
Brandstofprys sal sekerlik in Augustus styg - July 25, 2023
Met oliepryse wat met 11,55 persent oor die afgelope maand gestyg het, wil dit voorkom asof daar ‘n brandstofprys verhoging in Augustus sal wees. Die kommoditeit verhandel steeds bo 82 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, sê die koste van raffinering het ook gestyg en dus is ‘n verhoging hoogs waarskynlik.
GRN bestee meer as 50% van operasionele begroting op NDF - July 25, 2023
Die Tender Bulletin berig dat meer as helfte van die 1 miljard Namibiese dollar se begroting vir operasionele toerusting word op die weermag bestee. Volgens die publikasie, is die toekenning van 573,8 miljoen dollar tien keer meer as die regering se belegging in landbou en watervoorsiening, en drie keer meer as besteding aan mediese toerusting. […]
Stropery: Kapofi sê oor weermagbystand - July 25, 2023
Die ministerie van verdediging het gereageer op openbare klagtes oor die Namibiese Weermag wat onproduktief is en beter aangewend kan word om te help om stropery te bekamp. Volgens die Namibiese regering is daar ‘n sikliese tendens in renosterstropery in die land. Hoë getalle arrestasie van stropers in ‘n sekere gebiede lei tot ‘n tydelike […]
Julian Sands se oorsaak van dood is onbepaald - July 25, 2023
Die oorsaak van dood vir die Britse akteur Julian Sands, wat vermis geraak het terwyl hy in Januarie in Kalifornië gestap het, is amptelik as onbepaald verklaar. Sands, wat bekendheid verwerf het as die romantiese held in die 1980’s drama A Room with a View, het op die 10 000 voet San Antonio-berg, plaaslik bekend […]
Nauhaus, 34, ook van strafbare manslag aangekla na R44-dokumente - July 25, 2023
Die 34-jarige Antje Nauhaus het in die landdroshof op Swakopmund verskyn op klagte van, onder andere, stafbare manslag, bedrog en vervalsing tussen 29 Junie en 12 Julie vanjaar. Sy is in verband met die helikopter-ongeluk wat verlede week die lewens van die 54-jarige vlieënier Jacques Jacobs en die 29-jarige lugvaartingenieur Dirk von Weidts by Swakopmund […]
Gauteng-polisie skud 400 wapens in 4 weke - July 25, 2023
Die polisie in Gauteng sê hulle het oor ‘n tydperk van vier weke beslag gelê op meer as 400 onwettige vuurwapens en byna 6 000 koeëls. Hulle het ook sowat 230 verdagtes in die provinsie in hegtenis geneem weens besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die wapens wat teruggevind is, […]
VN pomp Jemen-vragskip leeg - July 25, 2023
Die Verenigde Nasies het vandag, na twee jaar se onderhandelings, begin om 1 miljoen vate ru-olie van ‘n gestrande, verrottende vragskip te verwyder. Die vaartuig is in 1984 aan die kus van Jemen geanker om olie wat deur die Marib-olieveld vervaardig is, te berg. Dit is ontwerp om gereeld leeggemaak en onderhou te word, maar […]
Harris is bly hy kan weer tennis speel - July 25, 2023
Lloyd Harris van Suid-Afrika sê hy is baie bly hy is gesond en kan weer tennis speel. Die 26-jarige Harris het die Australiese speler James Duckworth 3-6, 6-3, 6-2 geklop om tot die laaste 16 in die Atlanta Ope deur te dring. Harris het tot nommer 204 op die wêreldranglys teruggesak nadat hy weens ‘n […]
Kunene-inwoners sê streeksraad bevoordeel hulle nie - July 25, 2023
Inwoners van Kunene het hul ontevredenheid oor wat hulle as onbillike tender- en indiensnemingsprosedures teenoor die streeksraad uitgespreek. Die groep meen die prosesse is ten gunste van buitestanders en bevoordeel nie die streek se inwoners nie. Hulle sê hulle vermoed dat hulle doelbewus van verkrygingsprosedures uitgesluit word, terwyl die meeste inwoners ook nie werksvooruitsigte het […]
Brics-geleenthede moenie ten koste van Westerse verhouding wees nie - July 25, 2023
Die buurlandse organisasie Business Leadership South Africa sê die geleenthede wat Suid-Afrika verkry danksy sy lidmaatskap van die handelsblok met Brasilië, Rusland, Indië en China, moet nie ten koste van handelsbande met die Weste wees nie. Uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê sy is onverhoeds betrap deur die Minister in die Presidensie Nkosazana Dlamini-Zuma, se toespraak […]