57 siek na Wêreld Driekamp-reeks - August 8, 2023

Die Britse Gesondheidsekerheid-agentskap het bevestig minstens 57 mense het diarree opgedoen en begin braak nadat hulle in die see geswem het tydens die plaaslike skof van die Wêreld Driekamp-kampioenskapsreeks. Die agentskap sê hy ondersoek die moontlike rede vir die uitbreking. Roetine toetse wat enkele dae voor die kompetisie uitgevoer is, het hoё vlakke van E-coli-bakterieë in die water […]

Read More

Verskeie hoofroetes in hoofstad word opgeknap - August 8, 2023

Stad Windhoek maan daar gaan padwerke op sekere roetes wees vanaf 14 Augustus en dit sal duur tot middel Desember. Die herseëling van strate sluit in Onafhanklikheids-rylaan, tussen Ausspannplatz-sirkel en Etnastraat en ook die hele Hosea Kutako-rylaan. Motoriste en voetgangers moet versigtig wees as hulle van die roetes gebruik gaan maak. Stad Windhoek se woordvoerder Celie Kapolo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.    

Read More

Menzies uitspraak (hopelik) vanoggend - August 8, 2023

Die uitspraak in die dringende aansoek deur Menzies Aviation word vanoggend vroeg, om half-nege verwag. Regter Shafimana Ueitele het dit verlede week uitgestel. Die kwessie handel oor die vraghantering by die lughawe met die tender wat aan Paragon in ‘n gesamentlike onderneming met Ethiopian Airlines toegeken is. Menzies het die hof op ‘n dringende basis […]

Read More

Beleggerswetsontwerp: Werk eerder om self bronne te besit meen ekonoom - August 8, 2023

‘n Plaaslike ekonoom het sy reaksie gegee oor die jongste beleggings-wetsontwerp. Die handelsminister, Lucia Iipumbu sê die nuwe beleggingsbeleid sal ‘n bevorderlike sake-omgewing in Namibië skep om ten volle voordeel te trek in verband met hernubare energieë, om sodoende die ekonomie te laat herleef. Sy meen ook die wetgewing is beleggersvriendelik, maar dit gee amper […]

Read More

Plaaswerkers se minimumloon onder die loep vandag - August 8, 2023

Die Landbouwerkgewers-vereniging en plaaswerkers-vakbonde hou vandag ‘n vergadering by die Namibiese Landbou-unie oor onderhandelinge vir ‘n aanpassing van die minimum loon vir die plaaswerkers. Die basiese loon van ‘n plaaswerker bestaan uit ‘n kontant-loon sowel as rantsoen. Namibiese boere presteer jaar op jaar uiters goed en betaal ver bo die minimumloon wat tans op 1 […]

Read More

Lauren Dickason het moorde met voorbedagte rade gepleeg - August 8, 2023

‘n Kenner is van mening dat die Suid-Afrikaanse vrou Lauren Dickason was nie psigoties toe sy haar drie jong dogters in September 2021 in Nieu-Seeland vermoor het nie, kort nadat die gesin uit Pretoria verhuis het. Dickason het in die hooggeregshof in Christchurch waansin en kindermoord gepleit. ‘n Forensiese psigiater, Simone McLeavey, het getuig sy […]

Read More

Taxigeweld: Kaapstad sal nie onderhandel met geweer teen kop nie - August 8, 2023

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê tensy die geweld stop, kan daar geen verdere onderhandeling met die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die die Wes-Kaap wees nie. ‘n Dooiepunt tussen Santaco en die stad het daartoe gelei dat alle minibustaxidienste reeds Donderdag gestaak is. Dit het twee mense se dood veroorsaak, paaie is versper en wydverspreide […]

Read More

Bots-beperkings op bees-uitvoere moontlik ‘n seën plaaslik - August 8, 2023

Botswana het beperkings op die uitvoer van lewende beeste om sy beeskudde ná elke droogteseisoen te herbou, terwyl Namibië geen beperkings op die uitvoer van lewende beeste het nie.Tussen 2010 en 2022 het Namibië sowat 2,7 miljoen lewende beeste uitgevoer, en Botswana het sowat 2,6 miljoen beeste op die hoef uitgevoer, volgens High Economic Intelligence. […]

Read More

Airlink beskuldig van roofsugtige pryse in Oos-Kaap - August 8, 2023

Die OR Tambo-distrik in die buurland se sakekamer sê Airlink het moontlik mense in die Oos-Kaap uitgebuit met die hoë pryse van vliegtuigkaartjies. Die Mededingingstribunaal hou tans verhore teen die lugredery wat beskuldig word dat hy na bewering buitensporige en roofsugtige pryse gevra het vir vlugte op die Johannesburg-Mthatha-roete. Andile Nontsho van die sakekamer het […]

Read More

Britte verstaan nie die teikens vir nul-uitlatings nie – Sunak - August 8, 2023

Die Britse premier Rishi Sunak sê sy regering het nie ‘n ommekeer op sy nul-uitlatingsteikens gemaak met die lisensies vir eksplorasie in die Noordsee nie. Hy sê Brittanje moet onafhanklik wees met sy energie-behoeftes en werk skep. Die lisensies het groot reaksie uitgelok met verskeie optogte wat gehou is. Sunak sê mense verstaan nie nul-uitlatings […]

Read More