
Tenders vir verskaffing van toerusting vir oes van Prosopis sluit binnekort - August 8, 2023
‘n Groot projek vir die oes en benutting van Prosopisbome sal in die suide van die land van stapel gestuur word. Orasecom se tenders vir die verskaffing en lewering van toerusting vir die oes van Prosopis-produkte by vier gebiede in die /Ai //Ais Nasionale park, sowel as by Dreihuk, Gibeon en Mariental, sluit op 14 […]
Saak teen Thabo Bester en medebeskuldigdes tot Oktober uitgestel - August 8, 2023
Die saak teen die Facebook-verkragter en veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, en sy medebeskuldigdes is tot 11 Oktober uitgestel. Bester se regsverteenwoordiger, Kabelo Matee, het aan die landdroshof in Bloemfontein gesê sy kliënt ontvang steeds slegte behandeling in die Kgosi Mampuru-korrektiewe sentrum aangesien hy steeds geboei is terwyl hy 23 uur per dag in sy sel […]
Rugby: Springbokspan vir Wêreldbeker bekend - August 8, 2023
Rugby: Die Springbok-span van 33 spelers vir die Wêreldbeker in Frankryk is bekendgemaak. Die Springbokke wil die Wêreldbeker-trofee vir die vierde keer inpalm. Kaptein Siya Kolisie sal die Bokke aanvoer. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, maak die span bekend…
DA daag trae korrupsie-optrede by Tembisa-hospitaal uit - August 8, 2023
Die DA in Gauteng sê hy gaan premier Panyaza Lesufi konfronteer oor waarom tien personeellede by die Tembisa-hospitaal steeds werk, ten spyte van ‘n aanbeveling deur die Spesiale Ondersoekeenheid dat daar teen hulle opgetree word oor die toekenning van onreëlmatige kontrakte aan bedrieglike maatskappye. Jack Bloom van die DA sê die gesloer in die saak […]
Vermeende pedofiel se regshulp-prokureur onttrek - August 8, 2023
Die prokureur van die vermeende pedofiel, die 52-jarige Johan Maree, het homself onttrek om die beskuldigde te verteenwoordig. Die staat se regshulp-prokureur Tuna Nhinda het aan regter Philanda Christiaan gesê hy het nie die volledige dossier van die staat ontvang nie en Maree se instruksies is onhoudbaar. Die verhoor van die voormalige polisieman het Maandag […]
Kaapse premier vra vir kalmte tydens onderhandelings - August 8, 2023
Premier Alan Winde is tydens ‘n vergadering van die Wes-Kaapse kabinet op die hoogte gebring van die voortslepende staking deur minibus-taxibestuurders. Winde sê sedert die begin van die staking Donderdag het dit steeds ‘n beduidende uitwerking op die verskaffing van noodsaaklike dienste, insluitende gesondheidsorg en onderwys in die Stad Kaapstad. Winde het ook bevestig die […]
Suid-Korea ontruim duisende tieners by Wêreld-padvinderskamp weens tifoon - August 8, 2023
Suid-Korea het begin om duisende tieners by die Wêreldpadvinder-saamtrek in die suidweste van die land na veiligheid te neem, terwyl die tifoon Khanun na die gebied onderweg is. Die sowat 36 000 tieners word van die kampterrein na veiliger gebiede rondom die hoofstad Seoul verskuif. Dit is die jongste terugslag vir die tien daagse saamtrek […]
Krieket: Steve Smith is aanvangskolwer in T20 teen SA - August 8, 2023
Krieket: Die veteraan, Steve Smith, sal Australië se aanvangskolwer wees in die T20-reeks in Suid-Afrika, wat op 30 Augustus in Durban begin. Dit volg nadat hy onlangs vir die Sydney Sixers in die Big Bash-liga geopen het. Die Proteas en die Aussies sal mekaar in drie T20’s en vyf eendagwedstryde pak, met Mitchell Marsh wat […]
Reaksie op Menzies wat in die hof verloor - August 8, 2023
Reaksie word ontvang op regter Shafimana Ueitele se beslissing ten gunste van Paragon en Ethiopian Airlines bevind en Menzies se aansoek vir verligting tot sy ander aansoek, om die toekenning van die tender te hersien en ter syde te stel, wat hy van die hand gewys het. Daar is vrese vir verdere ontwrigting van vragvervoer […]
Saftu veroordeel taxi-geweld - August 8, 2023
Die vakbondfederasie Saftu sê hy ondersteun die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad se griewe teen die Stad Kaapstad, en veroordeel bevooroordeelde teistering, onregverdige boetes en die skut van taxi’s. Die federasie steun die staking vir billike behandeling, maar veroordeel ten sterkste die daaropvolgende geweldpleging, insluitend die afbrand van busse en aanvalle op privaat voertuie. Saftu se woordvoerder, […]