Vloei by Ruacana neem skerp af

Die Hidrologiese Diens sê die Kunene-rivier se vloei by die hidroëlektriese aanleg by Ruacana het merkwaardig afgeneem en is tans op 285,8 kubieke meter per sekonde gemeet teenoor 982,4 ‘n week gelede. Die skerp toename verlede week is veroorsaak deur baie goeie neerslae en die ooptrek van die Gove-dam se sluise. NamPower het onlangs bevestig dat Ruacana 60 persent tot plaaslike kragvoorsiening bygedra het. Volgens die diens het die Okavango-rivier effe teruggesak en is op 5,77 meter gemeet met vloei van 317 kubieke meter per sekonde terwyl die Zambezi-rivier, wat op 4,68 meter loop, vloei teen 2 844 kubieke meter per sekonde. In die verre Suide, het Blouputs in die Oranje effe gestyg en staan op 1,37 meter.