Maatskaplike toelae-proses vir weeskinders verbeter

Die departement maatskaplike ontwikkeling in die buurland het die proklamasie van die Wysigingswet op Maatskaplike Bystand in die Staatskoerant gepubliseer. Dit verbeter die maatskaplike bystandsprogram tot voordeel van wees- en kwesbare kinders. Die woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê die beleidsingryping bemagtig die minister van maatskaplike ontwikkeling, met die instemming van die minister van […]

Read More

Fearika Botha van IPC gee haar redes vir bedanking as Otji-raadslid

Die Independent Patriots for Change se plaaslike owerheids-raadslid, Fearika Botha, het uit haar pos as raadslid van die Otjiwarongo-munisipaliteit bedank. Botha het gesê sy het weens gesondheidsredes bedank, asook om haar tyd aan haar gesin te wy. Sy het op 20 Mei uit die bestuurskomitee van die munisipaliteit bedank en gekies om ‘n gewone raadslid […]

Read More

Dra swart op 9 Junie, vra White Ribbon

White Ribbon is ‘n gemeenskapsorganisasie wat gestig is om kwessies wat vroue en kinders in Namibiese gemeenskappe in die gesig staar, tot ‘n einde te bring. Charles Simakumba, die stigter van White Ribbon is vasbeslote om saam met vroue en mans te veg om seker te maak dat die vroue en kinders veilig is. Daarom […]

Read More

Venezuela skenk 30 000 herwinde speelgoed aan kinders

Venezuela se  sogenaamde hospitaal vir sagte speelgoed het sedert 2017 al 30 000 stukke herwinde speelgoed by skole en verenigings in arm woonbuurte afgelaai. Volgens internasionale nuusagentskappe is 40 vrywilligers aan die werk om speelgoed in ‘n eenvoudige werkswinkel te was, reg te maak en te verf voor dit aan minderbevoorregte kinders by skole en […]

Read More

Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel gaan aan Saoedi-geborgde toernooi deelneem

Gholf: Die Suid-Afrikaanse spelers Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel is onder die 42 spelers wat bevestig is vir volgende week se eerste 392 miljoen Suid-Afrikaanse rand Saoedi-geborgde LIV-gholftoernooi. Die toernooi begin volgende Donderdag en is skerp gekritiseer omdat die geld daarvoor deur die Saoedi-Arabiese Openbare Beleggingsfonds beskikbaar gestel is. Ander spelers wat beslis gaan speel, […]

Read More

Só raak opgeskorte vlugte van Kulula en British Airways reisbedryf

‘n Namibiese reisagent het gereageer op die impak op die reisbedryf nadat Comair alle vlugte van Kulula en British Airways van vandag af opgeskort het totdat bykomende befondsing verkry kan word. Die maatskappy wat onder sakeredding is, sê hy is besig om die nodige kapitaal in die hande te kry en daar is geen rede […]

Read More

Namibiese bierbrouer verheug oor toekennings

Torsten Krumnow, Namibiese mikro-bierbrouer van Roof of Africa Craft Brewery van die Roof of Africa Hotel, Konferensiesentrum en Restaurant in Windhoek is baie trots op die goue medalje in die Afrika Bier-beker vir hul Roof Draught gewen, asook ‘n brons medalje vir hul Roof Pilsner. Dit is die derde keer wat Roof of Africa se […]

Read More

Wie is op die koningin se verjaardag-erelys?

Die akteur Damian Lewis, die Walliese sokkerkaptein Gareth Bale, en Brittanje se vroue-ysbalspan en Olimpiese goue medaljewenners, is onder die meer as 1 000 mense op Koningin Elizabeth se jaarlikse verjaardag-erelys. Die lys gee erkenning aan mense  vir uitstekende bydraes waarvan die meeste op openbare diens en gemeenskapswerk gerig is. Lewis en sy oorlede vrou […]

Read More

Sergio Perez verleng sy kontrak met Red Bull

Motorsport: Sergio Perez het sy kontrak met Red Bull met twee jaar verleng en sal tot in 2024 deel van die span bly. Dit volg nadat hy Sondag sy eerste oorwinning by die Monaco Grand Prix ingepalm het. Die Mexikaan het die vorige seisoen by Red Bull aangesluit en een oorwinning in Azerbeidjan, asook vier […]

Read More

ActionSA sê parlement beskerm Malema

ActionSA sê hy is teleurgesteld met die parlement se weiering om die party toegang te gee tot die argumente deur die leier van die EFF Julius Malema, of die verslag oor die besluit om hom vry te spreek weens sy opmerkings oor onwettige immigrasie. Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, is ontevrede omdat Malema sy […]

Read More