Kyle Johnson kom 3de by Afrika Gholf-federasie Streek 5-toernooiMay 19, 2025
Kyle Johnson het die beste presteer van die Namibiese kontingent by die Afrika Gholf-federasie Streek 5-toernooi in Botswana, en die algehele derde plek beklink. Die toernooi by die Stanbic Bank Gaborone Gholfklub het bestaan uit drie rondtes, waarin spanne van Namibië, Botswana, Zambië, Eswatini, Zimbabwe, Malawi, Lesotho en Suid-Afrika sake uitgespook het. Namibië het vierde geëindig op die spanne punteleer na Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe. Johnson het ‘n totaal van 4-onder-baansyfer 209 behaal, agter die wenner, Suid-Afrika se Astin Wade Arthur, en Zimbabwe se Keegan Shutt. Henry Mudge het die negende plek gedeel op 219, terwyl spankaptein Brendan Britten 21ste was op 234 en internasionale debutant Jackson Kawaya, die 22ste plek gedeel het met 236.