
Geringe daling in moorde in SA - August 18, 2023
Daar is 6 228 mense tussen April en Junie vanjaar in Suid-Afrika vermoor. Die ministerie van polisie en die minister, Bheki Cele, het vandag virtueel voor die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie verskyn. Die moordsyfer het met 196 gevalle gedaal, ‘n geringe afname van 3,1 persent. Poging tot moord-gevalle het met 7 persent toegeneem, terwyl […]
‘Vyandige’ media toegang tot Zim geweier - August 18, 2023
Zimbabwe bly in die nuus met volgende week se verkiesings. Berigte lui dat die land steeds toegang vir buitelandse media verbied. Volgens politieke aktivis Setfree Mafukidze, is dit tipies van die Zanu-PF wat self besluit of ‘n mediahuis ‘vyandig’ teenoor hom is of nie.
Eerste dreigemente in Trump se Georgia-saak - August 18, 2023
Wetstoepassers in die VSA ondersoek dreigemente wat verband hou met oudpresident Donald Trump se ondersoek na inmenging in die verkiesing in Georgia. Dit kom nadat name en adresse van lede van die groot jurie aanlyn geplaas is. Die oorsprong van die plasing moet bepaal word. Twee NBC News-verslaggewers wat oor die groot jurie-voorval geskryf het, […]
SA-dieselprys: Daar gaan inflasie weer… - August 18, 2023
Nes verbruikers effe verligting gekry het met ‘n laer inflasie-syfer van 4,5 persent vir Julie, kom die nuus dat diesel met tot 2 Suid-Afrikaanse rand en 60 sent in September in die buurland kan styg. Die impak daarvan sal uitkring en plaaslike huishoudings raak omdat so baie invoere vanuit die buurland kom. Kosmos 94.1 Nuus […]
Heli-ongeluk: Direktoraathoof sê reëls is oortree - August 18, 2023
Die hoof van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die vervoerministerie, kaptein Magnus Abraham, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die voorlopige verslag van die noodlottige helikopter ongeluk aan die kus. Abraham het bevestig dat dit voorkom asof lugvaart-regulasies oortree is omdat die helikopter vanuit Suid-Afrika na Namibië toe gebring is sonder dat dit lugwaardig […]
Keetmans se groentetuin ‘staan stil’, gemeenskap plunder - August 18, 2023
Die Karas-koördineerder van die Nasionale Jeugraad, Brandy Lufuma, sê die jeug-tuinbouprojek by Keetmanshoop het steeds die potensiaal om werkloosheid en voedselsekerheid in die dorp aan te spreek – sodra dit uitbrei. Die projek is drie jaar terug geloods en het sedertdien geen groei aangeteken nie. Daar is steeds net vier vrywilligers bestuur met kool, spinasie, […]
Bitcoin daal skerp, laagtepunt van twee maande bereik - August 18, 2023
Die kripto-geldeenheid Bitcoin het vandag ‘n nuwe laagtepunt van twee maande bereik met ‘n reuse-daling van 7,2 persent wat Donderdag aangeteken is, die grootse sedert November 2022. Markte is getref deur ‘n vlaag verkope, met Wall Street se hoofindekse wat Donderdag laer gesluit het en Asiatiese aandele op pad na ‘n derde week van verliese, […]
Motocross is in volle swang, groot byeenkoms op Omaruru - August 18, 2023
Die sewende been van Namibiese Nasionale Motocross-byeenkoms word op 26 Augustus in Omaruru op die nuwe WKMX-baan aangebied. Die wedren sal agt kilometer buite Omaruru op die D2328-grondpad oorkant die afdraai van die plaas Kollmitz plaasvind. Phellazie Simon, sekretaresse van die Omaruru Motocross-reëlingskomitee het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dit sal ‘n opwindende […]
Skerp daling in bouplanne, nog waarskuwingsligte vir konskruksie - August 18, 2023
Die jongste bouplanne vir die hoofstad het op ‘n jaargrondslag met amper 74 persent gedaal, volgens die syfers wat vir Julie bekend gemaak is. Die makelaarsfirma Simonis Storm sê vraag in die konstruksiesektor is op die oomblik baie laag wat moontlik aangedryf word deur die hoër rentekoers. Wanneer die sektor swak presteer is dit ‘n […]
Saftu sê nee vir wysigings aan elektrisiteitsregulasies - August 18, 2023
Saftu in Suid-Afrika het ‘n voorlegging aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Minerale Hulpbronne en Energie gedoen, waarin hy gedeeltes van die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering teenstaan. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle is gekant teen dele van die wetsontwerp wat die mark vir elektrisiteitsopwekking radikaal sal liberaliseer, en die privatisering van die elektrisiteitsopwekking sal […]