Malema: Tyd dat Suid-Afrikaners se stemme gehoor word

EFF-leier, Julius Malema, sê dit is tyd vir Suid-Afrikaners se stemme om gehoor te word. Malema het aan betogers wat in Pretoria vergader, gesê ondanks die hofinterdikte en intimidasie, het sake nie vandag soos gewoonlik verloop nie. Malema sê ná 30-jaar van demokrasie het Suid-Afrikaners steeds nie water of krag nie en die werkloosheidsyfer neem […]

Read More

China beskou Afrika as belangrike landbou-vennoot

Die President van China, Xi Jinping sê landbou ontluik as die nuwe fokuspunt van Beijing se interaksie met Afrika. Daar is ‘n groot vraag na produkte uit die vasteland in China as deel van Beijing se breër strategie om te voldoen aan Xi se belofte om nie-hulpbron-invoere uit Afrika te vermeerder. China voer steeds meer […]

Read More

Twee Rooi Kruis-lede in Mali vrygelaat

Twee werknemers van die Internasionale Rooi Kruis wat in Mali ontvoer is, is vrygelaat. Die organisasie het in ‘n verklaring gesê die twee is onvoorwaardelik vrygelaat en is ongedeerd. Hulle is op 4 Maart tussen Gao en Kidal in die noorde van Mali ontvoer. Die streek gaan die afgelope dekade gebuk onder aanvalle deur djihadiste-insypelaars […]

Read More

Reisigers by Kaapstad-lughawe beskerm

Kaapstad-owerhede sê verskeie wetstoepassers is na die Kaapstad Internasionale Lughawe ontplooi om die veiligheid van besoekers en reisigers na en van die lughawe te verseker, as deel van owerhede se reaksie op die nasionale stilstand. Dit was ‘n besige oggend by die stad se rampbestuursentrum in Goodwood van waar die optogte via kringtelevisie-netwerk gemonitor word. […]

Read More

Omusati-streek kry kliniek van N$11 miljoen

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, het vandag die Iipanda Ya Amiti Primêre Gesondheidsorg-kliniek in die Etayi-kiesafdeling in die Omusati-streek amptelik geopen. Die projek is uitgevoer teen ‘n totale koste van sowat 11,45 miljoen Namibiese dollar. Die konstruksie van die kliniek is deur die ministerie befonds. Dr. Shangula sê vir baie jare kon baie Namibiërs […]

Read More

Goudprys styg skerp

Die goudprys het vir die eerste keer in ‘n jaar tot bo 2 000 Amerikaanse dollar per fyn ons gestyg. Dit het vroeg vanoggend in Europese handel verhandel teen 2 005 dollar. Die styging in die goudprys is hoofsaaklik weens kommer in die internasionale banksektor. Die Switserse bank, UBS, het Credit Suisse oorgeneem in ‘n […]

Read More

Cele: SAPD keer geweld tydens betoging  

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê drie EFF-raadslede is onder die 87 betogers wat in hegtenis geneem is tydens die nasionale stilstand. Cele het ‘n nuuskonferensie in Soweto in Johannesburg gehou en sê die polisie is teenwoordig om te verseker geen geweld, intimidasie of plundering vind in die land plaas tydens die betoging […]

Read More

Swazi-party vra steun vir Malawi, Mosambiek

Die Kommunistiese Party van Swaziland doen ‘n beroep vir solidariteit met die mense van Malawi en Mosambiek, sowel as ander mense in die streek, ná die verwoestende gevolge van sikloon Freddy. Byna een miljoen mense ly steeds aan voedsel-onsekerheid in beide lande, en meer as 280 000 kinders in Malawi benodig dringend humanitêre hulp. Die […]

Read More

DA sê Bela-wet se openbare deelname is ‘n grap

Die DA in Mpumalanga sê ondanks herhaaldelike waarskuwings dat die ANC die proses van openbare deelname oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette – die sogenaamde Bela-wet – probeer kaap, is dit presies wat die naweek gebeur het. Die laaste openbare sitting oor die wet is Sondag uitgestel weens ‘n kommunikasieprobleem oor die plek waar dit […]

Read More

GRN sal meer moet doen om beleggings te lok

Dr. Marius Kudumo, ‘n openbare beleidsontleder en kenner van internasionale betrekkinge, sê Namibië moet strategiese planne in plek hê om die gebruik van direkte buitelandse belegging te aan te spoor. Dr. Kudumo het gereageer op President Hage Geingob se aankondiging tydens sy staatsrede dat Namibië meer as 10 miljard Namibiese dollar in beleggings gelok het […]

Read More