Swak vakmanskap en openbare werke onder die loep in SA - October 3, 2023

Die adjunk-minister van Openbare Werke en Infrastruktuur in die buurland, Bernice Swarts, het ‘n streng waarskuwing aan kontrakteurs gerig oor swak vakmanskap wanneer hulle slaggate op die land se paaie regmaak. Swarts sê die regering bestee ‘n groot klomp geld om slaggate te herstel. Die departement se woordvoerder, Thami Mchunu, sê kontrakteurs kan nie materiaal […]

Read More

Ontvoerder gevang met vingerafdruk op losprysbrief - October 3, 2023

Die polisie in Amerika het ‘n jong meisie gered nadat hulle haar ontvoerder se vingerafdrukke op die nota oor die losprys geïdentifiseer het. Die negejarige Charlotte Sena het weggeraak terwyl sy in ‘n park in New York fiets gery het. Die nota is by haar ouers se huis afgelewer terwyl die polisie die huis dopgehou […]

Read More

Rugby-ranglys tot dusver onveranderd - October 3, 2023

Die wêreld-ranglys het nie verander na die jongste Wêreldbeker-groepwedstryde nie al het sommige van die sterker spanne groot oorwinnings oor hulle onbesonge teenstanders behaal. Ierland is steeds eerste in aanloop tot die naweek se laaste groepwedstryd teen die vyfde geplaaste Skotland. Die gasheer, Frankryk, is steeds tweede gevolg deur die verdedigende kampioen, Suid-Afrika en die […]

Read More

Swakop-roof: Drie verskyn môre - October 3, 2023

Die Erongo-polisie sê net drie verdagtes van Maandag se mislukte roof by die Style-winkel op Swakopmund, sal môre in die landdroshof op die dorp verskyn. Inspekteur Ileni Shapumba sê die drie is aangekla van roof met verswarende omstandighede en die pistool, bly en panga is gevind deur die mag en gekonfiskeer. Die roof het gesorg […]

Read More

Erongo is opgewonde oor groenwaterstof-hervulstasie - October 3, 2023

Bouwerk aan Afrika se eerste openbare groenwaterstof-hervulstasie in Walvisbaai het verlede week begin en dit sal teen middel 2024 ten volle in werking wees. ‘n Waterstofakademie sal ook gestig word om plaaslike individue oor waterstoftegnologie op te voed. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, gesels wat sy opgewondenheid oor […]

Read More

Gordhan dra skuld vir Transnet-krisis - October 3, 2023

Die DA het die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, die skuld gegee vir die krisis by Transnet. Die party hou hom verantwoordelik vir die mislukking van die voormalige uitvoerende hoof, Portia Derby, se uitvoerende span, aangesien hy hulle aanstelling in 2020 goedgekeur het. Die party eis verder die bedanking van Transnet Spoorvrag se uitvoerende […]

Read More

Tory-lid se kommentaar oor Jode ontlok ‘n herrie - October 3, 2023

Die kandidaat van die Britse Konserwatiewe Party vir burgemeester van Londen word daarvan beskuldig dat sy sekere insinuasies gemaak het in haar opmerkings oor die stad se burgemeester, Sadiq Khan van die Arbeidersparty. Susan Hall het na bewering daarop gesinspeel dat Joodse gemeenskappe in die hoofstad bang is vir Khan weens sy verdelende houding. Sy […]

Read More

SA se spoor raak al hoe meer gevaarlik - October 3, 2023

Die Spoorwegveiligheidsreguleerder in Suid-Afrika het ernstige kommer uitgespreek oor veiligheidsverwante voorvalle op die land se spoornetwerk. Tot 1 600 gevalle van diefstal en vandalisme is tussen April verlede jaar en Maart vanjaar aangemeld. Plaaslike en internasionale rolspelers woon ʼn week lange spoorveiligheids-konferensie in Kaapstad by om die kwessies te bespreek. Prasa se groepshoof, Hishaan Emeran, sê van die vordering wat gemaak is om die probleme die […]

Read More

August 26 se twee bestuurders skuldig bevind - October 3, 2023

Plaaslike media berig dat die besturende direkteur van August 26 Salatiel Ntinda en die maatskappy se finansiële bestuurder Karel Nel skuldig bevind is na hulle skorsing en ‘n ondersoek by die maatskappy gelas is. Die twee was ondersoek in verband met die verdwyning 2,5 miljoen Namibiese dollar. Die twee is in Junie geskors nadat daar bevind is die […]

Read More

MTC-slenters duur voort - October 3, 2023

Swendelaars is weer besig met hul truuks om Namibiërs van hul swaarverdiende geld te probeer beroof. Mense word gebel en gesê die oproep is van die netwerkverskaffer MTC af en hulle het geld gewen. Een spesifieke slagoffer is ‘n Kosmos 94.1 luisteraar wat ons nuusspan van so ‘n voorval in kennis gestel het. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More