SA-vervoerbedryf sê 20% van goedere moet spoor toe

Die huidige padinfrastruktuur in die buurland word nie voldoende onderhou om die hoë volume vragmotor-ritte te steun nie. Belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse vragbedryf voer aan dit is noodsaaklik om 20 persent van Suid-Afrika se vragbedryf van pad na spoor te verskuif. Volgens Mary Padi van die Vragmotorbestuurdersvereniging van Suid-Afrika kan dit gedoen word deur gebruik […]

Read More

Rory kort ‘n blaaskans

Wêreld-nommer-drie, Rory McIlroy, keer dié week terug na die spel by die Wells Fargo-kampioenskap, nadat hy onthul het dat hy ná die Meesters verlede maand ‘n blaaskans gevat het ter wille van sy geestelike en emosionele welstand. Hy kon nie die afsnypunt haal nie, en dit was vir hom ‘n teleurstellende vertoning by die Meesters. […]

Read More

ANC lieg oor nalatigheid by Baragwanath – DA

Die DA in Gauteng sê die provinsie se Departement van Gesondheid beweer dat geen voorval van nalatigheid voorgekom het nie wat betref die dood van ‘n kommerwekkende 1 565 pasgebore babas die afgelope drie jaar in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal se kraamafdeling. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê egter in ‘n geskrewe antwoord meer as die helfte […]

Read More

Informele sektor het regeringsbeleid nodig

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Organisasie vir die Informele Sektor, Joseph Kandenge sê aan plaaslike media dat die tekort aan ‘n regeringstrategie vir die informele sektor ‘n groot bron van kommer is. Die belangrikheid van die sektor kan nie oorbeklemtoon word nie. Die Namibiese Statistieke-agentskap se 2018-berekenings toon dat die sektor meer as 30 persent […]

Read More

Katima se inwoners moet ophou kla en hul rekenings betaal

Die inwoners van Katima Mulilo het hul kommer uitgespreek oor hoe die vuil en in ‘n vervalle toestand die dorp is. Daarom, meen hulle sal die dorp nie floreer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Rafael Liswaniso, die hoofuitvoerende beampte van die dorp in die Noordooste oor die kwessie gepraat. Volgens hom staar hulle tans verskeie […]

Read More

Guterres sê klimaatkrisis moet met eerlikheid aangespreek word

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die klimaatkrisis vereis eerlikheid. Hy sê hy het ‘n klimaat-solidariteitsverdrag aan die G20 voorgestel, waarin alle groot vrystellers van uitlaatgasse ekstra pogings aanwend om dit te verminder. Welvarende lande moet ook ontluikende ekonomieë ondersteun om dit te kan doen. Guterres sê die wêreld moet optree volgens wetenskap, feite en eerlikheid om die klimaatkrisis aan te spreek met […]

Read More

Kaapse professor internasionaal vereer

Professor Mark New van die Universiteit van Kaapstad is die wenner van die International Champions of the Frontiers Planet-prys vir 2023. New word erkenning gegee vir sy navorsingsartikel, Natuurgebaseerde oplossings in bergopvanggebiede verminder impak van antropogeniese klimaatsverandering op droogtestroomvloei. Die artikel is ook in Communications Earth and Environment, 2022 gepubliseer. Die kompetisie word bestuur deur die Frontier Research Foundation wat in Lausanne, Switserland, gebaseer is. Die kampioenskap erken en beloon wetenskaplikes wie se werk bydra […]

Read More

SA-persklub vra ANC-regering om veiligheid van media te waarborg

Die Nasionale Persklub doen ‘n beroep op die ANC-regering om te verseker die Suid-Afrikaanse mediabedryf kan sy werk doen sonder teistering, vrees, mishandeling of intimidasie. Teen die agtergrond van Wêreld Persvryheidsdag wat vandag gevier word, sê die voorsitter van die Nasionale Persklub, Antoinette Slabbert, die media speel ‘n kritieke rol om misbruik en korrupsie aan […]

Read More

Brent sak terug in aanwagting op Fed se rentekoers aankondiging

Brent verhandel op die oomblik net bo 75 Amerikaanse dollar ‘n vat, ‘n laagtepunt vir die afgelope vyf weke. Die kommoditeit het Dinsdag net meer as 5 persent verloor en amper 9 persent in die afgelope sewe dae. Beleggers wag vir die rentekoers aankondiging vandag in die VSA. Daar word gemeen daar is ‘n verwagting vir ‘n […]

Read More

SA moet leierskap kies wat aanspreeklikheid aanvaar

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê daar wag nog ʼn lang opdraand vir Suid-Afrika om leierskap te vind wat bereid is om aanspreeklikheid te aanvaar. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenhage, sê munisipaliteite stort in duie, daar is ʼn gebrek aan dienslewering, openbare fondse word misbruik en daar is steeds korrupsie en wanadministrasie. Volgens hom moet Suid-Afrikaners […]

Read More