
Stokes sê krieket vaar beter met diversiteit - June 28, 2023
Engeland se kaptein, Ben Stokes, sê die spel moet geniet word sonder vrees vir diskriminasie of oordeel. ‘n Verslag deur die Onafhanklike Kommissie vir Gelykheid in Krieket het wydverspreide rassisme, seksisme, klassisme en elitisme in Engelse en Walliese krieket onthul. Die verslag het na beroepskrieket en krieket vir ontspanning gekyk en inligting van meer as 4 000 deelnemers aan […]
Saftu blameer kapitalisme vir afname in indiensneming - June 28, 2023
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, sê die afname in indiensneming in die formele sektore van die ekonomie is nie ‘n verrassing nie. Die peiling oor die kwartaallikse indiensnemingstatistiek vir vanjaar se eerste kwartaal toon 21 000 minder mense is in diens geneem teenoor die vorige kwartaal. Die handelsbedryf het die meeste werksverliese gehad met ‘n afname […]
49% van Namibiërs het nie internet toegang nie - June 28, 2023
Amper die helfte van Namibiese burgers het geen toegang tot die internet nie. Die adjunk-inligtingsminister, Emma Theofelus sê die jongste syfers dui aan dat 51 persent van die bevolking toegang tot die internet het. Daar is uitdagings met dekking veral in landelike gebiede en ook die kostefaktor. Namibië het van die duurste internetkostes op die vasteland. Volgens Statistica het die plaaslike koste in […]
Mashatile moet op bewerings reageer - June 28, 2023
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Sandile Swana, het ‘n beroep op adjunkpresident Paul Mashatile gedoen om aandag te gee aan die bewerings van sy verbintenis met mense wat van korrupsie beskuldig word, en na bewering sy luukse leefstyl befonds. Onder die mense wat genoem word, is Edwin Sodi, wat tereg staan op aanklagte van korrupsie nadat sy onderneming winsgewende kontrakte […]
Jongmense moet etiese loopbaan-besluite maak - June 28, 2023
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê wanneer jongmense besluite oor hul loopbane maak, moet hulle hulself weerhou van maatskappye wat die planeet vernietig, privaatheid steel en met leuens en haat handel dryf. Hy sê die mag lê by die jeug.
Veldbrande in Kanada: 600m ton koolstof vrygestel - June 28, 2023
Kanada beleef sy ergste brandseisoen in menseheugenis en het in die eerste ses maande van die jaar meer aardverwarmende koolstofdioksied in die lug vrygestel as enige ander volle jaar op rekord. Dit is volgens die Europese Unie se Copernicus Atmospheric Monitoring Service. Sedert Dinsdag voer brandbestryders in die land ‘n stryd teen 494 veldbrande en meer as die helfte hiervan word geklassifiseer as buite beheer. […]
Rampspanne ontplooi na tornado KZN tref - June 28, 2023
Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal sê rampspanne sal vandag die skade beraam nadat ‘n tornado gister deur Inanda en Dube gewoed het. Drie mense is beseer en talle huise is vernietig. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n oranje vlak ses-waarskuwing uitgereik vir swaar reën aan die Suidkus. Die munisipaliteit se woordvoerder, Lindiwe Khuzwayo, sê die spanne sal […]
Werkloosheid in Namibië: Sake vererger - June 28, 2023
Daar is altyd duisende aansoeke wat ontvang word wanneer ‘n handvol poste in Namibië geadverteer word. Jeugwerkloosheid word op 49 persent beraam en nou kom die nuus dat die Namibiese Statistieke-agentskap tot dusver 60 000 aansoeke van werklose Namibiërs ontvang het die vir 13 000 beskikbare poste vir die komende sensus. Die politieke ontleder professor Joseph Diescho sê die […]
DA skors Bhanga - June 28, 2023
Die DA het sy voormalige Oos-Kaapse leier, Nqaba Bhanga, amptelik geskors omdat hy die voorsitter van die federale raad, Helen Zille, in die openbaar van rassisme beskuldig en ongegronde aansprake op sosiale media gemaak het. Die provinsiale uitvoerende komitee het eenparig besluit om Bhanga te skors. Hy het ‘n kennisgewing van voorneme ontvang en skriftelike vertoë ingedien, wat geen meriete […]
VSA stel sanksies in teen Wagner-vennote - June 28, 2023
Die Amerikaanse Tesourie het sanksies ingestel teen vier maatskappye wat beskuldig word van onwettige goudtransaksies om die Wagner-groep van fondse te voorsien. Die maatskappye in die Verenigde Arabiese Emirate, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Rusland, se befondsing het die groep huursoldate help onderhou en laat uitbrei in lande soos Oekraïne en sommige Afrikalande. Die tesourie sê Amerika sal […]