Opleiding kan klimaatuitdagings help aanspreek - September 7, 2023

Die vise-president Nangolo Mbumba is pas terug vanaf Nairobi, Kenia waar hy en landbouminister Calle Schlettwein die Afrika Klimaatberaad bygewoon het. Mbumba sê een belangrike oplossing vir klimaatuitdagings is opleiding.

Read More

Sassa se probleem opgelos, begunstigdes het weer toegang tot fondse - September 7, 2023

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid sê ‘n tegniese probleem in die Posbank se betalingstelsel wat kort-kort voorgekom het, is opgelos. Die probleem het duisende pensioenarisse sonder hulle toelaes gelaat. Die ontvangers kon nie by kleinhandelaars en kitsbanke toegang tot hul geld kry nie. Sassa se woordvoerder, Paseka Letsatsi sê hulle vra verskoning vir die […]

Read More

Rusland sal binnekort sy beloofde graan aan Afrika stuur - September 7, 2023

Rusland is gereed om groot, gratis besendings graan na verskeie lande in Afrika te stuur. Die land se adjunkminister van Buitelandse Sake, Alexander Grushko, sê alle ooreenkomste is nou in werking gestel om met hierdie noodsaaklike bystand te begin. Turkye het glo in beginsel ingestem om ‘n deurslaggewende rol in die proses te speel deur […]

Read More

Amerikaanse dollar versterk, en behoort so aan te hou - September 7, 2023

Die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en Amerikaanse dollar vertoon power. Op die oomblik verhandel die rand rondom 19,20 teen die Amerikaanse geldeenheid. Die dollar het in die afgelope week met 4 persent versterk en dit wil voorkom as die eenheid op die trajek sal bly, soos ekonoom Dawie Roodt verduidelik.

Read More

NaTIS sê bedrogspul is nie sy werknemers nie - September 7, 2023

Kosmos 94.1 verneem van verskeie luisteraars dat daar moontlike bedrog is by die NaTIS-kantoor in die hoofstad. ‘n Dag na leerlingbestuurders hul rybewys-toets gedruip het, word hulle gekontak deur iemand wat hom voordoen as ‘n NaTIS-werknemer wat dan aanbied om die toets as geslaag te registreer indien daar ‘n betaling van tot 5 000 Namibiese dollar gedoen […]

Read More

Graad 9-leeering, 19, vas vir babastorting - September 7, 2023

‘n 19-jarige Namibiese vrou is naby Omuthiya in hegtenis geneem nadat sy geboorte geskenk het aan ‘n babaseuntjie en hom na bewering langs haar slaapkamer begrawe het. Die vrou is ‘n graad 9 leerling. Die polisie sê haar ouers was bewus van haar swangerskap en dit is hoe die oorskot van die baba gevind is. Terwyl die mag […]

Read More

Rooilyn: Omvattende oplossings moet gevind word - September 7, 2023

Die sogenaamde rooilyn bly plaaslik in die nuus. Daar word beaam dat boere in die noordelike kommunale gebiede uitgesluit word van oorsese markte alhoewel daar wel uitvoere na die Midde-Ooste en ander Afrikalande plaasvind. Daar is eise dat die rooilyn verwyder word maar, op sy beurt is daar kommer oor die sogenaamde kommersiële gebied. Die […]

Read More

Waaroor stres Bruce so? - September 7, 2023

Die veteraanrocker Bruce Springsteen het agt konserte met sy E Street Bank onbepaald uitgestel. Hy ly volgens berigte aan maagsere. Die 73-jarige Springsteen het belowe om die gekanselleerde optredes te herskeduleer. Die eerste konsert sou vanaand in New York plaasgevind het. Hy het verlede week se konsert in Philadelphia vroeër gekanselleer. Hy het op sy sosiale media platforms gesê nuwe datums sal gekommunikeer […]

Read More

Hou op om na jou party te kyk, kyk na die mense - September 7, 2023

Stad Windhoek het samewerkings-ooreenkomste met verskeie plaaslike owerhede regoor die land onderteken. Die doelwit is beter samewerking en koördinering van aktiwiteite en die implementering van aksieplanne. Die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het die raadslede toegespreek en hulle gemaan om ekonomiese ontwikkeling as prioriteit te stel.  

Read More

AgriSA staan veldbrand-boere by - September 7, 2023

AgriSA se Ramphulpstigting sê hy gaan geld skenk aan Vrystaat Landbou en Agri Noordwes, om by te dra tot die noodlenigingspoging vir die landbousektor. Die aankondiging is gemaak teen die agtergrond van verwoestende veldbrande in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap wat ‘n gebied van meer as 400 000 hektaar raak. AgriSA sê die brande wat […]

Read More