
Rossmund-veiling misluk weer, reserweprys te hoog - September 7, 2023
Die tweede veiling om die Rossmund-gholflandgoed te verkoop het misluk. Volgens wat berig word, was die reserweprys te hoog. Die landgoed word op instruksie van die hoërhof reël 108-bevel opgeveil na ‘n aansoek deur die Ontwikkelingsbank van Namibië oor amper 20 miljoen Namibiese dollar in skuld. ‘n Veiling in April het ‘n aanbod van 24 […]
Nanso eis verwydering van skoolhoof in Khomasdal - September 7, 2023
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, hou môreoggend om sewe-uur ‘n vreedsame protes by Cosmos Hoërskool in Khomasdal. Volgens Dorothea Nangolo van die organisasie, is daar berigte dat die skoolhoof kinders aanrand en dat sekuriteitswagte die kinders aanhou met die gebruik van wapens…
SA-landbou vertoon uiters goed, 13% groei in uitvoere - September 7, 2023
Die Suid-Afrikaanse minister van landbou, Thoko Didiza, het die landbousektor in die buurland geloof vir sy goeie ekonomiese prestasie in die tweede kwartaal van die jaar. Die sektor het met 4,2 persent gegroei en 60,2 miljard Suid-Afrikaanse rand in uitvoere verdien. Haar woordvoerder Reggie Ngcobo sê die waarde van uitvoere het met 13 persent gegroei.
DBV lê klag oor video waar Malema koei 11 keer met ‘n mes steek - September 7, 2023
Die DBV het ‘n strafregtelike klagte van dieremishandeling teen die leier van die EFF, Julius Malema, by die Magaliesburgse polisiestasie in Gauteng aanhangig gemaak. Dit volg op die verskyning van ‘n video waarin hy sukkel om ‘n koei te slag tydens die party se tiende verjaarsdagviering in Julie. Die koei was by haar volle positiewe […]
Top-sjefs vanaand vereer - September 7, 2023
Die Namibië Sjefsvereniging bied vanaand, om ses-uur, sy prysuitdeling vir die 2023 Sjef van die Jaar-kompetisie. Dit vind by die Silverspoon Hospitality-akademie in die hoofstad plaas. Daar was drie kategorieë deelnemers – skolesjefs, junior sjefs, jonger as 25, en senior sjefs. Die kompetisie het op 5 en 6 September by Silverspoon Hospitality Academy plaasgevind. Die president van die vereniging Philip Klynsmith het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Daar is spesifieke uitdagings met vervaardiging in Namibië - September 7, 2023
Reaksie word ontvang op die reuse-handelstekort in Julie. Dit het tot by 3,7 miljard Namibiese dollar gestyg, die hoogste sedert Julie 2019. Namibië bly ‘n netto invoerder en daarom die tekort. Daar vind nie genoeg plaaslike vervaardiging plaas nie en min verwerkte produkte word uitgevoer. Die voormalige uitvoerende hoof van die Namibiese Vervaardigersvereniging, Hennie Fourie, het met Kosmos 94.1 Nuus […]
Voorafbetaalde krag is volhoubare besluit - September 7, 2023
Die Elektrisiteitsbeheerraad ondersteun NamPower se pogings om voorafbetaalde grootmaatmeters aan verskeie plaaslike elektrisiteitsverspreiders en ander kliënte bekend te stel. Die stap word as volhoubaar beskryf. Die aanlyn-publikasie, The Brief berig dat die uitvoerende hoof van die raad, Robert Kahimise, sê die stelsel sal NamPower toelaat om sy reuse-skuldlas te verminder. Die kragvoorsiener poog om teen Julie 2025 alle verspreiders op voorafbetaalde stelsels te hê en het […]
NSFAF het 81% van die wat skuld opgespoor - September 7, 2023
Die Namibiese Studente-hulpfonds het in Maart meer as 9 miljard Namibiese dollar in uitstaande skuld van 132 000 begunstigdes gehad. Daar word hard gewerk om die fondse in te samel en 81 persent van begunstigdes is reeds opgespoor. David Nathinge van die fonds het die jongste…
Drie top-spelers sluit by Warriors aan in Johannesburg - September 7, 2023
Namibië se internasionaal-gebaseerde spelers Petrus Shitembi, Ambrosius Petrus en Prins Tjiueza het by die Brave Warriors oefenkamp in Johannesburg aangesluit voor hul vriendskaplike wedstryd Saterdag teen Suid-Afrika. Die twee spanne pak mekaar om drie-uur in die Orlando-stadion. Collin Benjamin, die hoofafrigter van die senior manspan, sê Deon Hotto, wat in Suid-Afrika professioneel speel is ook terug in die span.
Alweendo sê meer as 10% plaaslike aandeelhouding in olie is moontlik, maar… - September 7, 2023
Daar is vrae oor die aandeelhouding van Namcor, namens die Namibiese regering, in olie-eksplorasie en natuurlike hulpbron-ontginning in die land. Op die oomblik het Namcor 10 persent aandeelhouding in alle projekte – maar hy dra geen finansiële verantwoordelikheid vir die projekte nie. Die minister van myne en energie, Tom Alweendo sê dit is moontlik om […]