Djokovic, Gauff seëvier in Cincinnati - August 21, 2023

Die wêreld se nommer twee, Novak Djokovic, het die wêreld se nommer een, Carlos Alcaraz van Spanje, in ‘n riller van drie stelle verslaan om die Cincinnati Ope te wen. Die Serwiër het ‘n kampioenskapspunt afgeweer op pad na sy oorwinning van 5-7, 7-6 en 7-6. Hy het daarmee sy rekord  tot 39 ATP Meesters 1000-titels vergroot  en die 95ste enkelspel-titel […]

Read More

Indy kry nog ‘n noenoe na hom vernoem, die keer ‘n slang - August 21, 2023

Wetenskaplikes wat ‘n nuwe slangspesie in Peru ontdek en dit na die Hollywood-akteur, Harrison Ford, vernoem het, sê dit help om bewustheid te verhoog oor hoeveel plante en diere nog ontdek moet word. Die slang se naam is Tachymenoides harrisonfordi. Hul wedervaringe in die Suid-Amerikaanse oerwoud herinner ook aan die beroemde flieks van die aksieheld, Indiana Jones. Indy het ‘n groot weersin aan slange, […]

Read More

Menzies ondermyn regbank, maatskappy moet waai! - August 21, 2023

Die raadsvoorsitter van die Namibiese Lughawensmaatskappy, dr. Leake Hangala, beskryf die gedrag van die vraghanteringsmaatskappy Menzies Aviation as pure arrogansie. Dit volg nadat hulle deur die lughawensmaatskappy by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgesit is. Menzies het hulle weer tot die Windhoekse hoërhof gewend en ‘n dringende aansoek Saterdag gebring met die saak wat tot […]

Read More

Nampol-ondersoek na Okh-skietery nog nie voltooi nie - August 21, 2023

Plaaslike media berig dat tot dusver is nie een polisiebeampte geskors na die April-skietery op Okahandja waar vyf vermeende rowers dood is nie. Volgens die Engelse dagblad, The Namibian, sê Nampol se woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, die ondersoek is 80 persent voltooi. Daar word blykbaar gewag op verslae van al die rolspelers. Die adjunkhoof van […]

Read More

Drie Swazi’s vas vir onverklaarde kontant op Aroab - August 21, 2023

Op Aroab sê die Namibiese polisie dat drie burgers van Eswatini by die Klein Menasse-grenspos gearresteer is. Die drie, 32, 42, 43 jaar oud, het 111 800 Suid-Afrikaanse rand, in 200-randnote, in hul besit gehad wat nie verklaar is nie. Die kontant was ook versteek en die drie kon nie ‘n redelike verduideliking verskaf oor […]

Read More

Uitbreiding van Brics kry wyd ondersteuning - August 21, 2023

President Cyril Ramaphosa sê hy ondersteun die uitbreiding van die lidmaatskap van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika. Die 15de Brics-beraad word vanaf môre tot Donderdag in Johannesburg aangebied. Ramaphosa sê meer as 20 lande van die Midde-Ooste tot in Suid-Amerika het amptelik aansoek gedoen om by Brics aan te sluit en talle ander toon […]

Read More

Sindikaatlid met 153 iPhones in Jhb-middestad gevind - August 21, 2023

Die Gautengse polisie stel ondersoek in na ‘n selfoonroofsindikaat in Johannesburg na ‘n 25-jarige man aangekeer is vir die besit van 153 iPhone-selfone in ‘n woonstel in die middestad. Die Johannesburgse Metropolisie se geheime reaksie-eenheid het ‘n klagte ontvang oor ‘n eienaar wie se iPhone in ‘n gewapende roof gesteel is. Die woordvoerder van die […]

Read More

HKIA: Qatar het vlugte hervat, Eurowings wag nog – hofaansoek vandag - August 21, 2023

Na aanleiding van die drama wat die naweek by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe afgespeel het nadat Menzies Aviation se verskaffing van die vrag- en grondhanteringsdienste deur die Namibiese Lughawensmaatskappy opgeskort en met Paragon Aviation vervang is, het sommige internasionale lugrederye weer hul vlugte Sondag hervat. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati, woordvoerder van […]

Read More

Strikke en stropery weer op misdaadverslag - August 21, 2023

‘n Namibiese man verskyn vandag in die landdroshof op Otjiwarongo nadat hy in die Kombat-omgewing glo strikke naby ‘n waterpunt gestel het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het hy een duiker en een ystervark in die strikke gevang. Nog twee Namibiese mans verskyn vandag in die hof nadat hulle op die plaas Kenilworth in […]

Read More

Brics hou groot voordele vir Suid-Afrikaners in - August 21, 2023

President Cyril Ramaphosa sê die beraad tussen Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika word gehou terwyl die wêreld deur fundamentele uitdagings in die gesig gestaar word, wat die rigting van internasionale gebeure nog vir jare gaan bepaal. Die president het die buurland toegespreek in aanloop tot die 15de Brics-beraad wat van môre tot Donderdag in […]

Read More