Meatco se reuse-verliese vandag op jaarvergadering bespreek - June 23, 2023

Meatco het ‘n verlies van 118 miljoen Namibiese dollar vir die tydperk 1 Februarie 2022 tot 31 Januarie 2023 aangeteken. Volgens The Brief het die ouditeure Grand Namibia gewaarsku dat die maatskappy se vermoë om as ‘n lopende bedryf voort te gaan, sal afhang van deurlopende regeringsondersteuning. Gedurende die tydperk onder oorsig het die regering […]

Read More

Al vyf aan boord van Titan-duikboot dood - June 23, 2023

OceanGate Expeditions sê die vyf bemanningslede aan boord van die Titan-duikboot wat vermis geraak het op pad na die wrak van die Titanic, is vermoedelik dood. Die mans op die vaartuig was OceanGate se uitvoerende hoof, Stockton Rush; die Pakistanse sakeman, Shahzada Dawood, sy seun, Suleman; Britse sakeman, Hamish Harding; en die Franse vlootduiker en […]

Read More

Zelensky: Rusland beplan terreur-aanval op grootste kernkragstasie - June 23, 2023

Die President van Oekraïne, Volodimir Zelensky, sê inligting wat spioene bekom het dui daarop dat Rusland ‘n terreur-aanval op die besette Zaporizhia-kernkragstasie beplan. Zelensky waarsku dat so ‘n aanval op die grootste kernkrag-stasie in Europa die gevaar van bestraling inhou. Rusland het Zelensky se waarskuwing in ‘n video egter as ‘n leuen afgemaak. Moskou sê […]

Read More

Rugby: Ervare Junior Bokke teen Georgië - June 23, 2023

Rugby: Die kaptein van die Junior Springbokke, Paul de Villiers, is onder ʼn groep van sewe spelers wat die Suid-Afrikaanse Onder-20-span vir ʼn tweede agtereenvolgende jaar sal verteenwoordig. Hy is ingesluit in die beginspan wat môre op Stellenbosch in die openingswedstryd van Wêreldrugby se Onder-20-kampioenskap teen Georgië speel. Hoof-afrigter Bafana Nhleko het ook vyf spelers […]

Read More

Krylov, Engelbrecht verlof tot appèl geweier - June 22, 2023

Hoërhof-regter Claudia Claassen het vandag verlof tot appèl geweier aan die Russiese burger, Alexander Krylov, en sy Namibiese medepligtige, Anna Engelbrecht. Die twee is in Maart in die Windhoekse hoërhof tronkstraf van onderskeidelik 35 jaar en 25 jaar opgelê. Claasen het toe Krylov tot effektiewe tronkstraf van 35 jaar gevonnis op tien aanklagte van verkragting […]

Read More

Suider-Afrika Jeugwerkswinkel oor handel duur môre voort - June 22, 2023

Die tweedaagse Suider-Afrika Jeug-werkswinkel oor die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied-ooreenkoms Protokol oor Vroue en Jeug in Handel, duur môre voort. Dit word deur die Namibiese handelsministerie in samewerking met die jeugministerie en die Nasionale Jeugraad aangebied. Die doel van die werkswinkel is om vroue en jeug se toegang tot ekonomiese geleenthede op nasionale en streeksvlakke te […]

Read More

Botswana stel droogtebestande rys-variëteit bekend - June 22, 2023

Die Nasionale Landbou-navorsing- en Ontwikkelings-instituut van Botswana en landbouhandels-maatskappy, African Agriculture, het ʼn ooreenkoms gesluit om ʼn nuwe droogtebestande rys-variëteit bekend te stel om opbrengste te verhoog. Die onder-sekretaris van die ministerie van landbou-ontwikkeling en voedselsekerheid, Tiny Diswai, sê die doel is om die land se afhanklikheid van ingevoerde rys aan te spreek, wat tans […]

Read More

Uranium One bou skool-kombuis by Leonardville - June 22, 2023

Noasanabis Primêre Skool by Leonardville trek voordeel uit die Russiese Uraan-reus Uranium One se filosofie van opheffing. Uranium One ondersteun die afgelope jaar die skool se voedingskema en verskaf kos vir die 615 leerders ter waarde van 330 000 Namibiese dollar. Uranium One het besluit om ‘n moderne kombuis vir die skool te bou wat […]

Read More

Jeug en vroue moet op e-handel fokus - June 22, 2023

Jeugwerkloosheid is een van die grootste kwessies in Namibië. Die handelsminister Lucia Iipumbu, het vandag tydens die opening van die Suider-Afrika-jeugkonsultasies oor die Protokol oor Vroue en Jeug in Handel ‘n beroep op die jeug gedoen om protokolle daar te stel in die uitdagings wat beide die jeug en vroue in die gesig staar. Verder […]

Read More

MUN eis De Ruyter se inhegtenisneming - June 22, 2023

Die mynwerkersvakbond NUM in Gauteng se Hoëveld-streek is bitter ontsteld oor die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, se beweerde roofsug en geldwassery-taktiek. Hulle vra ʼn deeglike ondersoek deur wetstoepassings-agentskappe en die vervolging van alle betrokkenes, insluitend die voormalige bedryfshoof, Jan Oberholzer. Die vakbond beplan om sy lede vir verset-optrede te mobiliseer. Die […]

Read More