
Borsgesondheidsindaba skop ‘Pink October’ af - October 2, 2023
Borskanker bly ‘n ernstige gesondheidskwessie in Namibië. Meer as 540 nuwe gevalle word histories jaarliks aangeteken, maar hierdie getal sal drasties toeneem sedert die bekendstelling van die “Borskliniek”-inisiatief deur die mediese spanne by die Dr AB May Kankersorgsentrum, saam met die Kankervereniging van Namibië. Om gevorderde borskanker en metastatiese borskanker aan te spreek, borg die […]
Regering moet help met hoë brandstofprys - October 2, 2023
Cosatu het ernstige kommer uitgespreek oor die skerp styging in brandstof- en lampolie-pryse, met verwysing na die potensiële uitwerking daarvan op die sukkelende ekonomie en die werkersklas. Hy het ‘n beroep op die regering gedoen om daadwerklik in te gryp, aangesien die brandstofprys-verhoging tot hoër inflasie en hoër rentekoerse kan lei, wat die finansiële swaarkry […]
Twee wetenskaplikes kry Nobelprys vir hul Covid-19 entstof - October 2, 2023
Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde is toegeken aan twee wetenskaplikes wat die tegnologie ontwikkel het wat gelei het tot die mRNA Covid-19-entstof. Katalin Kariko en Drew Weissman sal die prys deel. Die tegnologie was voor die pandemie in die ontwikkelingstadium, maar is nou aan miljoene mense regoor die wêreld gegee. Dieselfde mRNA-tegnologie word tans […]
Am vervang beseerde Mapimpi by Wêreldbeker - October 2, 2023
Rugby: Die Springbokke bevestig die senter, Lukhanyo Am, vervang die beseerde vleuel, Makazole Mapimpi, in hulle groep by die Wêreldbeker in Frankryk. Mapimpi het sy wangbeen gekraak tydens die Springbokke se oorwinning van 49-18 Sondag teen Tonga. Am het die beker in 2019 saam met Suid-Afrika gewen en was verantwoordelik vir die laaste aangee na […]
Vele afwesige pa’s betaal steeds nie onderhoud - October 2, 2023
In 2019 sou die opdraande stryd van baie enkelouers wat veg vir kinderondersteuning deur onderhoudshowe aansienlik verlig word met die aanstelling van tien onderhouds-ondersoekers in nege dorpe deur die justisie-ministerie. Tot dusver sukkel enkelma’s steeds om hul kinders te onderhou weens ‘n gebrek aan betaling van die afwesige pa. Volgens die ministerie is altesaam 3 […]
Rekords spat op nasionale swemkampioenskap - October 2, 2023
Twee-en-twintig nasionale rekords het gespat in die Namibië watersport-federasie se jaarlikse nasionale kortbaan-swemkampioenskap wat van Donderdag tot Sondag by The Cube in Swakopmund aangebied is. Plaaslike swem-klubs het die toneel oorheers, terwyl swemmers van Suid-Afrika, Zambië en Angola ook deelgeneem het. Dolphins swem-klub van Windhoek en Aqua swem-klub van Swakopmund was baas in die aflosse […]
Damvlakke neig steeds laer - October 2, 2023
Volgens NamWater se jongste dambulletin is bronne vir die sentrale gebied tans op 29,3 persent met Von Bach op 19,5 persent van kapasiteit en Swakoppoort wat 56,6 persent vol is. Omatako is steeds leeg. In die Suide is daar net meer as 1,7 miljoen kubieke meter water vanuit Hardapdam in die afgelope week gepomp na […]
Kredietverlengings verlangsaam verder, sê verslag - October 2, 2023
Volgens Cirrus se jongste verslag oor kredietverlenging in die privaatsektor, het groei in kredietverlengings verder verlangsaam tot 2.3% jaar op jaar in Augustus 2023. Dit was die tweede stadigste sedert April 2022. Besigheidskrediet het vir ‘n vyfde agtereenvolgende maand gekontrakteer en is 2 persent laer as dieselfde tyd verlede jaar. Huishoudelike krediet het egter met […]
Laat Heldedag herdenking ‘is ‘n mors van geld’ - October 2, 2023
Die Independent Patriots for Change sê die sogenaamde laat herdenking van Heldedag wat oor die naweek deur die eerste minister Saara Kuugongelwa Amadhila gehou is, is ‘n mors van geld. Heldedag is reeds op 26 Augustus herdenk en dit word as goedkoop politiek bestempel. Die party se adjunk-president Trevino Forbes sê mense sien deur die […]
Waterfront-ontwikkeling lewer eerste 35 huise - October 2, 2023
Die Windhoek Waterfront-ontwikkeling het tot dusver 35 losstaande huise gebou, waarvan 14 tans leeg staan, met die doel om Namibië se gebrek aan bekostigbare behuising te verlig. Die projek beoog om 250 huise in fase een en twee te bou, en 60 huise in fase drie, wat na verwagting teen Oktober 2026 voltooi sal wees. […]