SAOG moet konflik in die ooste van DRK help beëindig

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê dit is belangrik dat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap pogings ondersteun om die konflik in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo tot ‘n einde te bring. Pandor het deelgeneem aan ‘n vergadering van die SAOG-raad van ministers in Kinshasa, in die DRK. Sy sê […]

Read More

Putin besoek die Oekraïne

Russiese President Vladimir Putin het vandag ‘n verrassingsbesoek per helikopter aan die oorloggeteisterde hawe van Mariupol gebring, berig Russiese staatsmedia. Dit is die Kremlin-leier se eerste reis na die Russies-besette gebiede van die Oekraïne se Donbas-streek sedert die konflik begin het. Die besoek volg nadat Putin Saterdag na die Krim gereis het in ‘n onaangekondigde […]

Read More

Fietsry: Vera Looser en spanmaat spring môre tweede in Cape Epic weg

Die Namibiese fietsryer Vera Looser en haar spanmaat Kim Le Court van Mauritius neem die tweede plek onder die voorry-beginners in wanneer fase een van die agt dae lange Absa Cape Epic môre begin. Die voor-wedren van die elite-vroue is vandag voltooi, met die paar wat die 27 kilometer-roete net sewe sekondes agter die voorlopers voltooi het. 

Read More

Arbeidskenner verwelkom afskryf van belastingskuld

Die Namibiese arbeidskenner Herbert Jauch sê die Namibiese Iinkomste-agentskap, NamRA se besluit om rente en boetes van meer as 53 Namibiese dollar miljard teen Oktober volgende jaar af te skryf, sal baie help om verligting aan sukkelende klein besighede en individue te bied. In Desember verlede jaar het uitstaande belastingboetes op 42,5 miljard dollar gestaan […]

Read More

Beloning van R1 miljoen uitgereik oor vermeende sluipmoord-aanval

Die vermeende sluipmoord-aanval op die vooraanstaande Bosasa-likwidateur Cloete Murray en sy seun op die N1 in Midrand, Gauteng, het gelei tot die uitreik van ‘n beloning van een miljoen Suid-Afrikaanse rand vir inligting oor die voorval. Die 28-jarige Tom Murray is op die toneel dood verklaar en sy pa is vanoggend in die hospitaal dood […]

Read More

Nuwe data verbind Covid-uitbreking met wasbere

Pas uitgereikte genetiese data van die voedselmark in Wuhan verbind die uitbreking van Covid-19 met wasbere. ‘n Groep navorsers het bevind dat sommige van die positiewe monsters van Covid-19 ryk is aan die DNS van wasbere wat voorkom in Asië. Die ontdekking bewys nie dat wasbere of ander diere wat met Covid besmet is, die […]

Read More

Tennis: VSA weier Djokovic wéér toegang

Tennis: Novak Djokovic is uit die Miami Ope wat dié week begin. Die Serwiese kampioen kon nie spesiale vrywaring kry wat hom sou toelaat om Amerika binne te gaan sonder inenting teen Covid-19 nie. Die toernooi-organiseerders sê hulle het alles  probeer om ‘n reisvrywaring vir hom te bekom. Die 22-malige Grand Slam-wenner het hom ook […]

Read More

Namfisa: Pensioenfondses sal aan begunstigdes uitbetaal word

Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, verseker dat pensioenvoordele aan die begunstigdes van afgestorwe pensioenfondslede uitbetaal sal word. Volgens wet word vereis dat ‘n proses deur pensioenfondse gevolg word oor die wyse van verdeling van die voordele na die dood van ‘n lid wat behels dat afhanklikes en genomineerdes van lede opgespoor word. Indien […]

Read More

Korrupsiestryder sterf ná vermeende sluipmoord-aanval

Die Johannesburgse polisie ondersoek nou twee sake van moord na die bekende likwidateur van Bosasa en Gupta-maatskappy, Cloete Murray, vanoggend in die Sunninghill-hospitaal gesterf het ná ‘n vermeende sluipmoord-aanval. Murray en sy seun Tom is geskiet toe hulle Saterdag op die N1 in Midrand gery het. Die 28-jarige Tom, ‘n regspraktisyn by sy pa se […]

Read More

Turkse President bevestig graan-ooreenkoms in Swart See

Die Turkse President Tayyip Erdogan, het aangekondig dat die ooreenkoms wat die uitvoer van Oekraïnse graan vanaf hawens in die Swart See toelaat, hernu is. Erdogan het nie besonderhede verskaf oor die termyn van die nuwe ooreenkoms nie. ‘n Oekraïnse amptenaar het later getwiet dat die ooreenkoms met 120 dae verleng is, terwyl Rusland aangedui […]

Read More