Eskom ly reuse-verliese weens georganiseerde misdaad - July 23, 2023

Eskom sê hy ly miljarde Suid-Afrikaanse rand se verliese weens wanbesteding, vervalsing en ander. Dit volg nadat die elektrisiteits-voorsiener bekend gemaak het dat ‘n senior skof-toesighouer van die maatskappy, sowel as ‘n tenkwa-bestuurder by die Matla-kragstasie, in verband met beweerde bedrog en diefstal in hegtenis geneem is. Volgens Eskom het hy inligting ontvang dat sommige […]

Read More

Hittegolf-toestande duur voort in suide van Europa - July 23, 2023

Die hittegolf-toestande in die suide van Europa en dele van Amerika duur voort. Rekord-temperature van hoër as 40 grade Celsius kom op verskeie plekke voor, en bekende toeriste-bestemmings sluit oor die warmste tyd van die dag om besoekers te beskerm. Wetenskaplikes van die Wêreld-Meteorologiese Organisasie, sê toestande is ongewoon, maar hulle stel ondersoek in of […]

Read More

Sokker: Swede breek Banyana Banayna se harte - July 23, 2023

Sokker: Die magtige Sweedse vrouespan het Banyana Banyana met 2-1 in die Wêreldbeker-kragmeting in Wellington in Nieu-Seeland geklop. Die rustyd-telling was nul-elk. Die Suid-Afrikaners het in die 48ste minuut ‘n 1-0 voorsprong gehad toe Hilda Magaia die eerste doel geskop het. Doele van Swede se Fridolina Rolfo en Amanda Ilestedt in die 90ste minuut het […]

Read More

Kommer oor hoë tariewe in lugvaartbedryf - July 23, 2023

Nog reaksie volg op die goeie nuus van die Namibiese Lughawensmaatskappy dat verskeie internasionale lugrederye beplan om na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te vlieg, maar daar is kommer oor die hoë tariewe in lugvaart. Die lugrederye sluit in Zambia Airways, Edelweiss en KLM. Volgens Bisey/Uirab, uitvoerende hoof van die maatskappy, sal Edelweiss en KLM […]

Read More

Die aarde skud weer by Boksburg - July 23, 2023

Die geowetenskaplike raad in die buurland het bevestig dat ‘n aardskudding met ‘n meting van 2,98 Saterdagaand in Boksburg in Ekurhuleni voorgekom het. Die episentrum was sowat twee kilometer suid van die Harmony Doornkop-goudmyn. Die Johannesburgse nooddienste sê geen ernstige skade of beserings is aangemeld nie, maar hulle bly op ‘n gereedheidsgrondslag. Dit volg nadat […]

Read More

Odesa gepeper met Russiese missiel-aanvalle - July 23, 2023

Minstens een persoon is dood en 19 is beseer in die jongste Russiese missiel-aanvalle op die Oekraïnse hawestad, Odesa. Die streeks-goewerneur, Oleh Kiper sê 14 mense word in hospitale behandel, insluitend vier kinders. Ses residensiële geboue is volgens berigte vernietig en ‘n geskiedkundige ortodokse katedraal het ernstige skade opgedoen. Rusland voer bykans daagliks lugaanvalle op […]

Read More

Krieket: Nóg slegte weer by As-reeks voorspel - July 23, 2023

Krieket: Joe Root van Engeland het daarin geslaag om die paaltjie van die Australiër Marnus Labuschagne Saterdag te midde van ontwrigtende reën te neem, maar hulle hoop om die As is steeds in die weegskaal, op die laaste dag van die vierde toets. Slegs 30 boulbeurte kon Saterdag op Old Trafford voltooi word. Labuschagne se […]

Read More

Egpaar by lodge buite Kamanjab deur gewapende rowers aangeval - July 23, 2023

Die eienaars van Ann’s Lodge en -Kampeerterrein, geleë sowat 1,25 kilometer wes van Kamanjab, is deur drie gewapende rowers aangeval, aangerand en beroof. Die rowers het glo die heining geknip, met ’n bandhefboom die staal-agterdeur oopgebreek en so toegang tot die huis gekry. Hulle het die egpaar in hul slaapkamer met pistole oorval waar hulle […]

Read More

Kind steeds vermis na Jozi-ontploffing - July 23, 2023

Die Johannesburgse nooddienste sê hulle soek nog na ‘n kind wat as vermis aangemeld is, ná die ontploffing wat Woensdag groot skade in die Johannesburgse middestad aangerig het. Dit is steeds nie duidelik watter tipe gas die ondergrondse ontploffing veroorsaak het nie. ‘n Woordvoerder van die brand- en reddingsdienste, Fana Mnguni sê hulle werk saam […]

Read More

Duisende vlug van brande van Griekse eiland Rhodos - July 23, 2023

Duisende mense moes uit huise en hotelle op die Griekse eiland Rhodos vlug terwyl veld- en bosbrande op groot dele van die eiland woed. Meer as 3 500 mense moes na veiliger plekke verskuif word en drie hotelle in die Kiotari-gebied is volgens berigte deur ‘n brand beskadig. Die eiland sukkel sedert Dinsdag om die […]

Read More