
Hulpskema ontken dat 8 000 Wits-studente nog nie toelae ontvang het nie - July 17, 2023
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente in die buurland sê hy het die verwerking van studentetoelaes versnel. Hy voeg egter by die spoed en omvattende vrystelling van fondse hang deels daarvan af dat relevante en toepaslike inligting oor studenteregistrasie die organisasie betyds bereik. Wits beweer meer as 8 000 studente se toelaes was nie teen verlede Vrydag betaal nie, maar […]
Hofsaak ontbloot weer SME Bank-wanbestuur - July 17, 2023
Die wanbestuur by die nou bankrot SME Bank is weer blootgelê in ‘n hofsaak waar die likwidateurs amper 926 000 dollar by Genius Educational Software en Paulus Iipinge eis. Volgens die stukke, is die maatskappy op 21 Julie 2016, 900 000 Namibiese dollar geleen wat in totaal betaalbaar was ‘n jaar later, op 31 Julie […]
Vloede het miljoene se skade in Cederberg aangerig - July 17, 2023
Die DA in die Wes-Kaap sê die Cederberg Munisipaliteit het groot skade gelei aan infrastruktuur, tydens die onlangse oorstromings. Dit beloop tot dusver 309 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Skade aan kritieke krag- infrastruktuur beloop tans 6 miljoen rand, en skade aan die Citrusdal hoofpad 150 miljoen rand. Anton van Zyl van die DA sê ‘n skadebepaling […]
Hewige kritiek teenoor Mayweather se kommentaar oor Mnangagwa - July 17, 2023
Politieke ontleders in Zimbabwe het hewige kritiek uitgespreek teenoor die afgetrede bokser Floyd Mayweather wat tydens sy besoek aan Zimbabwe landsburgers gevra het om vir President Emmerson Mnangagwa te stem. Mayweather is deur die omstrede sakeman en goudhandelaar Scott Sakupwanya, wat in Al Jazeera se Gold Mafia-ondersoek genoem word, genooi. Mayweather het ‘n Zanu-PF saamtrek […]
Putin waarsku oor trosbomme - July 17, 2023
Die Russiese President Vladimir Putin het gewaarsku sy land het genoeg trosbomme in voorraad en nie sal huiwer om dit teen die Oekraïne te gebruik nie. Dit volg nadat Amerika verlede week trosbomme in Kiëf afgelewer het. Die bomme word in meer as 100 lande verbied, omdat hulle gewoonlik groot getalle kleiner bomme uitskiet wat […]
GOOD Party sê DA het verkiesingsbedrog gepleeg - July 17, 2023
Die GOOD Party in die Wes-Kaap sê hy het skokkende bewyse by die Onafhanklike Verkiesingskommissie ingedien oor die DA se bedrog met kieserregistrasie in George. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die bewyse sluit in ‘n lys name van inwoners in Thembalethu waar daar geen tussentydse verkiesing is nie, en mense wat verkeerdelik as […]
Absa se voorspelling vir slegte skuld wat vererger plaaslik ook in die kol - July 17, 2023
Reaksie word ontvang op berigte uit die buurland wat meen dat slegte skuld stelselmatig sal versleg. Absa sê sy kredietverlies-verhouding, wat beraamde slegte skuld meet, het die groep se teikenspeling oorskry. Die bank beraam dat dit sy kredietverliesspeling vir beraamde slegte skuld tot tussen 1,25 persent en 1,3 persent kan opstoot, wat aansienlik hoër is […]
Moordverhoor van SA-vrou in Nieu-Seeland begin vandag - July 17, 2023
Die verhoor van die Suid-Afrikaanse vrou wat aangekla word dat sy haar drie dogters in Nieu-Seeland vermoor het, begin vandag in die Hooggeregshof in Christchurch, Nieu-Seeland. Lauren Anne Dickason ontken dit was moord en beweer sy was geestelik erg versteurd. Die staatsaanklaer, Andrew McRae, het aan die hof gesê kort nadat Dickason op 15 September […]
Dodetal in Suid-Korea oorstromings staan op 39 - July 17, 2023
Die dodetal ná kitsvloede en modderstortings wat na swaar reën in Suid-Korea voorgekom het, het tot minstens 39 gestyg terwyl nege mense nog vermis word. Reddingswerkers het die naweek die liggame van 13 mense in ‘n oorstroomde tonnel in Osong gevind. Die reën het daartoe gelei dat meer as 10 000 mense hulle huise moes […]
Aussie-vroue behou reeks om die As - July 17, 2023
Australië het die vroue se reeks om die As behou ná ‘n drie-lopie-sege teen Engeland in die tweede eendagwedstryd by die Ageas Bowl in Southampton. Die besoekers het 282 vir sewe in hulle 50 boulbeurte behaal met Ellyse Perry wat 91 daarvan aangeteken het. Nat Sciver-Brunt, wat met ‘n onoorwonne honderd-en-elf van 99 balle spog, […]