar sy aan die Mej. Tiener Internasionaal-kompetisie deelgeneem het. Zoë is as een van die top-15 finaliste aangewys en was ‘n trotse ambassadeur vir die land. Sy het ná die kroning uit Kambodja met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sien uit daarna […]
R122 miljoen op Robben-eiland bestee - June 23, 2023
Die departement van openbare werke en infrastruktuur in die buurland het tot op hede sowat 122 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee aan onderhoud en herstelwerk op Robben-eiland in ‘n poging om sy Wêrelderfenis-status te behou. Die omvang van die werk het geboue, infrastruktuur, begraafplase, tuine, steengroewe, ontspanningsgeriewe, maritieme veiligheid en die natuurlike omgewing in. Minister Sihle […]
IPPR: Deursigtigheid nodig in groenwaterstof-sektor - June 23, 2023
Beleidskenners sê deursigtigheid is noodsaaklik in die groenwaterstof-sektor. Die Namibiese regering sê hy het gekies om sy 24 persent-aandeel in Hyphen Hydrogen Energy se groenwaterstof-projek teen ‘n minimum koste van 16 miljard Namibiese dollar te finansier om homself te beskerm teen stygende koste van ekwiteits-kapitaal. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê egter die regering moet […]
SA beplan water-infrastruktuurfonds van R27 miljard - June 23, 2023
Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika sê hy beplan om ‘n water-infrastruktuurfonds van byna 27 miljard Suid-Afrikaanse rand vir die buurland te skep en is op soek na befondsing van die Suid-Koreaans-gebaseerde Groen Klimaatfonds. Volgens die jongste Wêreldbank-verslag is die land vyfde op die lys van water-skaars lande in Afrika suid van die Sahara. Die bank het […]