Katima se inwoners moet ophou kla en hul rekenings betaal

Die inwoners van Katima Mulilo het hul kommer uitgespreek oor hoe die vuil en in ‘n vervalle toestand die dorp is. Daarom, meen hulle sal die dorp nie floreer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Rafael Liswaniso, die hoofuitvoerende beampte van die dorp in die Noordooste oor die kwessie gepraat. Volgens hom staar hulle tans verskeie uitdagings in die gesig. Hy sê inwoners kla, maar betaal nie hul skuld aan die dorpsraad nie.