Rory kort ‘n blaaskans

Wêreld-nommer-drie, Rory McIlroy, keer dié week terug na die spel by die Wells Fargo-kampioenskap, nadat hy onthul het dat hy ná die Meesters verlede maand ‘n blaaskans gevat het ter wille van sy geestelike en emosionele welstand. Hy kon nie die afsnypunt haal nie, en dit was vir hom ‘n teleurstellende vertoning by die Meesters. Die 33-jarige het hom onttrek aan die RBC Heritage-toernooi. Dit was die tweede voorgeskrewe PGA-toernooi wat hy vanjaar misgeloop het. McIlroy sê die tyd weg van die baan het hom ‘n bietjie perspektief gegee: