Rugby: Ierse kaptein hang stewels op

Rugby: Vanmiddag se kragmeting tussen die gasheer, Ierland, en Engeland sal die 60ste en laaste Sesnasies-wedstryd wees vir die Ierse kaptein, Johnny Sexton. Hy tree na vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk uit internasionale rugby. ʼn Oorwinning sal aan die tuisspan hulle eerste Grand Slam sedert 2018 besorg nadat hulle reeds Skotland, Frankryk, Italië en Wallis […]

Read More

Nedersettings in 10 Namibiese dorpe opgradeer

Die Namibiese regering beplan om die opgradering van nedersettings in 10 dorpe te implementeer. Hierdie dorpe is Oranjemund, Kamanjab, Outjo, Gochas, Maltahöhe, Walvisbaai, Ongwediva, Katima Mulilo, Tsumeb en Grootfontein. Altesaam 21 nedersettings is geproklameer en 528 woon-eenhede is vanaf April 2022 tot op hede gebou. Om die gebruik van die onhigiëniese emmertoilet-stelsel uit te wis, […]

Read More

Hooggeregshof gee uitspraak oor EFF se betoging

Die hooggeregshof in Johannesburg het die DA se aansoek om die EFF se beplande betoging Maandag onwettig te verklaar van die hand gewys. Die hof het egter ‘n interdik toegestaan wat bepaal dat betogers nie paaie-, skole of besighede mag sluit nie. Die hof het voorts beveel dat die EFF al sy lede voor vyfuur […]

Read More

Brittanje se spoordienste weer ontwrig

Brittanje se spoordienste is vandag weer tot stilstand gebring terwyl spoorwerkers staak in ‘n langdurige dispuut oor werk, betaling en voorwaardes. Lede van die Spoor-, Maritieme- en Vervoervakbond het by 14 trein-operateurs uitgestap, wat dienste regoor die land verlam. Daar word verwag dat  tussen 40 persent en 50 persent van treindienste sal loop, maar daar […]

Read More

Miljoene dooie visse in Australiese rivier gevind

Inwoners van ‘n Australiese dorp het miljoene dooie visse in hul rivier gevind. Die grootskaalse vis-vrektes is in Nieu-Suid-Wallis se dorpie Menindee aangemeld. Die staat se rivier-owerheid het gesê dit is die gevolg van ‘n voortdurende hittegolf wat die Darling-Baaka-rivier raak. Plaaslike inwoners sê dit is die grootste visvrekte-gebeurtenis wat die dorp getref het, wat […]

Read More

Grondloses eis grond op Swakopmund

‘n Groep grondlose Swakopmund-inwoners eis regverdigheid in die toekenning van grond op die dorp. In ‘n petisie het inwoners ’n beroep op die Swakopmundse munisipaliteit gedoen om grond aan hulle toe te ken waar hulle hul formele strukture kan oprig asook bekostigbare huise aan sy inwoners kan verskaf. Die groep se woordvoerder het verder die […]

Read More

Voorverhoor van ‘parlement-brandstigter’ weer uitgestel

Die hooggeregshof in die Wes-Kaap het die voor-verhoor van die vermeende parlement-brandstigter Zandile Mafe weer tot 28 Maart uitgestel. Dit is om die staat en die verdediging in staat te stel om logistieke reëlings vir sy opname in ‘n hospitaal vir geestes-waarneming in die Oos-Kaap af te handel. Mafe se voor-verhore is verskeie kere in […]

Read More

Oud-premier van Pakistan verskyn in hof

Die voormalige Pakistanse eerste minister, Imran Khan het van sy huis in Lahore vertrek om in Islamanad in die hof te verskyn. ‘n Hoë hof in Pakistan het vroeër die lasbrief vir sy inhegtenisneming teruggetrek sodat hy kan reis. Hy het herhaaldelik nie in die hof opgedaag nie. Khan staan tereg op aanklagte dat hy […]

Read More

Tennis: Swiatek by Indian Wells uitgeskakel

Tennis: Elena Rybakina het die verdedigende kampioen in die Indian Wells, Iga Swiatek, in die halfeindrondte 6-2, 6-2 geklop. Sy gaan in die eindstryd te staan kom teen Aryna Sabalenka. Sabalenka het Rybakina is die eindstryd van die Australiese Ope in Januarie geklop.

Read More

Eerste 50 inwoners na Plaas 37 by Walvisbaai verskuif

Die eerste 50 inwoners van Walvisbaai sal in die komende maande na Plaas 37 aan die buitewyke van die hawedorp verskuif word. Plaas 37 is sewe kilometer oos van Walvisbaai geleë. Dit is in 2016 geïdentifiseer as die oplossing vir die tekort aan behuisings-grond in die kusdorp. Sedertdien wag duisende grondlose inwoners op die raad […]

Read More