Guterres sê klimaatkrisis moet met eerlikheid aangespreek word

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die klimaatkrisis vereis eerlikheid. Hy sê hy het ‘n klimaat-solidariteitsverdrag aan die G20 voorgestel, waarin alle groot vrystellers van uitlaatgasse ekstra pogings aanwend om dit te verminder. Welvarende lande moet ook ontluikende ekonomieë ondersteun om dit te kan doen. Guterres sê die wêreld moet optree volgens wetenskap, feite en eerlikheid om die klimaatkrisis aan te spreek met die dringendheid wat dit vereis: