Landboukenner sê waarom vleispryse styg

Volgens die Namibiese produksieprys-indeks het die inflasiekoers vir die verwerking en preservering van vleis in Namibië in die vierde kwartaal van 2022 op 5,5 persent gestaan, ‘n toename van 1,4 persent wat in dieselfde kwartaal van die vorige jaar aangeteken is. Dit sluit in die verwerking van vleis in slaghuise, verpakking en die produksie van […]

Read More

Cosatu bekommerd oor stygende inflasiekoers

Die vakbondfederasie Cosatu het sy kommer uitgespreek oor die styging in die inflasiekoers en sê dit sal die skrale inkomste van werkers nog verder laat verswak. Volgens Statistieke Suid-Afrika het jaarlikse verbruikersprysinflasie verlede maand tot sewe persent gestyg, wat na verwagting ‘n verhoging in rentekoerse tot gevolg gaan hê. Matthew Parks van Cosatu waarsku die […]

Read More

Aardverwarming moet beperk word

Die tussenregerings-paneel oor klimaatsverandering het ‘n beroep op almal op aarde gedoen om aardverwarming tot 1,5 grade Celsius te beperk. Die paneel waarsku die versuim om dit te doen, sal mense wat vandag leef sowel as toekomstige geslagte benadeel. Sy verslag dui daarop dat regerings ver tekort geskiet het aan beloftes op 2015 se Parys-verdrag […]

Read More

Tennis: Iga Swiatek beseer

Tennis: Die wêreld nommer-een, Iga Swiatek van Pole, gaan weens ʼn ribbesering volgende maand se Billie Jean Kingbeker-kwalifiseerder teen Kazakstan misloop. Die verdedigende kampioen was genoodsaak om aan die Miami Ope in Amerika te onttrek. Sy het die besering verlede maand tydens die Katarse Ope in Doha opgedoen en was nie 100 persent fiks tydens […]

Read More

Kaapse geslagsgeweld-veldtog duur voort

Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die provinsiale regering werk hard om geslagsgeweld deur sy Verbreek die kringloop-veldtog te bekamp. As deel van die veldtog was provinsiale amptenare gister in Delft wat een van die land se grootste misdaadbrandpunte is. Allen sê die talle en ingewikkelde oorsake van geslagsgeweld sluit in […]

Read More

Net 5 persent van boere in Kavango Oos sal goeie oeste oplewer

Die droogte is tot groot kommer van Namibiese boere. Selfs van die noordelike dele van Namibië het laat en min reën ontvang. Vir inwoners van die Kavango-streke wat tradisionele ‘n goeie reënvalstreke is, is dit moeilik om te glo dat hulle ‘n onder-gemiddelde reënseisoen gehad het. Die goewerneur van Kavango-Oos Bonifatius Wakudumo het aan Kosmos […]

Read More

IMF hou hantering van staatskaping in SA fyn dop

Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika se ekonomiese toekoms hang af van hoe streng teen staatskaping opgetree word. ‘n Span van die fonds het die land vroeër die maand besoek. Hulle sê strafregtelike vervolging en toepassing van sanksies teen korrupsie-oortredings moet verskerp word en geloofwaardige en doeltreffende afskrikmaatreëls moet ingestel word. Die fonds sê teenkorrupsie-agentskappe […]

Read More

Duitsland wil nie koebaai sê vir binnebrand enjins teen 2035 nie

Duitsland se ministerie van vervoer sê daar is vordering met gesprekke met die Europese Kommissie oor die beplande einde van nuwe binnebrand-enjins vanaf 2035. Duitsland wil hê die verkoop van voertuie met hierdie enjins moet voortgaan wanneer hulle op e-brandstof werk. Die Europese Parlement, die kommissie en lidlande van die Europese Unie het ingestem tot […]

Read More

Parlementstuine: Dis 3 jaar, opknapping nog nie klaar nie

Lede van die publiek in die hoofstad kla oor die feit dat die Parlementstuine steeds, sedert die begin van die pandemie in 2020, gesluit is. Windhoekers het altyd die tuine geniet, veral oor die naweke maar, met optogte in 2021 en verlede jaar, is die tuine omhein en die hekke gesluit. Die waarnemende woordvoerder van […]

Read More

Amerikaanse rentekoers bring heel ander reaksie as gewoonweg – ekonoom sê

‘n Verhoging in die Amerikaanse Federale Reserwebank se rentekoers versterk normaalweg die Amerikaanse dollar en dwing dan oliepryse af. Maar, met die 25-basispunt verhoging van die bank aangekondig het, het die teenoorgestelde gebeur: Die Amerikaanse dollar het vandag verswak en het inteendeel met amper 2 persent sedert Woensdag teruggesak terwyl Brent effe gestyg het en […]

Read More