ANC lieg oor nalatigheid by Baragwanath – DA

Die DA in Gauteng sê die provinsie se Departement van Gesondheid beweer dat geen voorval van nalatigheid voorgekom het nie wat betref die dood van ‘n kommerwekkende 1 565 pasgebore babas die afgelope drie jaar in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal se kraamafdeling. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê egter in ‘n geskrewe antwoord meer as die helfte van dié sterftes het onder voorkombare omstandighede plaasgevind. Jack Bloom van die DA sê faktore wat tot die sterftes van 909 van die babas gelei het sluit in onvoldoende infeksiebeheer en ‘n beperkte getal beddens vir pasgeborenes in die intensiewe sorgeenheid.