Gemarginaliseerde gemeenskappe is net dit, gemarginaliseerd - August 3, 2023

Die parlementêre staande komitee oor grondwetlike en regsake ondersoek op die oomblik die regering se projekte in verband met gemarginaliseerde gemeenskappe. Die komitee was in die Zambezi-streek en het die San-gemeenskappe besoek het Maandag die Waya-Waya San-gemeenskap in die Zambezi-streek besoek met die klem op sake soos onderwys, nasionale dokumentasie, voedselprogramme, toegang tot gesondheid, ontwikkelingsprojekte […]

Read More

DA wil weet of plaasaanvalle en EFF-lied verband hou met mekaar - August 3, 2023

Die DA is diep bekommerd oor die skerp toename in plaasmoorde in Suid-Afrika, sowel as die gevaarlike retoriek wat geweld teen ‘n bepaalde groep in die samelewing aanblaas. Die ANC se versuim om die opruiende uitsprake en plaasaanvalle aan te spreek, toon ’n gebrek aan leierskap in die beskerming van burgers. Die DA doen ’n […]

Read More

Die sensus, sy uitslae en jeugwerkloosheid - August 3, 2023

Die werkloosheid-situasie is ‘n reuse-bron van kommer vir elke Namibiër en dit sluit die Namibiese Statistieke-agentskap in. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni het Namibiërs verseker dat wanneer die agentskap aansoekers vir vakante poste vir die komende nasionale sensus werf, hulle die werkloses sal oorweeg. Die belangrikste is dat hulle mense sal aanstel om in hul eie […]

Read More

N$5,2 miljard in tenders op Namibiese maatskappye bestee - August 3, 2023

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië sê hy het tenders ter waarde van 7 miljard Namibiese dollar in die afgelope vyf jaar bestaan uitgereik. Van die bedrag is 75 persent, of te wel, 5,2 miljard dollar aan maatskappye in 100 persent Namibiese besit toegeken. Intussen sê die raad hy sal ‘n kontantvloei van amper 410 miljoen […]

Read More

SA-weermag moet teen zama-zamas ontplooi word - August 3, 2023

Die DA in Gauteng sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag moet ontplooi word as ondersteuning teen bendegeweld en zama-zamas se onwettige mynbedrywighede. In die jongste voorval in Riverlea is minstens 20 mense na bewering geskiet deur zama-zamas wat in die gebied bedrywig is. Dorianne Arendse van die DA sê premier Panyaza Lesufi moet die kwessie van […]

Read More

Trudeau en sy vrou skei - August 3, 2023

Die Kanadese premier, Justin Trudeau, en sy vrou, Sophie Gregoire, het aangekondig dat hulle uitmekaar gaan ná 18 jaar van getroude lewe. Die egpaar sê dat hulle die besluit geneem het ná baie betekenisvolle en moeilike gesprekke, en hulle versoek privaatheid. ’n Verklaring van die premier se kantoor sê die egpaar het ’n wettige skeidingsooreenkoms […]

Read More

Ramaphosa se krag-askieplan is ‘n mislukking - August 3, 2023

Die DA het uitgevaar teen President Cyril Ramaphosa se elektrisiteit-aksieplan met ‘n sukseskoers van slegs 16 persent oor die afgelope 13 maande. Die plan was daarop gemik om beurtkrag te beëindig en die langtermyn-volhoubaarheid van kragvoorsiening te verseker. Die party sê die kragbeskikbaarheids-faktor van Eskom se huidige opwekking is ook meer as vyf-persent laer as […]

Read More

Regering gekritiseer vir sy droogtehulp-beleid - August 3, 2023

Die raadslid van die Gobabis-kiesafdeling, Augustinus Tebele, het die regering gekritiseer vir hoe hy die nasionale droogtehulp-inisiatief hanteer. Hy sê die regering het nie gekonsulteer voordat hy sy planne vir bystand voorberei het nie. In sy mening moet die regering die kriteria eers na konsultasie met gemeenskappe opstel. Tebele sê meeste van die boere in sy […]

Read More

Gesondheidsowerheid vrygespreek in J&J-entstofsaak - August 3, 2023

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte sê hy is vrygespreek van die oplegging van beperkende voorwaardes op die verkope van Johnson en Johnson-entstof. Die Appèlhof in Bloemfontein het Solidariteit en AfriForum se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys. Die Hooggeregshof in Pretoria het hul aansoek in 2021 van die rol geskrap, met verwysing […]

Read More

Trump se verhoor moet regstreeks uitgesaai word - August 3, 2023

Oudpresident Donald Trump en die gebeure van 6 Januarie bly in die nuus. ‘n Strateeg vir die Demokrate, Nicole Bremer Schmitz is van mening dat die verhoor regstreeks uitgesaai moet word sodat Amerikaners self kan hoor wat gebeur het. Sy meen hulle sal besluit dat hy nie geskik is om die amp van president te […]

Read More