Tennis: Ons Jabeur neem wraak op Wimbledon - July 13, 2023

Tennis: ‘n Nuwe vrouekampioen word Saterdag op Wimbledon gekroon nadat Ons Jabeur wraak geneem het vir haar nederlaag in verlede jaar se eindstryd teen Elena Rybakina van Kazakstan. Die sesde-gekeurde Tunisiër het die derde gekeurde Rybakina op in die halfeindronde op die hoofbaan in drie stelle verslaan met 6-7, 6-4, en 6-1. Jabeur speel teen […]

Read More

Verskille oor herdenkingsdatum van volksmoord - July 12, 2023

Die herdenking van die nasionale Ovaherero- en Nama-volksmoord as openbare vakansiedag was vandag onder bespreking in die parlement. Die leier van Nudo, dr. Ester Muinjangue, het ‘n mosie in die ter tafel gelê om ‘n Volksmoord-monument op te rig en dat die volksmoord herdenk moet word soos al die ander geskiedkundige gebeurtenisse van Namibië. Daar […]

Read More

Busa: Aanvalle op vragmotors nie toevallig - July 12, 2023

Business Unity South Africa veroordeel die onlangse vlaag aanvalle op vragmotors op hoofweë in Suid-Afrika. Minstens 20 vragmotors is tot dusver aangeval. Busa se president, Bonang Mohale, glo die tydsberekening van die aanvalle saam met die tweede herdenking van die onluste in Julie 2021 is nie toevallig nie. Hy het sê die aanvalle het ʼn […]

Read More

China wil twee vuurpyle teen 2030 maan toe stuur - July 12, 2023

China beplan om teen 2030 twee vuurpyle na die maan te stuur. Een sal die ruimtetuig dra wat op die oppervlak sal land, en die ander sal die ruimtevaarders vervoer. ‘n Ingenieur van die China se Bemande Ruimte-agentskap sê beide die vuurpyle sal die maan se wentelbaan binnegaan. Sodra dit twee ruimtetuie gekoppel is, sal […]

Read More

Tennis: Tunisiër Jabeur deur na halfeind in Wimbledon - July 12, 2023

Tennis: Ons Jabeur van Tunisië het die heersende kampioen, Elena Rybakina van Kazakstan, in drie stelle geklop om deur te dring na die halfeindronde van die Wimbledon-toernooi in Londen. Jabeur kom volgende te staan teen Aryna Sabaleka van Belarus, wat Amerikaner Madison Keys in skoon stelle uitgeskakel het. In die ander halfeindstryd-kragmeting sal Elina Svitolina […]

Read More

GirlUP beplan projek in Omaheke - July 12, 2023

GirlUp is tans besig met die beplanning van ‘n inisiatief in die Omaheke-streek om sanitêre doekies aan behoeftige meisies te skenk, veral met die skool wat gaan begin. Uitdagings met ‘n tekort aan sanitêre doekies, veral vir skoolgaande meisies, is alom bekend in Namibië. Duisende skoolmeisies word gedwing om vir ‘n paar dae tuis te […]

Read More

Volksmoord-museum fokuspunt in parlement - July 12, 2023

Namate die debat oor die Nama-Herero-volksmoord-monument vandag die fokuspunt in die Nasionale Vergadering inneem, is voorstelle gemaak vir die datum van herdenking en die ligging van die gedenksentrum of -museum. Joseph Kauandenge van Nudo wie se party hierdie mosie ter tafel gelê het, sê hierdie monument sal baie toeriste lok en het daarom voorgestel dat […]

Read More

Duitse ambassade steun studies van onderwysers in vak Duits - July 12, 2023

Die Duitse ambassade verskaf ‘n beurs van 145 000 Namibiese dollar om die opleiding van onderwysers met die fokus op die vak Duits, te ondersteun. Namibië het ‘n tekort aan gekwalifiseerde en ervare Duitse onderwysers. Die beroep word relatief swak betaal en gevolglik streef baie nie meer daarna om ‘n onderwyser te word nie Boonop […]

Read More

SAPD verhoog sigbaarheid langs hoofpaaie - July 12, 2023

Die Suid-Afrikaanse polisie het hulle sigbaarheid langs hoofroetes verhoog om te voorkom nog vragmotors word aan die brand gesteek. Gereelde patrollies word uitgevoer op hoërisiko-roetes. Die minister van polisie het kennis geneem van die onlangse voorvalle van brandstigting van vragmotors in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Minister Bheki Cele sê die plan van aksie is reeds […]

Read More

Iranse President op ampsbesoek in Afrika - July 12, 2023

Die President van Iran, Ebrahim Raisi is op ‘n ampsbesoek in Afrika. Hy is by die Presidensiële Paleis in Nairobi deur die Keniaanse President, William Ruto verwelkom. Die twee leiers het daarna bilateriale handelsooreenkomste onderteken. Die Iranse leier sal môre met die Zimbabwiese President, Emmerson Mnangagwa in Harare vergader. Hulle sal na verwagting samewerkings-ooreenkomste onderteken […]

Read More