Amper 40% van jong Britte wil ander stelsel as monargie hê

Die Britse koninklikes is in die nuus in aanloop tot koning Charles se amptelike kroning wat Saterdag plaasvind. ‘n Britse kenner Tessa Dunlop sê dat nuwe peilings daarop dui dat 38 persent van Britse jongmense ‘n ander stelsel as die monargie wil hê. Sy sê die hantering van Meghan en Harry, het daartoe gelei.