
Nampol soek hulp van publiek ná geraamte-vonds - July 10, 2023
Die Namibiese polisie doen ‘n beroep op die publiek om met inligting vorendag te kom oor ‘n vrou wie se oorskot deur ‘n beeswagter in die veld op die plaas Otjombonde in die Kalkfeld-omgewing in die Otjozondjupa-streek ontdek is. Dele van ‘n geraamte asook klere van ‘n volwasse vrou is op die toneel gevind. ‘n […]
Nóg vyf vragmotors in SA aan die brand gesteek - July 10, 2023
Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waar vyf vragmotors met goedere op die N4 naby Waterval-Boven aan die brand gesteek is. Volgens berigte het ‘n groep mense in twee voertuie die vragmotors voorgekeer en die bestuurders beveel om uit te klim. Hulle het toe die vragmotors aan die brand gesteek. Niemand is nog in […]
Europese gesante in Israel veroordeel geweld - July 10, 2023
‘n Europese gesante het Israel veroordeel vir die geweld wat gebruik is tydens ‘n klopjag op die Jenin-vlugtelingkamp aan die besette Wesoewer. Sven Kuehn von Burgsdorff het uitgevaar teen die klopjag as ‘n verbreking van die internasionale reg. Minstens 12 Palestyne, onder wie vyf kinders, is in die operasie van 48 uur dood, die grootste […]
Krieket: Australië loop 2-1 voor in reeks om die As - July 10, 2023
Krieket: Die Australiese kaptein Pat Cummins sê hulle is nie paniekerig nadat hulle die derde toets om die As teen Engeland in Headingley verloor het nie. Die gashere het Sondag met drie paaltjies gewen en daarmee die reeks aan die gang gehou. Australië loop twee-een voor met die vierde toets wat volgende Woensdag in Manchester […]
Dit sneeu in die Oos-Kaap én Johannesburg! - July 10, 2023
Inwoners in die suidelike dele van Johannesburg is vanoggend deur ligte sneeu verras. Intussen sê die Oos-Kaapse departement van vervoer die R61-Wapadsbergpas tussen Graaff-Reinet en Cradock is weens sneeu gesluit. Talle berigte van voertuie wat van die gladde pad afgegly het, is aangemeld voor die pas gesluit is. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, maan […]
PDM: Privaat sektor steun hoofsaaklik behuisingsprojekte - July 10, 2023
Die amptelike opposisieparty sê die regering moenie Namibiërs probeer mislei met die verskaffing van behuising aan lae-inkomste verdieners nie. Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sê dit het 33 huise aan die Shack Dwellers Federation in Windhoek se informele nedersetting Okahandja Park oorhandig. Van die 33 huise is 22 deur die ministerie befonds, terwyl […]
Beeswagter ontdek menslike geraamte op Kalkfeld-plaas - July 10, 2023
‘n Menslike geraamte is deur ‘n beeswagter in die veld op die plaas Otjombonde in die Kalkfeld-omgewing in die Otjozondjupa-streek ontdek. Die Namibiese polisie is ontbied en het die toneel besoek waar ‘n baie ou menslike skedel, asook beendere soos ribbes, bene, arms en ‘n ruggraat gevind is. Een swart plakkie van grootte ses en […]
Elektrisiteitsminister sê transmissie-netwerk bly ‘n probleem - July 10, 2023
Die minister van elektrisiteit in die buurland, Kgosientsho Ramokgopa, sê die land het groot beleggings in die elektrisiteit-transmissie-netwerk nodig om nuwe kapasiteit en onafhanklike kragprojekte se bydrae te hanteer. Hy sê meer as 10 000 megawatt se kragprojekte is gereed om aanlyn te kom, maar transmissie bly ‘n probleem. Ramokgopa sê Eskom gaan 25 transformators […]
Presidente van Oekraïne en Pole herdenk Poolse slagoffers ondanks verskille - July 10, 2023
Die Oekraïnse President Volodimir Zelensky en sy Poolse ampsgenoot, Andrezei Duda, het ‘n gesamentlike diens bygewoon te nagedagtenis aan die dood van duisende Pole tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dié gebeure waartydens Oekraïnse nasionaliste die Pole doodgemaak het, is ‘n blywende bron van spanning tussen die twee lande wat nou bondgenote is. Die slag van Wolhynia […]
Pretoria Sakekamer soek ingryping oor kragmeters - July 10, 2023
Die Pretoria Sakekamer sê hy het ‘n dringende kennisgewing aan die Tshwane-stadsbestuur gestuur en onmiddellike ingryping gevra. Dit hou verband met die onthulling dat talle sake-ondernemings en inwoners wat Tshwane se voorafbetaalde slim-meters gebruik, die gevaar loop om sonder krag te sit. Die Pretoria Sakekamer se voorsitter, Fergus Ferguson, sê hierdie moontlike kragonderbrekings sal veroorsaak […]