
Sake verloop goed by Ruach Elohim, maar hulp is altyd nodig - June 29, 2023
Die Ruach Elohim-stigting op Swakopmund sê dinge verloop redelik goed maar die kostes om ongewensde babas te versorg is hoog. Ronel Peters, een van die stigters, sê die gemeenskap doen sy beste om hulle by te staan. Sy moedig ma’s aan om eerder hul babas by hulle te los en vra ook vir bystand van die gemeenskap.
Moontlikheid vir privaat vennootskap vir Meatco - June 29, 2023
Plaaslike berigte lui dat ‘n openbare-privaat vennootskap vir Meatco onder bespreking is. Die kabinet oorweeg tans die maatskappy se herstrukturering en so ‘n vennootskap vorm deel van die gesprek. Die landbouminister Calle Schlettwein het aan plaaslike media bevestig dat hy die idee dat die maatskappy geprivatiseer word verwerp en voorgestel dat 1,7 miljard Namibiese dollar daarin belê word – blykbaar […]
Al gee binnelandse sake toe, Swapo het steeds ‘n gay-huwelikplan - June 29, 2023
Terwyl daar groot opgewondenheid is oor die ministerie van binnelandse sake dat hy voortaan buitelandse burgers in gay-huwelike, ingevolge die Namibiese immigrasiewette wat van toepassing op heteroseksuele huwelike is, sal erken, is daar steeds kommer oor presies wat die Swapo-regering beplan om te doen. Die party het reeds te kenne gegee dat hy opsies oorweeg […]
Noordelike pastoor beskuldig van vier skool-swangerskappe - June 29, 2023
Vier leerders van die Etomba Sekondêre Skool in die Ohangwena-streek sê die Pinksterpastoor in die gebied het hulle swanger gemaak. ‘n Senior tradisionele leier van die Oukwanyama in die gebied, George Nelulu, sê hy het groot kommer oor die rol van kerke en pastore in die gebied. ‘n 19-jarige meisie het aan plaaslike media bevestig dat die pastoor die pa van haar kind is maar, […]
Trump het die dokumente gehou vir een rede – sy ego - June 29, 2023
Die voormalige goewerneur van New Jersey, Chris Christie, wat ook sy naam in die hoed gegooi het vir Republikeinse presidentskandidaat, het met Amerikaanse media gepraat oor die dokumente-saak van sy voormalige baas, Donald Trump. Volgens Christie, het Trump die dokumente gehou vir net een rede… sy ego.
Mkhwebane eis dat voorsitter Dyantyi onttrek - June 29, 2023
Die geskorste Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane sê haar prokureurs gaan nog ‘n dringende aansoek teen die voorsitter van die Artikel 194-komitee, Richard Dyantyi, indien waarin sy eis dat hy onttrek. Sy beskuldig Dyantyi, die ANC-parlementslid Pemmy Majodina en wyle Tina Joemat-Pettersson van omkopery, afpersing en korrupsie. Mkhwebane sê die hele ampsklagproses is onregmatig omdat Dyantyi […]
Unam se saad-ontwikkeling deur Akkerbouraad befonds - June 29, 2023
Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n memorandum van verstandhouding met Unam onderteken om navorsing in verband met saad uit te voer. Die belangrikste aspek van akkerbou is toegang tot bekostigbare saad met ‘n hoë opbrengs en wat aangepas is tot Namibiese toestande – beide grond en klimaat. Amper 3 miljoen Namibiese dollar is tussen 2020 en […]
Titan-stukke, moontlike menslike oorskot gevind - June 29, 2023
Brokstukke van die Titan-onderwatervaartuig is in Newfoundland, Kanada, aan wal gebring. Vyf mense, waaronder twee Britse burgers, is dood toe die OceanGate-duikboot katastrofies ingeplof het tydens ‘n reis na die wrak van die Titanic. Op een foto is ‘n groot wit gebuigde stuk metaal terwyl ‘n ander wrakstuk vol kabels en ander meganiese onderdele is. […]
‘Bidenomics het meer as 13 miljoen werksgeleenthede in 2 jaar geskep’ - June 29, 2023
Die Amerikaanse President Joe Biden het ‘n drie-week lange veldtog afgeskop om sy ekonomiese plan te bevorder. Biden vertoon redelik swak op peilings in die verband met meer as 70 persent van Amerikaners wat meen hy presteer swak op die gebied. Maar hy sê in Chicago Bidenomics werk…
Rugbykampioenskap: Damian is fiks maar Handré is nie - June 29, 2023
Daar is goeie én slegte beseringsnuus uit die Springbokkamp. Damian Willemse is weer fiks, maar ‘n ander losskakel, Handré Pollard, sal waarskynlik nie in die Rugbykampioenskap kan speel nie. Die Bokke berei tans voor vir volgende naweek se openingswedstryd teen Australië in Pretoria. SA Rugby se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, sê al die ander […]