
Hulp nodig met veldbrand by Hochfeld, Steinhausen - August 3, 2023
Dringende hulp is nodig met ‘n veldbrand wat by die C29-pad in die omgewing van Hochfeld en Steinhausen uitgebreek het nadat ‘n padskraper glo die veld aan die brand gesteek het. Die brand is volgens berigte op die plaas van Winnie Metzger. Kosmos 94.1 Nuus het met Marshal Ranger Sean Naude gepraat…
Opod bekommerd oor misdadige polisiebeamptes - August 3, 2023
Die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat in die buurland het sy ernstige kommer uitgespreek oor polisielede wat hulle besig hou met misdadige bedrywighede, insluitend omkopery en afpersing. Die waghond sê al meer sake waar polisielede misdade pleeg, word daagliks aangemeld en dit laat vrae ontstaan oor die aanspreeklikheid en nalatigheid binne wetstoepassing. ‘n Woordvoerder van Opod Robbie Raburabu […]
Ondersoek kom na bootramp langs Griekse kus - August 3, 2023
Die organisasies Amnestie Internationaal en Human Rights Watch het ‘n beroep gedoen vir ‘n volledige en geloofwaardige ondersoek na die voorval in Junie toe honderde mense dood is nadat ‘n boot met migrante langs die kus van Griekeland gesink het. Die organisasies sê die teenstrydige weergawes van gebeure wat deur die Griekse kuswag en oorlewendes […]
Cyril wens Buthelezi spoedige herstel toe - August 3, 2023
President Cyril Ramaphosa het prins Mangosuthu Buthelezi ‘n spoedige herstel toegewens. Die stigter van die Inkhata Vryheidsparty en tradisionele eerste minister van die Zoeloes ondervind gesondheidsprobleme ná ‘n rugoperasie. Buthelezi se gesondheid het weens komplikasies verswak en hy ontvang mediese behandeling vir diabetes en hoë bloeddruk. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa is […]
FlyNamibia se Lüderitz-vlugte sal handel, toerisme bevorder - August 3, 2023
FlyNamibia se amptelike inhuldiging van sy nuwe vlugroete tussen Windhoek en Lüderitz sal na verwagting handel en toerisme bevorder en verdere internasionale beleggings lok, wat ‘n blink toekoms vir Lüderitz aandui. Die burgemeester Benjamin McKay bestempel die roete as ‘n mylpaal vir die Buchter-gemeenskap en die breër sakesektor. Die inhuldiging is bygewoon deur hooggeplaastes soos […]
Agt Kovsie-studente vasgetrek - August 3, 2023
Agt studente is in verband met openbare geweld by die Universiteit van die Vrystaat se Qwaqwa-kampus in hegtenis geneem. Dit volg na hulle Woensdag universiteits-bedrywighede tydens protesoptrede wou ontwrig. Die polisie se hulp is ingeroep om sekerheidspersoneel by te staan. ‘n Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring sê by hul aankoms het ‘n groep studente een van die […]
Brittanje verminder diplomatieke personeel in Niger - August 3, 2023
Brittanje het die jongste land geword wat sy diplomatieke personeel in Niger verminder. Verskeie Westerse lande, insluitend Amerika, het reeds ‘n beroep op hul burgers gedoen om die land te verlaat. Daar word gevrees dat die veiligheidsituasie in die hoofstad Niamey kan versleg omdat Niger vandag sy onafhanklikheid van Frankryk vier. Die Franse ministerie van […]
Rugby: Bokke verwag fisieke aanslag van Pumas - August 3, 2023
Rugby: Die Springbokke het nog net drie opwarmingswedstryde oor voor hulle op 10 September in Marseille, Frankryk, begin met die verdediging van hul Wêreldbeker-kroon. Suid-Afrika speel Saterdag in Buenos Aires teen Argentinië nadat hulle die Pumas naelskraap gewen het in hul laaste Rugbykampioenskaps-wedstryd in Johannesburg. Die Springbokke se span is heeltemal verander, met net twee […]
Gemeenskap trek ma vas wat baba probeer weggooi - August 3, 2023
‘n Voorval van babastorting is pas in die One Nation informele nedersetting in Katutura in die hoofstad aangemeld. Na bewering het die ma probeer om die babaseuntjie in ‘n rivierloop weg te gooi. Gemeenskapslede het die ma gesien, waarna sy die baba agter een van die huise neergesit en hulle haar vasgetrek het. Nooddienste is […]
Cenored se elektrisiteitstariewe styg met 7,6% - August 3, 2023
Cenored het vandag aangekondig dat sy elektrisiteitstariewe met 7,6 persent sal styg, effektief vanaf 1 Julie. Fessor Mbango, die maatskappy se uitvoerende hoof het tydens die aankondiging op Otjiwarongo bevestig dat die Elektrisiteitsbeheerraad Cenored se aansoek goedgekeur het. Cenored verskaf elektrisiteit aan die streke van Omaheke, Otjozondjupa, Kunene en deels Oshikoto. Mbango sê die tariefverhogings […]