
Moody’s gee afgraderings vir VSA-banke - August 8, 2023
Moody’s het die kredietgraderings van verskeie klein tot mediumgrote Amerikaanse banke verlaag en sê hy kan moontlik van die land se grootste leners afgradeer. Die agentskap waarsku dat die sektor waarskynlik getoets sal word deur finansieringsrisiko’s en swakker winsgewendheid. Moody’s het die graderings van tien banke met een kerf gesny en ses bankreuse op ‘n […]
Bakterie wat malaria-parasiet in muskiete verhoed, gevind - August 8, 2023
Daar is moontlike goeie nuus vir die behandeling van malaria. Wetenskaplikes het per abuis op ‘n bakterie afgekom wat verhoed dat die malaria-parasiet in die muskiet ontwikkel. Op die oomblik word proewe in Spanje uitgevoer. Dr. Richard Kamwi, oud-gesondheidsminister en Namibiese verteenwoordiger van die Elimin8 Malaria-veldtog sê die nuus is verblydend.
Ons weer is ook vreemd – daar word môre reën voorspel - August 8, 2023
Dat weerpatrone vreemd voorkom regoor die wêreld is ‘n feit soos ‘n koei maar, nou sê die Namibiese weerkantoor dat daar voorspellings vir reën is môre. Volgens weerman Richard Nashikaku sal die Karas- en Hardap-streke geraak word sowel as dele van Erongo en Khomas.
Menzies verloor hofaansoek, geen verligting tydens hersiening nie - August 8, 2023
Dit is onbekend wat van vraghantering op Hosea Kutako Internasionale Lughawe sal word. Regter Shafimana Ueitele het vanoggend ten gunste van Paragon en Ethiopian Airlines bevind en Menzies se aansoek vir verligting tot sy ander aansoek, om die toekenning van die tender te hersien en ter syde te stel, van die hand gewys. Ueitele het wel bevind […]
Repokoers: BoN sê volgende week, ekonoom voorspel - August 8, 2023
‘n Ekonomiese ontleder sê met Namibiese inflasiesyfers wat tans op 5,3 persent staan, is daar konsensus dat inflasie na verwagting tot onder 5 persent sal daal. Dit is volgens die kenner ‘n aanduiding wat die Bank van Namibië volgende week met die repokoers al doen. Arney Tjaronda, ‘n ekonomiese ontleder by High Economic Intelligence het […]
Ekonomiese vooruitsigte lyk nie sleg nie, maar o wee, die beleid… - August 8, 2023
Cirrus in die hoofstad sê terwyl Namibië se ekonomiese vooruitsigte oor die algemeen optimisties is, is beleid ‘n sleutel-risiko. Die makelaars sê daar is verbeterde sentiment en groei in verskeie sektore maar, die raamwerk vir veral beleggings, wat op die oomblik in die nuus is, wek kommer. Kosmos 94.1 Nuus het met Robert McGregor van […]
Aktiviste vaar uit teen sportnutsvoertuie, na 2 kinders dood is - August 8, 2023
‘n Britse groep wat hulself die Tyre Extinguishers noem, sê hulle het tientalle Land Rovers se bande stukkend gesny by ‘n handelaar in Engeland nadat ʼn voertuig in Wimbledon in ‘n skool vasgery en twee kinders se dood veroorsaak het. Nuria Sajjad en Selena Lau, albei agt, is doodgery en verskeie kinders beseer toe die […]
N$2 miljard nodig om Telecom se planne uit te rol - August 8, 2023
Daar word berig dat Telecom Namibia 2 miljard Nambiiese dollar nodig het om sy sakeplan te finansier. Volgens die uitvoerende hoof, Stanley Shanapinda, sal die plan, wat oor vyf jaar uitgerol sal word, die maatskappy meer kompeterend maak. Hy het bevestig dat die eerste fase, om 700 basis-stasies op te rig, 400 miljoen dollar sal kos. Daar is tans 300 regoor die land. […]
Pleidooi vir Santaco om weer te onderhandel in die Wes-Kaap - August 8, 2023
ActionSA in die Wes-Kaap doen ‘n ernstige oproep op die provinsiale leierskap van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad, Santaco, om terug te keer na die onderhandelingstafel, sodat die gewelddadige staking kan eindig. Die staking is hoofsaaklik teen die Stad Kaapstad se nuwe ordonnasies gemik, wat daartoe gelei het dat groot getalle taxi’s geskut is. Michelle Wasserman van ActionSA sê die inwoners is die slagoffers […]
Trump wil meer kan sê oor sy 6 Januarie-saak - August 8, 2023
Oudpresident Donald Trump van Amerika se regspan het minder beperkings voorgestel op die maniere waarop hy in die openbaar bewyse kan deel in verband met sy saak oor inmenging by die verkiesing. Trump is verlede week in ‘n federale hof aangekla oor sy pogings om aan bewind te bly nadat hy die verkiesing verloor het. Sy […]