
GOOD wil klasaksie-saak teen Kaapstad bring - August 28, 2023
Die GOOD Party sê sy prokureurs is gereed om ‘n klasaksie namens die Stad Kaapstad se inwoners te begin. Die doel is om die stad te dwing om miljoene Suid-Afrikaanse rand terug te betaal wat hy na bewering oor die tydperk van ‘n jaar te veel gevra het. Die Nasionale Energiereguleerder het vir die 2022/2023-boekjaar ‘n tariefverhoging van 7,4 […]
Reaksie op Swapo-jeugliga se haatspraak - August 28, 2023
Tydens die Swapo-jeugliga se openbare lesing oor Heldedag by Swapo se hoofkwartier, is lede van die regerende party, insluitend leiers, hoor sing “moffies, geen moffies, ons wil geen moffies hê nie…”. Die video wat op sosiale media versprei is, het opslae veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Sister Namibia se redakteur, Ethne Mudge, gesels oor die haatspraak.
Vrou verskyn op Otji oor luislangvel - August 28, 2023
Die weeklikse misdaadverslag van die polisie het geen melding gemaak van enige stropery of veediefstal nie maar, het wel berig oor ‘n 19-jarige vrou wat op Otjiwarongo gearresteer is na sy in besit van ‘n luislangvel gevang is. Die polisie sê ‘n spesiale operasie is uitgevoer om die vrou aan te keer. Sy sal na verwagting in die hof op Otjiwarongo […]
Vroue moet sakesektor betree - August 28, 2023
Die voormalige adjunk-president van Suid-Afrika Phumzile Mlambo-Ngcuka het ‘n beroep gedoen op vroue om versperrings te verbreek in gebiede wat deur mans oorheers word. Syfers toon onder al die maatskappye op die JSE, is net 8 persent van die uitvoerende hoofde en 22 persent van die finansiële bestuurshoofde, vroue. Mlambo-Ngcuka sê geslagstransformasie behoort in die ekonomiese sin versterk te word, […]
Britse Museum soek 2 000 vermiste artefakte - August 28, 2023
Die Britse Museum soek 2 000 artefakte wat oor ‘n lang tydperk gesteel is. Die gesteelde items sluit in goue juwele en edelstene, wat dateer uit die 15de eeu vC tot die 19de eeu nC. Die museum-voorsitter, George Osborne, het sy kommer uitgespreek dat die diefstalle die reputasie van die bekende instansie aangetas het en vra beslissende […]
EFF laat regspan Phala Phala-verslag hersien - August 28, 2023
Die EFF-leier Julius Malema het bevestig die party gaan die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag oor Phala Phala op regterlike hersiening neem. Die sentrale bank het bevind geen valutabeheerregulasies is oortree in die transaksie tussen President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo en ‘n Sudannese sakeman wat 20 buffels by hom gekoop het nie. Malema sê daar is duidelik ‘n poging om die misdade by Phala Phala te verberg […]
Net ‘n derde van Rundu-inwoners betaal rekenings - August 28, 2023
Plaaslike media berig dat Rundu se waterrekenking vanaf 76 miljoen Namibiese dollar in September 2019 tot 200 miljoen dollar in Junie vanjaar gestyg het. Onder die redes is dat net ‘n derde van inwoners op die dorp hul waterrekenings betaal en dus kan Rundu nie sy skuld by NamWater vereffen nie. Sam Nekaro, die dorpsraad se finansiële bestuurder sê inwoners op die dorp, wat […]
Cele sê beamptes moet optree wanneer hulle geweld ervaar - August 28, 2023
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie Bheki Cele doen ‘n beroep op polisielede reg oor die land om eerste op te tree wanneer hulle geweld in ooreenstemming met die bedreiging moet gebruik. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die minister het sy kommer uitgespreek omdat 31 polisiebeamptes die afgelope drie maande vermoor is:
Biden betreur rasse-aanval in Florida - August 28, 2023
Amerika se President Joe Biden het die moord op die drie mense in ‘n rasgemotiveerde aanval in Florida veroordeel en sê wit heerskappy het geen plek in Amerika nie. Die 21-jarige Ryan Christopher Palmeter, ‘n wit man, het 11 skote afgevuur op ‘n vrou wat in haar motor in Jacksonville gesit het. Hy het daarna by ‘n winkel ingestap en nog twee mense geskiet […]
Viktor Hovland vat die FedEx-beker - August 28, 2023
Viktor Hovland van Noorweë het na ‘n stryd teen die Amerikaner Xander Schauffele in die laaste ronde die Toerkampioenskap en FedEx-beker-titel by East Lake in Atlanta ingepalm. Die 25-jarige speler het in sy ronde van 63 sewe voëltjies behaal en die week op 27 onder afgesluit. Hy is nou die derde jongste FedEx-beker-kampioen in die geskiedenis. Schauffele moes met die tweede plek tevrede wees met sy landgenoot, Wyndham Clark, derde […]