Miljarde plastiekdeeltjies in die see ‘n gevaar vir seevoëls  

ʼn Nuwe ontleding deur ʼn span internasionale navorsers toon tussen 82 000 en 358 000 miljard plastiekdeeltjies dryf oor wêreldwyd in die boonste 30 sentimeter seewater. Volgens die Wêreld Ekonomiese Forum kan produksie teen die jaar 2050 verdriedubbel. Die studie toon dat mikro-plastiek die koolstofsiklus deurmekaar krap aangesien seevoëls plastiek vreet. ʼn Nuwe studie van […]

Read More

Kenner maan teen stygende eiendomsbelasting in SA

FNB se strateeg vir die eiendomsektor, John Loos, het gewaarsku teen stygende eiendomsbelasting in die buurland. Sy kommentaar volg nadat Statistieke SA aangekondig het die ekonomie het met 1,3 persent gekrimp. Loos meen daar bestaan ‘n verwagting vir ‘n stadiger kommersiële eiendomsjaar. Hy sê ‘n verhoging in eiendomsbelasting maak tans baie meer saak as ‘n […]

Read More

Dowe en blinde leerders in die Noorde sonder water

Die Ongwediva-dorpsraad het die Eluwa Spesiale Skool se water afgesny, wat byna 300 leerders met gehoor- en siggestremdheid sonder toegang tot skoon water gelaat het. Die skool is glo met ‘n rekening van 725 000 Namibiese dollar agterstallig. Die laaste betaling wat op die rekening gedoen is, was 244 000 dollar, wat in Oktober verlede […]

Read More

SABC-raad gaan gefinaliseer word

Die Suid-Afrikaanse minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Mondli Gungubele, het bevestig hy skakel met die Presidensie om die aanstelling van die SABC-raad te finaliseer. Gungubele is in die portefeulje aangestel toe President Cyril Ramaphosa sy kabinet herskommel het. Die minister sê hulle werk ook aan fase twee van die digitale migrasie en breëband wat […]

Read More

Politieke wil nodig vir belegging in Afrika-energie

Energiekenners sê om Afrika se kragstelsel-meesterplan suksesvol in te stel, word politieke wil benodig om in energie-infrastruktuur en vaardigheidsontwikkeling te belê. Die hoof van energie-programme by die Afrika-unie se ontwikkelingsagentskap, Nepad, Mosad Elmissiry, sê Afrika moet ‘n verenigde elektrisiteits-mark hê om sy energie-uitdagings aan te pak. Elmissiry sê die strategie vir ‘n enkele elektrisiteits-mark sal […]

Read More

Sokker: Man United sal homself gou moet regruk

Sokker: Manchester United sal homself baie gou moet regruk na sy vernederende nederlaag van 7-0 Sondag teen Liverpool. Hulle is vanaand op Old Trafford die gasheer vir die Spaanse span, Real Betis, in die laaste 16 van die Europa-liga. United is tans derde in die Premierliga, 14 punte agter die voorlopers, Arsenal, en het verlede […]

Read More

Sonpanele kan negatiewe impak op omgewing hê  

Met duisende Suid-Afrikaanse huishoudings en besighede wat nou die geleentheid sal aangryp om sonkrag-panele aan te koop, grootliks weens die regerings-inisiatief vir belasting-kortings op die aankope, word daar tog gewaarsku oor die toekomstige omgewings-impak wat die panele kan inhou. Volgens die Instituut vir Toekomsnavorsing, aan die Universiteit van Stellenbosch, sal swak beplanning en ‘n tekort […]

Read More

Namibiese broodpryse gaan stadiger daal  

Die prys van brood, wat die afgelope jaar aansienlik gestyg het, sal na verwagting in die komende maande afneem. Volgens die brood-vervaardiger, RCL Foods, sal wêreldwye koringpryse begin afplat, en dit sal lei tot die vermindering van druk op die verbruikers-kosmandjie. Die onderneming het aan beleggers gesê hy sien ‘n merkbare verandering in verbruikers se […]

Read More

AfriForum vra deursigtigheid oor Transnet

AfriForum het vandag ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by Transnet ingedien oor omstrede kontrakte, sakebelange en bedrywighede. Die menseregte-organisasie vra deursigtigheid van Transnet oor kwessies soos sy kontrakte, strafregtelike klagtes wat by die polisie ingedien is, en die persentasie spoorlyne wat buite werking is. Ernst van Zyl van […]

Read More

Aanval in ooste van DRK eis 36 lewens

Vermeende Islamitiese militante het in ‘n aanval minstens 36 mense in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo aangeval en vermoor. Die aanvallers is na bewering lede van ‘n gewapende Ugandese groep. Die aanval was in die dorpie Mukondi, sowat 30 kilometer vanaf die stad, Beni in die Kivu-provinsie. Volgens ‘n burgerlike groep word […]

Read More